Vermiste sussies dood gevind

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga het die liggame van twee sussies wat vroeër vandeesweek vermis geraak het in ʼn sloot naby hul huis gevind.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die sussies, ses en sewe jaar oud, het Dinsdagmiddag in Masoyi naby Witrivier verdwyn. Hulle is die laaste keer gesien waar hulle in die omgewing gespeel het.

“Die polisie is ontbied en het onmiddellik met ʼn soektog na die twee meisies begin maar sonder sukses. Hul liggame is Woensdagoggend in ʼn sloot naby ʼn stroom nie ver van hul huis gevind nie.”

Volgens Hlathi was albei meisies naak toe hul liggame gevind is. Daar word vermoed dat hulle moontlik verwurg is en die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat hulle verkrag is.

Die polisie het ʼn soektog na die meisies se vermeende moordenaar(s) begin. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kontak te maak met kapt. Timothy Mushwana by 082 449 0223.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

DS ·

Ek kan nie verstaan hoe ouers hulle kinders alleen IEWERS laat speel sonder om bekommerd te wees nie. Dis die hoeveelste voorval net die afgelope week of twee. My dogter is in haar vroee 20’s en ek is te bang om haar alleen te laat werk toe ry (ek doen darem maar is bekommerd tot sy my laat weet sy is veilig) hoeveel te meer moet jy bekommer oor jou klein kindertjies! Ek het dit al gese en se weer moenie nou lang trane huil nie jy moet jou kind oppas – ry deur “squatter” kamp elke dag en die kinders wat daar alleen rondloop is so klein soos 2 jaar – langs besige nou pad waar taxi’s en trokke deurjaag. Waar is die ma of verantwoordelike persoon??? Net nog een van die verskille in ons kulture.

Nico ·

Tragies. As kinders kon ons nog buite speel. Hoop die skuldiges brand in die hel.

sweis ·

Die blou bende kon nie eers die meisies vind wat naby hul huis was nie hoe gaan die narre ooit die skuldiges opspoor.

Andrew ·

Sweis, ek wonder wie is die grootste nar. Jy het beslis geen ondervinding van soek na vermistes nie, anders sou jy wel geweet het wat so soektog behels.

Wie se verantwoordelikheid is dit om die kinders op te pas?

Die kinders word die slagoffers van onverantwoordelike ouers, gebroke gesinne, afwesigheid van ouers ens. Om nie eers te praat van die morele verval van die gemeenskappe nie!!!

Weet jy hoe lyk die omgewing? Weet jy watter inligting is aanvanklik aan die polisie verskaf? Weet jy hoe lank na die verdwyning is dit by die polisie aangemeld?

Hou vir ‘n slag op om te kritiseer en sleg te sê, dit wys bloot van wat se stoffasie jy gemaak is.

Jy en Boerin moet ontmoet vir koffie

sweisl ·

Andrew ek aanvaar jou opinie, maar stem nie saam nie,ek neem aan jy is een van die polisie manne wat heeldag vertel hoe goed hulle is maar niks kan doen nie die polisie is direk verantwoordelik om die publiek te beskerm ,gesien dat misdaad n ongekende hoogte self vir n piesang republiek bereik het waar ,tiener nie veilig op straat is nie want as hy nie geroof word dan skiet n polisie man hom in die rug ..Besighede aanvaar nie eers beëdigde dokumente van polisie stasies.Ek lees een van die kommentators se die kriminele doen wat die polisie hulle toelaat nou waar is jy die een wat dit toelaat of die een wat kla hy niks doen nie .Ek lees gister op n DA verkiesing plakkaat stem DA vir eerlike hardwerkende polisie so kan jy sien hoe diep die probleem al is en die vraag is waar staan jy??

Santjie ·

Hoekom? Hoekom klein kindertjies? Maak nie saak watter kleur, hoekom so iets doen aan klein kindertjies?

Boerin ·

Tragies!!! Daarom moet hierdie monsters vir die betrokke gemeenskappe gegee word! Hulle verdien niks anders nie! Maar hulle weet hulle kan want die SAPD is n siek dept…meeste is oorgewig onbevoegd , korrup…en moeg!

Gesiggie ·

Dit is so hartseer… kinders is nie meer veilig? hul kan nie eers meer alleen speel sonder ouers se toesig . Hier is n monster wat rondloop en kinders verkrag en dan vermoor , want daar was al n ander geval op die selfde plek ek hoop dat die polisie sal intree en sal toesien dat die moordenaar gevang sal word, voordat nog kinders moet sterf. My innige meegeveol aan die ouers.

Marinda ·

Dis tragies, ons innige simpatie aan die ouers van die twee meisies.

Laat die polisie toe om hulle werk te doen. Nie almal is vrot appels nie.

willem Botha ·

Kriminele doen wat die polisie hulle toelaat,as hierdie skelms gevang word wat baie skraal is en n onbevoegde polisieman se verklaring is verkeerd of die prosedure was verkeerd met arestaie dan loop hulle dit is mits hulle by n hof uitkom en nie ontsnap tydens aanhouding nie ,so wat is die kanse vir n suksesvolle skuldig bevinding ??Die polisie is die probleem waarmee ons sit.

GeeNieOmWatEkSeNie ·

Kyk om jou rond as jy ry…. daar is SOVEEL van die “kindertjies” wat sonder toesig rondloop. So as hulle vermoor word dan is mamma en pappa hartseer maar waar was hulle toe die kinders alleen op straat is ? ek meen 6 & 7 jaar oud moet mos toesig he ? Hulle is glad nie oud genoeg om reg en verkeerd te ken nie. !

fred ·

ek ken nou nie die omstandighede van die ouers nie maar dit is seker bes moontlik dat hulle ook moet werk…miskien werk hulle in ons huise en pas hulle ons kinders op…sê so maar…dit is ook nie maklik vir hulle….maar ek verstaan dat iedereen van ons kwaad en gefrustreer is…dit gebeur nou te dikwyls en baie min word hier aan gedoen….

JJ ·

Dankie dat jy nie ook die ouers oordeel nie… Dis maklik om te se “kla die ouers aan” maar ons vergeet dat die ouers nie altyd tuis is nie agv werk. Soms is dit swak omstandighede eerder as nalatigheid. Dood is ewe hartseer in enige taal en enige kleur.

willem Botha ·

Ek onhou toe ek n kind was het ek vryheid geken om te speel waar ek wou want dit was veilig en so het ek geleer wat gevaarlik was soos stilstaande water ,die rivier.Ek vra nou hoe moet kinders selfstandig word as hy of sy nie eers kafee toe kan loop sonder om beroof en vermoor te word nie Ek onthou ook hoe die polisie met hulle geel bakkies in ons buurt rondgery het en as dit laat was vir ons gesê om huis toe te gaan ,nou skiet hulle jou in die rug by die kafee.

Yvonne ·

Ai Willem , ek onthou ook daardie dae! Alleen kafee toe stap, krieket speel in die straat tot laat ens……….. vandag sql my twee nie eers buite in die erf speel mits die hek gesluit en ons hond by hulle is nie. Dit is hartseer om so gereeld van kinder moord te lees. Dit is n siek persoon wat n kind verkrag en vermoor!!!!!

Liamari ·

Ons woon in ‘n kompleks en meeste mense wat daar woon verdien ‘n bo gemiddelde inkomste. Ek sien elke dag hoe van die kindertjies, so jonk as 5 jaar oud tot laat in die aande op straat is en by enigiemand se huis in en uit beweeg. Ek sien nooit van hierdie ouers kom navraag doen oor hul kinders nie. Dit verbaas my nie dat hulle ‘n prooi is vir pedofiele en moordenaars is nie. Van hierdie ouers kyk eenvoudig nie behoorlik na hulle kinders nie.

stella ·

Baie hartseer hoeveel kindertjies so wreed uit die lewe geruk word. Innige meegevoel aan die ouers, ek is hartseer oor jul groot verlies! GOD sé…jy mag nie doodslaan nie maar soos ek nou voel moet daai wreedaard(s) wat dit aan die sussies gedoen het gestening word. Ons kinders moet sonder vrees kan buite speel soos wat ek in my kinderjare ervaar het maar dit word hul nie gegun nie en om elke dag in vrees te lewe is mos nie reg teenoor hul nie. Ek bid dat geregtigheid sal geskied en ek bid dat hierdie gruweldade tot ñ end sal kom!

Lindtjies ·

Liamari, ek sien dit ook daagliks. Ons bly ook in ‘n kompleks. Klein kindertjies wat nog doek dra loop sonder toesig rond. Die ouers nêrens in sig. Ons het dit al op ons whatsupp group gesit maar nog steeds steur die ouers hulle nie daaraan nie. Ouers moet beter na hulle kinders begin te kyk en altyd weet waar hulle is.

Erika ·

Sterkte aan die ouers! Om op sooooo wreede manier te gaan, verdien geen mens nie.
Wonder wanneer gaan die regering die doodstraf vir hierdie moordenaars terugbring, dan sal mens gou sien hoe “Crime” verander..

Bakkie Theron ·

Die doodstraf vir die moordenaar sal gepas wees. Hoekom word moordenaars toegelaat om te bly leef?

LBS ·

Willem, so waar wat jy sê, ek was nog in die laerskool (my boetie ook) dan het ons onder by Die Glen gaan speel. ‘n Stroompie water en op ou karre se “bonnets” as boot gery. Gekoes vir die groter seuns se kleilatte. Dit, midde in een van Johannesburg se suidelike voorstede! My kinders het al toe hulle nog klein was baie keer gesê hulle wens hulle het in ons tyd grootgeword. Want hier in die laat 70’s, en 80’s het dit alreeds gevaarlik geraak om kinders sulke vrye teuels te gee. Toe reeds het ek bykans ELKE OOMBLIK geweet waar hulle is en wat hulle doen.

Bella ·

Hierdie is ‘n land van demone. Geen normale mens sal doen wat in hierdie land gedoen word nie. ??

Stan ·

Weet nie wat die omstandighede was dat daar nie toesig was nie maar dit is verskriklik hoe hierdie kinders vermoor is. Ons bid dat geregtigheid sal geskiet en Suid Afrika weer ‘n veiligige plek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.