Vermiste tiener: Man in hegtenis geneem

handcuffsʼn 32-jarige man is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die vermeende ontvoering van Dominique Cage (13) van Alberton aan die Oos-Rand.

Dominique se ma, Natalie, het haar dogter op 28 Junie in die vroeë oggendure vir die laaste keer in haar huis gesien. Cage het Woensdag aan Maroela Media gesê haar dogter is met behulp van Psaru (People Search and Rescue Unit), ʼn maatskappy wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, veilig gevind.

“Ek kan net met lof van Psaru praat,” het Natalie gesê. “Die organisasie het berge versit en het my Dinsdagoggend gekontak om te sê hulle weet waar Dominique is en dat hulle haar gaan haal. Teen 11:00 het ek my dogter in my arms vas gehou.”

Dominique is veilig en ontvang berading.

Die man by wie Dominique na bewering die afgelope tyd was, is aan die gesin bekend. Hy staar onder meer ʼn aanklag van ontvoering in die gesig. Meer inligting kan nie in die stadium bekendgemaak word nie, aangesien dit die ondersoek kan belemmer.

Cage het almal bedank wat die gesin deur die moeilike drie weke bygestaan, en vir hulle gebid het.

Lees ook:
Goeie nuus: Tiener weer veilig tuis
Gesin radeloos ná tiener verdwyn
Meisie (13) al ‘n week vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

Sjoe genade.Ek hoop hulle sluit hom toe vir altyd. Die arme kind is deur ‘n vreeslike tyd.

Trippie ·

Mev Cage, ek is bly vir julle part – ek hoop nie die ontvoerder het jou meisiekind seksueel misbruik en/of aangerand nie.

pop ·

Is sy ontvoer of het sy vrywillig gegaan? Dalk rooi hakskeentjies. Maar daai man moet ieder geval kinders uitlos

Nella ·

Ek het gelees sy het weggeloop. Miskien na die man toe? En hy heel onskuldig in die saak, behalwe dat hy op haar versoek nie die familie laat weet het nie.
‘n Saak het 2 kante. As sy uit vrye wil na hom gegaan het, het sy dalk ander redes gegee oor sy weggeloop het. Maar as hy haar ontvoer het, dan moet hy sit om te vrot in die tronk!

Belinda ·

In die 1ste plek moes mans nog glad nie deel gewees het van haar lewe nie en sy moes nog eintlik pop gespeel het en die beste van alles sy kort n baie goeie pakslae…………………en vir die man wat eintlik met sy Hoof moes dink jy moenie val vir n dogtertjie se stories nie!

Leeutjie ·

As daar nou een ding is wat ek nie kan verstaan nie is hoe hierbo nou gespekuleer word oor die dogter. Wat die waarheid is sal ons nog uitvind maar om nou al allerhande snert kwyt te raak oor die dogtertjie (want sy is eintlik nog ‘n kind), voordat daar sekerheid is rondom dit, gaan my verstand te bowe. Kom ons wag en kyk wat gebeur voordat ons praat sonder dat ons weet wat die ware weergawe is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.