‘Vermiste’ studenteaktivis vergader met Valke

Vusi Oldman Mahlangu. Foto: Twitter

Vusi Oldman Mahlangu. Foto: Twitter

Die studenteaktivis Vusi Mahlangu het Dinsdag glo met die Oos-Kaapse tak van die Valke vergader.

Vuyo Mntonintshi, ʼn vriend en mede-studenteaktivis, het dié inligting Dinsdagmiddag aan die African News Agency bevestig.

Maroela Media het vroeër berig Mahlangu het verlede week geheimsinnig verdwyn. Hy is die laaste keer gesien toe hy op pad was na ʼn vergadering met kontrakwerkers by die Walter Sisulu-universiteit. Mahlangu se vriende het alarm gemaak toe hy die by die vergadering opgedaag het nie.

Mahlangu word geloof vir sy onderhandelings by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) oor kontrakwerkers. Ná gesprekke het die bestuur met ʼn proses begin om kontrakwerk uit te faseer en werkers se salarisse te verhoog. Hy is daarna na die Oos-Kaap om soortgelyke gesprekke by die universiteit te voer.

Lees alle vorige berigte oor Vusi Mahlangu op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Se maar net ·

Wel soos ek vroeer gese het hy het net aandag gesoek. So voorspelbaar.

Veritas ·

Ai nee man, hoe kan jy soiets sê? Jy kan mos aan die foto sien dat dit ‘n jongman met integriteit is. Die arme siel is ‘n martelaar vir die stryd teen funksionele universiteite.

Net so ·

Net so! Ek het met jou saamgestem en stem weereens saam, toe niemand soek nie, toe kom hy maar self uit, 123 blok myself!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.