Die 13-jarige meisie wat Vrydagoggend voor ʼn laerskool in die Wes-Kaap verdwyn het, is gevind. Carla Koen se ma was Sondagmiddag op pad na die Table View-polisiestasie nadat iemand haar dogter glo daar afgelaai het.
Maroela Media het vroeër berig Carla is die laaste keer om 07:50 voor Parow Valley Primary gesien, waar sy volgens haar klasmaats in ʼn wit Toyota Corolla geklim het. Sy was nie die middag by die skool toe haar familie haar wou gaan oplaai nie. Hulle het haar probeer bel, maar sy het nie haar selfoon geantwoord nie.
Carla se ma, Chantal van Gruning, het aan Maroela Media gesê dat sy nie seker is van die omstandighede waarin haar dogter gevind is nie en sal later meer inligting oor haar dogter se toestand bekendmaak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Mamma wees net bly jou kind is terug
Vertrou ongedeerd..
Ek bid net die familie en gesin toe dat sy ongeskonde is en dank ons Hemelse Vader vir nuus dat sy nog lewe. Sterkte Mevroutjie!
EK’s bly vir die ouers se part. Hulle kind kon net sowel heeltemal verdwyn het sonder om ooit te gevind te word het. Ek vermoed maar dat in die geval dat n kêrel betrokke is.
Gelukkig is sy lewend gevind – als anders kan uitgesorteer word. Ek kan my nie indink hoe haar ma haar moes dood bekommer nie.
Om 07.50, dis 10 voor 8 in die oggend, klim sy IN ‘n wit Toyota, ander kinders sien dit, maar NIEMAND vermoed onraad nie, sê nie eens vir die onderwysers nie en haar ma vind dit eers die middag uit. Vreemd…