Vermiste tiener se liggaam gevind

Gordonsbaai Foto: The Equinist

Gordonsbaai Foto: The Equinist

Vernon Naude (18) se liggaam is Saterdag tydens ʼn soektog naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap opgespoor.

“Naude is Vrydag in ʼn systroom meegesleur toe hy sy 13-jarige niggie wou red,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Kaapstad se rampbestuureenheid, gesê. “ʼn Branderplankryer het die ten volle geklede liggaam sien dryf, sowat 300 meter vanwaar hy onder die water verdwyn het.”

Die soektog het Saterdagoggend vroeg hervat na ʼn omvattende lug-, see- en kuslynsoektog Vrydag niks opgelewer het nie. ʼn Vermistepersonesaak is oopgemaak.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het vroeër bevestig Naude is oorspronklik van Eersterivier.

Vakansiegangers en inwoners word gemaan om die naweek versigtig te wees, aangesien rowwe seetoestande en systrome verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.