Vermiste tiener dood gevind; man vas

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn 28-jarige man het Woensdag in Mayflower se periodieke hof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord op 15-jarige meisie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Tebogo Skhosana is in hegtenis geneem nadat die meisie se liggaam Sondag in ʼn rivier gevind is.

“Die meisie is op 23 Februarie die laaste keer lewend gesien terwyl sy saam met [Skhosana] was. Die meisie se ma het haar op 26 Februarie as vermis by die polisie aangemeld. Op 4 Maart is ʼn meisie se kaal liggaam, vermoedelik dié van die vermiste tiener, gevind waar dit in ʼn rivier gedryf het,” het Hlathi gesê.

“Die verdagte is in hegtenis geneem en het die misdaadtoneel aan die polisie uitgewys. Die slagoffer se klere is ook gevind.”

Hlathi het gesê die saak teen Skhosana is uitgestel tot 19 Maart wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Hy bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wat! ·

Hoe kan ‘n ma 3 dae vat voordat sy haar kind as vermis aanmeld??

Meir ·

Jy het geen idee wat in hul huis aangaan nie. Hoeveel stout tieners het die afgelope 4maande weggeloop saam hulle tjommas, ek’t genoeg my tyd gemors om “vermiste tiener” posts te share.

GM ·

Ek het dieselfde gewonder. Hopelik is daar ‘n goeie verskoning daarvoor.

Gestremde ·

Dus vir my skrukwekkend dat almal wat ernstige misdade pleeg, soos moord, verkragting, gewapende roof, ens. se berig aandui dat hy sal aansoek doen vir borgtog. Die opsie van borgtog moet nie eers beskikbaar wees nie en sulke misdadigers is ‘n gevaar vir die samelewing en moet in aanhouding bly tot hulle die hof anders kan bewys. In die geval het die beskuldige sommer die toneel gaan uitwys en die klere is ook gevind wat hom 100% skuldig maak aan die walglike daad. Die persoon weet hy gaan lewenslank tronk toe gestuur word. As hy borg kry gaan hy definitief nie terug hof toe gaan nie en die kanse om ‘n soortgelyke misdaad te pleeg is baie groter omrede hy weet hy gaan lewenslank tronk vir die misdaad waarvoor hy nou gearresteer is. Regters wat sommer net borg gee moet aangekla word en persoonlik verantwoordelik gehou word vir elke persoon wat nie by sy borgvoorwaardes hou nie. Wat help dit die SAPD doen die moeite om sulke kriminele te arresteer en die landros gee hul die geleentheid om te vlug deur borg toe te staan.

Jaco ·

In SA word enige verdagte persoon geag onskuldig te wees aan ń misdaad totdat die verdagte aan so ń misdaad skuldig bevind word deur ń wettige hof, al word hy/sy op heterdaad betrap tydens die pleeg van die misdaad…

marous ·

Is Bheki Cele se seining oor moordenaars net van toepassing op Polisie beamptes?

jaco ·

Maak hulle dan hulle rasgenote ook dood? Ek hoop dié straf is swaarder as wanneer hulle wit boere vermoor en dan next to nothing tronkstraf kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.