Vermiste tiener gevind: Man vas

Rene Roman

Die polisie het ʼn 50-jarige man in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn vermiste 13-jarige meisie vroeër die week gevind is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê Rene Roman se halfnaakte liggaam is Dinsdag in Lavender Hill naby haar ouerhuis gevind.

Volgens mediaberigte is Roman se liggaam in ʼn houthut in die agterplaas gevind. Haar hande en voete was vasgebind en die liggaam het al begin ontbind.

Roman is op 10 Maart die laaste keer lewend gesien deur ʼn vriend. Volgens Van Wyk is die verdagte Dinsdag in Stellenbosch in hegtenis geneem. “Polisiebeamptes het die man Donderdag na die toneel geneem waar Roman se liggaam gevind is. ʼn Groot groep lede van die gemeenskap het die man probeer aanval en ʼn polisiebeampte is in die proses beseer en vier polisievoertuie beskadig.”

Volgens Van Wyk moes die polisie hul ondersoek van die misdaadtoneel opskort weens die plofbare situasie. Die verdagte sou reeds Donderdagmiddag in die Wynberg-landdroshof verskyn het.

Van Wyk het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie toe te laat om hul werk te doen. “Dit is teen die wet om reg in eie hande te neem,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alida ·

Liewe Here wat gaan in die mense se koppe aan. Los die gemeenskap uit dat hulle die skuldige uitsorteer.

Cherokee ·

Van Wyk, somtyds behoort ‘n beroep op die polisie gedoen word om die gemeenskap toe te laat om hul werk te doen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Kapt van Wyk, jy is reg dat mens nie die reg in eie hande kan neem nie maar dis ook nie reg dat ‘n jong dogter sondermeer vir die lekkerte deur ‘n ou man vermoor word nie! Mense is MOEG van moord, roof en verkragting waar die aangeklaagdes eenvoudig borgtog kry en uitkom om meer ellende te veroorsaak.
Soms wil mens ook se TOT HIERTOE EN NIE VERDER NIE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.