Vermiste sussies gevind

Argieffoto

Twee sussies van Cradock in die Oos-Kaap wat verlede week as vermis aangemeld is, is sedertdien gevind.

Kapt. Lariane Jonker, woordvoerder van die polisie, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê die sussies, onderskeidelik vyf en 12 jaar oud, is ongedeerd. Jonker kon egter nie in dié stadium meer inligting verskaf oor waar die sussies hulle oor die naweek bevind het nie.

Die sussies se oupa en voog het die twee meisies Vrydag as vermis aangemeld nadat hulle hul biologiese ouers sou besoek en soos ʼn groot speld verdwyn het.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het ʼn beroep op die publiek gedoen om die sussies te help opspoor nadat die kinders se oupa hulle by die ouerpaar afgelaai het waar ʼn maatskaplike werker hulle sou besoek.

Die ouerpaar het egter kort daarna met ʼn reissak en die twee kinders verdwyn.

Die berig is sedertdien gewysig om die identiteit van die kinders te beskerm – red. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ora ·

Hoekom moet ouers hul eie kinders as “pawn” gebruik as dit nie goedgaan in hul verhouding nie. Ek kan my net indink hoe die grootouers moes gevoel het!

JJS ·

As dit wel die ouers is wat hulle ontvoer het nadat hulle toesig verloor het, het hulle nou nog meer hulle eie saak bevark….

Jan Nel ·

Dagsê Maroela.

Ten tye wat ek hier tik, verskyn die kinders se name nog steeds op die “dekblad” waar opsommings van die berigte gegee word. Ek glo julle sal dit wil regstel.

Nico Strydom ·

Dagsê Jan
Dankie dit is reggestel.
Vriendelike groete
Maroela Media

Gesiggie ·

Baie dankbaar…hul veilig.. weet enige iemand of daar al nuus is van 6 weke baba wat deur haar pa geneem is by Meer en see in Ritchardbaai? is sy al gevind. Dink dalk daai nuus gemis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.