Vermiste tienermeisie se lyk gevind

Ané Jacobs. Foto: Facebook

Ané Jacobs. Foto: Facebook

Ané Jacobs, die 16-jarige meisie van Alberton wat sedert Saterdag vermis was, se halfnaakte liggaam is Dinsdag gevind.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Jacobs se lyk is in Alberton gevind. Sy was halfnaak en het kneuswonde aan haar gesig gehad. Masondo het gesê Jacobs se liggaam is deur ‘n werknemer van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) in die veld agter die sokkerklub gevind. Haar handsak met kosmetiese produkte is ‘n paar meter weg van haar liggaam gevind.

“Ons wil nie in dié stadium bespiegel oor die oorsaak van dood nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit te bevestig,” het hy gesê. Hy wou ook nie oor die motief vir die moord uitbrei nie.

Jacobs is Saterdag as vermis aangemeld. Volgens inligting op sosiale media is sy Saterdagaand vir die laaste keer deur haar vriende lewend gesien by die Y-Not-kuierplek in Alberton-Noord. Sy was ʼn leerder aan Hoërskool Alberton.

Masondo het gesê ʼn saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

melanie ·

Maak nie saak of sy nou 16 was nie …of 3 ; 6;29 was nie gee niemand die reg om ander te vermoor nie . Mense is nie eers meer vuilig in jou huis nie Kan nie eers uit by jou hek ry nie … Mense as ons nie gaan opstaan vir ons self nie Wie gaan ons moet dinge begin reg rik en ons or vir mekaar oop te hou ons lande draai baie leelik uit en wil net se god is met haar famielie friende best friende en almal wat deel was van haal lewe dit is nie n Mallika pad ni maar met tyd sal god ales reg maak …god so nie haar lewe neem as hy vir haar n lang pad beplan het nie meskien is dit beter nou as later Wie weet dit Kon erger wees maar ons dankie die here

Grens ·

Dit is wreed, sterkte aan die familie, maar ek moet tog se: ek het ‘n 16jarige tiener in my huis, en ek sal nooit toelaat dat daar by kuierplekke rond gele word nie!! Op 16 dink die kinders hulle is klaar groot. Dit is vir my ook nie lekker om nee te se vir haar, maar ek se NEE vir klubs en uithangplekke, veral op daai ouderdom. Ek wil die ouers glad nie oordeel nie, miskien was daar ander omstandighede wat mens nie van weet nie, maar ek hoor maar by my kind hoe al haar pelle na Klubs toe kan gaan, net nie sy nie.

RIV ·

Ai dis nie die kind se skuld nie, in ander lande mag die kinders op 16 motor bestuur en selfs apart van hulle ouers bly. In SA is die kinders nog beskermd. RIV jong dame. Jammer iemand anders het jou jeug en toekoms van jou weggeneem.

celeste ·

Die punt is ons bly nie in n ander land nie. Ons kinders kan nie meer in die strate speel of fietsry tot laat aand nie, wat nog n 16 jarige by n kuier plek. Dit is deesdae tot n risiko om saam jou vriende te braai in die middel van die dag. Dit is vreeslik wat met die kind gebeur het maar die realiteit is dit gebeur daagliks en dis asof ons dit sommer net moet aanvaar as deel van die lewe, wat nonsens is. Ek stem bring terug die doodstraf!

Tersia Meijer ·

Ek stem saam met jou..Geen mens se lewe mag verwoes of gesteel word deur ‘n ander, of ander partye nie..ongeag van die omstandighede of waar sy haar bevind het. Mag sy in vrede rus en jammer vir wat sy moes deurgaan. My hart is seer vir haar..en haar familie.

Ludwig ·

Hierdie is defnitief nie ander lande nie, veral nie ontwikkelde lande nie! Indien jy vergelykings wil tref, vergelyk appels met appels en nie appels met lemoene nie.

Ek is eerder so verkramp voordat ek so verlig is om boosheid toe te laat om te floreer!!

jared kyle ·

Bring die dood straf trug as ek moet uitvind wie dit is …sal ek rrg hom my self straf ek het haar nie lank geken nie maar ek ken haar lank genoeg om te weet sy is n nice persoon

Hartseer ·

Dit was my vriendin se suster. Moet asseblief nie oordeel nie, sy was ‘n goeie kind gewees met ‘n blink toekoms. Almal is jonk en almal maak foute, maar hierdie was so onnodig. Sterkte aan die familie met die afsterwe van Ane. Elize julle moet sterk bly in hierdie moeilike tyd, ek dra julle op aan ons hemelse Vader om julle deur hiedie moeilike tyd te dra.

Karen van Zyl ·

Beter kon ek dit nie stel nie, sterkte “hartseer”

manda ·

ek is so jammer vir julle baie sterkte kinders is jonk en dink nie aan gevolge nie, baie sterkte vir die meisie se mamma hulle.

Ronel ·

die feit dat sy op 16 in n kuierplek was gee niemand die reg om haar te vermoor nie

Tinus ·

Sterkte an die famielie – Hoop regtig dan gereg sal geskied –

Righard ·

Die probleem is nie die feit dat sy in n kuierplek was nie maar die feit dat mens nerens meer kan gaan nie. As sy by die winkel was dan het almal simpatie maar nou word sy gekruisig. Dit is regtig n tragedie en ek hoop en bid vir haar familie.

LeonR ·

Ek was al 20, moes 23h00 terug wees. My Pa het net gesê, sy huis, sy reels.

Rus Sag ·

RUS SAG IN DIE ARMS VAN JESUS CHRISTUS STERKTE AAN DIE OUERS EN AL DIE GELIEFDES WAT SY AGTER GELAAT HET JESUS SAL JULLE HIER DEUR DRA AND ONLY GOD CAN JUDGE

Se iets ·

Sterkte aan die Familie.
Hier in Namibia gaan dit net so, ek is even bang om my 6 jarige dogter skool toe te stuur want jy weet nie wat kan skeef loop by n skool ook nie.
Hartseer: ja sy was n goeie kind gewees maar wat almal vra wat soek sy op 16 in n club – regtig, almal maak foute en leer jy nie uit ander mense se foute nie, mens kan nie meer in vandag se lewe se dit sal NIE met my gebeur nie

Bolander ·

En weereens lê ek die skuld voor daardie voete neer van daardie “sogenaamde president” van hierdie land. Al die skuld lê voor sy deur. HOE OP AARDE KAN JY ‘N KRIMINEEL AS PRESIDENT KIES VRA EK JULLE!!!!!!!!!!!!! WATTER ROL MODEL IS HY NIE!!!!!!!!!!!!

Ruby ·

Wat ‘n pragtige meisiekind. Ek wil graag aan haar geliefdes sê dat ek bitter jammer is oor Anê se afsterwe, mag julle vertroos word deur die Verstrooster.

Aan die klipgooiers, skaam julle! Wie sê haar ouers het goedkeuring gegee om na die kuierplek te gaan?!

Ek was ook jonk en het ook by verkeerde plekke uitgehang, ek dank die Vader dat ek nog lewe.

So stof nou julle halo’s af, raak rustig en bid dat een van jul perfekte geliefdes nooit ‘n verkeerde keuse maak nie.

Moeder ·

Ruby, ek dink nie die klippe word na die ouers, of selfs Ane toe gegooi nie. Die feit is dat ons in plekke kon gaan kuier toe ons jonger was, en veilig was. Vandag is dit gevaarlik om skool toe te gaan…
Dink die klippe is bedoel vir ons President en sy “No care” houding teenoor geweld, misdaad, moord, verkragting en alle strooi in ons pragtige land.

Frieda ·

So jammer, hoe laat die mense van die plek sulke jonges daar toe? Dis GEEN onder 18’s!!

Astrid ·

En so wonder ek, hier waar ek sit en die berig lees, of julle wat so maklik die ouers blameer almal so onskuldig was op daardie ouderdom?? Het julle nie ook kattekwaad aangejaag of miskien vir ma en pa ‘n ou wit leuntjie vertel om net iewers te kon gaan nie?? Ek verstaan dit is die ouers se verantwoordelikheid maar ongelukkig is dit onrealisties om te verwag ma en pa moet 24 uur waak staan en net so onrealisties om te dink kinders, veral in vandag se tyd, gaan nie aan diè soorte dinge blootgestel word nie – hoe was jy nie as tiener nie? Op die stadium fokus liewer op die lafaard wat die kind van ‘n toekoms ontneem het instede daarvan om ‘n familie verder in rou te dompel deur belaglike uitlatings!!

Se iets ·

ja almal seker het kattekwaad aangejaag, maar onthou ook maar net dit die tye verskil in 1988 kon jy darem nog iets doen baie kinders het rond gehardloop en bal geskop in die straat tot wie weet watter tyd terwyl die ouers braai met die buur mense – MAAR in vandag se lewe weet ek, jy buurman, buurvrou almal jy kan nerens gaan nie amper nie eens meer winkel toe nie dit is te gevaarlik.

Sam ·

Hou jou kinders naby jou ten alle tye, vandag is nie meer veilig nie. Baie baie hartseer dat ‘n jong meisie deur soveel pyn moet gaan. Ek het myself ingedink oor, wat as dit een van my dogters was, ek sou nie myself kan vergewe nie. Bring die doodstraf terug, die monsters raak net al erger en erger. Mag die verantwoordelike person vir sy dade brand…

My innige simpatie aan die ouers en familie, mag reg en gerregtigheid geskied en mag julle vrede in julle harte kry dat sy nou by ons Vader is. RIV poplap.

Jo-Anne Joubert ·

Dis baie waar wat jy se van hou kinders naby jou ten alle tye … My 2 seuntjies is 4 en 2 en hulle is altyd om en by my en altyd onder my oe .. Vandag se mense is siek en mense moet hulle kinders meer beskerm as tevore!! Was al gese eks n “TE” oor beskermde ma maar ek is eerder so voordat my 2 kinders seer kry of iets oor kom

jenny ·

Het die kuierplek waar sy was nie kameras waar hulle miskien kon sien in wie se geselsskap sy was en miskien sien saam wie sy daar weg is nie. Shame so tragies

Susan ·

Ons ken die familie. Hulle is gebroke! Stukkend! Daar is GEEN plek in SA waar jy meer veilig is nie. Kinders word in winkels gesteel, oppad skool toe ontvoer, voor haar deur is die juffrou in die oggend ontvoer en vermoor. Gevaar is oral – maak nie saak hoé oud jy is nie. Hou op klippe gooi en bid vir hulle.. Ek het seker ook ‘n spesiale engel in my jongjare gehad, want ek het ook na plekke gegaaan waaroor my pa die horrie-piep sou kry as hy moes weet…….

Moeder ·

Dis presies hoekom die voorval my so diep tref. As ek terugdink aan die plekke waar ek was en tot watter tyd??!! Ek dink ek het ‘n span Engele om my gehad. En om te dink my kids gaan ook wil gaan kuier. Hoe laat mens hulle gaan?

Sies ·

Ek is bly om te sien hier is sulke HOOGHEILIGES< wat eerder 'n kind sal veroordeel asof hulle self nooit foute gemaak het nie. Dit wys hoe SIEK het ons gemeenskap geword, in plaas daarvan om simpatie te betoon besluit HULLE waar die kind in die nag mag of nie mag wees nie. Laat hy wat nog nooit 'n fout gemaak het nie die eerste klip gooi. Julle sit voor in die kerk en dan wil julle ander oordeel. Ek skaam my meer vir julle as vir die Studentebetogers.

Jakes ·

Ai Sies, mag niemand dan die feit uitwys dat dit ‘n gevaarlike plek vir ‘n 16-jarige meisie is, sonder dat dit HOOGHEILIG en veroordelend gesien word nie?

Claudia ·

Toe ek die storie raak lees ter loops was ek baie geskok maar upset ook ter selfde tyd dat n 16 jarige meisie net so weg gevat is van almal en alles in n oogwink. En toe besef ek hoe dankbaar ek moet wees dat ek nog hier is want op 16 het ek net so baie kanse gevat net n jammerte sy moes boet met haar lewe ek se jammer vir haar familie en hoop dat die Here saam julle sal wees.Geen een persoon kan die meisie judge of haar familie nie want julle weet nie wat agter geslote deure aan gaan nie.

LS ·

So ‘n pragtige meisie, ai, jammer aan die familie, dat julle hierdeur moet gaan, ek gun dit vir NIEMAND nie !!! Hoop die persoon of persone verantwoordelik word vining gevang. Mag die Here julle hande styf vashou in hierdie moeilike tyd.

Jo-Anne Joubert ·

Bring die doodstraf terug!!!!! Dan sal ons flippen land sekerlik reg kom ….

G ·

Dit is angswekkend hoe tieners hulle ouers kan lieg en bedrieg met groot sukses. Ongeag van die strengste reëls. Rus sag nooi. Mag die monster wat jou lewensliggie uitgedoof het aan die pen ry, en jou ontydige dood ander tieners uit hulle onkunde en beterwetigheid skud!

annsie ·

kinders doen dit,ek was ook so n paar jaar trug wat mens jou ouers vertel jy gaan na n vriendin toe maar eintlik hang jy in kuier plekke rond……ek weet nou hoe verkeerd dit was maar ons bessef dit eers as ons groot is

Anon ·

I am so sorry about what happend, and it is really an “Eye-Opener” for me as i have a 16 year old daughter myself. RIP Ane, and sincere condolences to her family.
About her being in a club “Lets face it… we were all young” but the problem comes in about ALBERTON itself and all the “Clubs” ACTION, Y-NOT, etc allowing these younge kids under the ages of 18 into these places, they even sell alcohol to the kids without asking for id’s, kids taking drugs buying from the people working and partying inside these places its ludacris. SAPS should investigate these places and put a stop to it. A while back there was a story about the Action cricket club/bar about kids drinking and beating someone up.. Keep your kids out of places like this.

Anon ·

Jy is doodreg anon Alberton en hulle kuier plekkies moet streng reels he vir minderjarige kinders.. daars siek mense daar buite en by sulke plekke. Het self gesien met my eie oe wat by sulke plekker aan gaan!! RIV pragtige Ane

Johanna ·

dis tragies. haar ouderdom het regtig niks hiermee te doen nie. sy is vermoor. punt!! en dis ONAANVAARBAAR!! almal skree nou bring die doodstraf terug. regtig!? met ons regstelsel wat so onbetroubaar is sal baie onskuldige mense galg toe gestuur word. ? Ek dink so ja. My innige simpatie met die familie. ons kan nie ons kinders 24/7 onder ons vlerke hou nie.

Elize C ·

Ek stem saam Johanna, ek dink ook mense moet maar versigtig wees in ons huidige politieke omstandighede, om te vra dat die doodstraf teruggebring word. Ek vermoed net dan gaan mense links en regs “skuldig” bevind word aan oortredings wat skielik die doodstraf as straf gaan hê, net om monde te snoer en “wettig” van hulle ontslae te raak. Slegs een voorbeeld: almal wat tans daarvoor staan dat die Openbare Beskermer se verslag oor moontlike staatskaping bekend gemaak word, sal wraggies almal vir hoogverraad aangekla word en gehang word, want hoogverraad teen die staat dra die doodstraf…… glo nie daar sal veel moeite gedoen word om te bepaal of hulle dalk onskuldig is en die aantygings waar is nie….as dit agterna bewys word, gaan daar ook net gesê word “Eish…..sorry!”

MerriMoon ·

Pragtige kind! My innige simpatie en meegevoel aan haar familie en geliefdes.

Hugo ·

Ons hele kantoor is skoon tranerig. Mag sy sag rus in die hande van ons SKepper en mag haar familie God se hand van genade, vertroosting en genesing ervaar. Geen mens verdien wat hierdie dogtertjie moes deurgaan met haar laaste oomblike hier op aarde nie. Ai! geen woorde kan die seer van die familie af weg vat nie, maar mense wees verseker die komentaar wat julle plaas kan die seer vererger. Los die familie sodat hulle kan rou as jy nie iets positiefs kan sê nie. Ja, die Afrikaner volk is maklik om te oordeel maar staan terug en kyk eers waar jy al was en waar jou voete al gestaan het. dit walg my dat mense goed kan kwyt raak terwyl die familie nog na realiteit snak. my gebede is saam die familie en sommer by elkeen hier wat negatiewe kommentaar geplaas het – my gebed vir jou, dat jou hart gevul sal wees met empatie, simpatie en menslikheid. Dat jy ‘n wag voor jou vingers sal sit wat te vinnig wil tik. jou tong wat te vinnig praat en jou hart wat verhard het, mag hy weer sag word. Hierdie krap self ou familie wonde oop en glo my na 16 jaar bly dit steeds ‘n bitterpil om te sluk. veral so ‘n veld toneel. sterkte aan die familie en sterkte aan die klomp wat hierbo te vinnig hulle opinie wou lig.

Raphiri ·

How absolutely shameful… Waar is die Suider-Afrikaanse volk wat Godsvresend was en mekaar die hand gereik het in nood. ‘n Basiese Christelike beginsel…. Goed ek verstaan jy glo nie meer in God nie en dis jou saak… Jy is reg… Maar waar is die basiese beginsel van menslikheid en respek vir dié wat seer het en se harte in dié dag aan flarde is. Wat se siele voel of hul uit hul liggame uitgeskeur is, want jy sien, hul dogter is dood.

En hier kom jy, in jou wysheid, insig en pag en spreek dit uit wat iedere en elkeen van ons reeds weet… Daar is ‘n tyd om te spreek en wysheid sy due te gee… Maar nou…? Nou is dit tyd om stil te staan, die horlosie te smoor en asem in te trek en stil te bly… want ‘n dogter is dood. As jy iets moet sê…, Spreek hoop, sagtheid en liefde, wees hartseer saam en hou hande op daardie pappa en mamma se rug… Jip, jy sal jou tyd kry om van jou wysheid en insig ontslae te raak…. Maar dit is nie nou nie…. Nouis jou hande en jou hsrt nodig….

Johanna ·

Pragtig gese Raphiri! Pragtig. dis n baie tragiese gebeurtenis vir die ouers en familie.

ME ·

Raphiri. Ek stem saam met jou. Nou is nie die tyd om te kla oor ons land nie. Die ouers is stukkend en het ons almal se gebede nodig.

Roekie ·

… en as sy 18 of 25 of 30 was? Wat sou dan die ‘skuld’ kry?

Rerig? ·

Sê ek ook, ek sien glad nie hoe n 18 jarige haarself beter sou kon beskerm as n 16 jarige nie…

m ·

Kom ons bid net dat hierdie varke wat dit gedoen het gou gevang sal word. Ons dink aan die ouers in hierdie moeilike tyd.

Heinrich ·

My dogter het die kind geken. Ek dink nie iemand veroordeel haar nie. Dis die hartseer van die land waarin ons woon, ons huise is al soos tronke as jy by jou huis uitstap is jy in gevaar. But life goes on.

Bossie ·

En… dit is hoekom ons pragtige land in sy peetjie in is! Pleks van ondersteuning begin julle ‘n klein oorloggie van verwyte, hoekoms en waaroms. Klipgooiers, ondersteun hierdie familie wat nou deur ‘n tyd van rou gaan. Ons ALMAL het al foute gemaak. Wees dankbaar jy staan nie in hierdie familie se skoene op hierdie oomblik nie. Pragtige mensie, rus sag. Daar sal tieners daar buite wees wat hierdie berig gaan lees en nou 2 keer sal dink. Aan Ane se familie, sterkte vir julle. Mag God jul omvou en dra deur hierdie verskriklike tyd…

Cheryl Mostert ·

Hoekom pas sulke plekke soos Y=Not nie strenger reels toe wat toegang betref nie? Hoekom laat hul minderjariges daar toe?

Dirk ·

Cheryl,hulle gee nie meer om oor ouderdom nie,hoe meer mense ongeag die ouderdom,hoe meer geld maak hulle,dis al waaroor dit gaan..

Hoesit? ·

Ek is nou al dekades ver verby hierdie geslag wat gaan “club,” en ek het geen benul waarvan almal praat as hulle van ‘n “kuierplek” praat nie. Hoe klnk dit dan vir my juis na ‘n plekm waar ‘n mens nié ‘n jong meisie kan laat kuie rnie? En het sulke plekke nie ouderdomsperke nie? En is daar sterk drank? Ek vra net, want ons “kuierplekke” was om die braaivleisvuur met gemmerbier en luisterbare en dansbare musiek!

Dirk ·

Ek bly in Alberton en my twee meisiekinders het hier laerskool en Alberto Hoër toe gegaan.Ek het hulle nooit toegelaat om uit te gaan op 16 jarige ouderdom nie,tensy ek hulle gaan aflaai en weer gaan oplaai het en ek geweet het waar hulle is.Anders het hulle saam ons as ouers uitgegaan en hulle onder ons oë was en ons kon kyk wat hulle doen,ons het ons terug gehou by die kuierplekke as hulle saam vriende was en as dit bietjie uitgehak het het ons bietjie stemme dikgemaak.Eers na hulle 18 was het hulle begin alleen uitgaan en ons het hulle ń tyd gegee….My innige simpatie met Ané se familie,so pragtige mensie se lewe so vroeg beëindig…mag die persoon wat daarvoor verantwoordlik is gou gevang word en sy straf uitdien

Riets ·

Vandag is daar ouers wat stukkend is. Hulle dogtertjie is weg. Voor jy wys hoe slim of verantwoordelik jy glo jy is met jou kommentaar, respekteer asb die wat nou haar dood moet verwerk.

Maggie ·

Of dit nou ‘n ander land is of nie EN of die dame by ‘n kuier plek was of nie EN of sy nou 16 of 60 was, dit gee NIEMAND die reg om ‘n ander te verkrag, vermoor of seer te maak nie!

Anne ·

Ai dit is waar, kinders hoort by die huis. Maar tieners is tikkende tydbomme en maak maar seker hulle is waar hulle vir jou se hulle is. Dit kan met enige een gebeur. Maak nie saak hoe streng jy is nie, as daai kind besluit het om iets te doen sal jy nie weet nie. Sterkte vir die ouers. Ons gebede is saam julle.

. ·

Voel baie sleg vir die arme meisie!!

Maar wat ek wil se is vir die ouers wat dink hulle is “goeie streng ouers”
Eks 18
En ekt al baie uit gegaan.
My ma weet presies waar ek is want sy kom kry my en laai my af.
Maar die ding is wat my vriende nog altyd doen is se hulle gaan oorslaap by iemand se huis,waar hulle weet die ouers laat kuier toe,gaan dan saam vriende na kuier plekke toe waar hulle ma nie eers weet waar hulle is nie!!My ma het my oorals toegang tot gegee al vanaf ek 15 is maar ek was altyd te bang om uit te gaan so ek het nooit nie want ekt geweet ag ek mag,en die ouers wat hulle kinders niks toe laat,hulle kinders is die wat die meeste drink en dronk word en lieg waar hulle is!!!As jy hulle gaan weg hou van iets gaan hulle dit wil doen waar as jy dit toelaat gaan dit nie so groot deal wees nie hulle gaan nie dit eers doen nie want hulle weet hulle mag,dis tieners.

Anoniem ·

Die pas afgelope paar dae was die tyd waarin demoniese magte hoogty vier met offers aan satan. Bose magte word losgelaat om chaos op aarde te veroorsaak. Dis juis nou dat ons vir ons kinders en geliefdes moet bid. My hart breek vir daardie familie wat stukkend moet wees. Vir ander ouers, bid elke dag vir jou kinders. Spreek Vader se seën elke dag oor hulle uit. Vra God se engele om hulle te beskerm want ons geveg is nie teen vlees nie maar teen bose magte in die lug. Bid vir mekaar en jou geliefdes elke dag. Seën vir julle.

Ludwig ·

Ek wil egter my innige simpatie met haar ouers, familie en vriende betuig!!

As ‘n ouer myself, glo ek om jou kind aan die dood af te staan is die seerste seer en die mees traumatiese gebeurtenis waaraan ‘n mens blootgestel kan word.

bullsbabes ·

My gebede gaan uit na die ouers,familie en vriende. Mag die bose mens of mense gevang word. R.I.P Ane jy was n pragtige goeie kind gewees. Ons gaan jou vreeslik baie mis.

Ekke ·

Ek is regtig skaam vir my landsgenote vanaand. Tussen die kommentaar op Ane en Michaela se artikels… sjoe! Lanklaas soveel gevoelloosheid bymekaar gesien.
Dit is amazing hoe wonderlik die negatiewe kommentators in beheer is van hulle lewens en die van hulle kinders, ek aanvaar dit is die geval anders sou hulle nie sulke kritiese en veroordelende raad en kommentaar gelewer het nie. “Well done…” ek is regtig bly vir julle. Wees dankbaar vir waar julle is en vir wat julle het en hou op OORDEEL, want dit is presies wat julle doen.
Mense en hulle omstandighede verskil en NIEMAND ken die ware feite nie.
“Grow a heart” …

Marie-louise ·

Ek as jong mens wil ook bylas dat ons as 15-16 jariges ook gaan dans het sonder dat ons ouers mooi weet wat aangaan… Waar daar ‘n wil is… Geen mens het die reg om ‘n ander se lewe te neem nie… Die tyd van die Here is bitter naby en die bose loop rond en verwoes sielie vir die duisternis… Ouer julle moet waak en bid vir julle kinders… Ek het self nie kinders van my eie nie maar ek het ‘n pragtige 19 jaarige dogter gekry toe ek getroud is en al wat help is om op jou kniee te bly. Dit help ook nie om te oordeel nie… Die oordeel le by God. Sterkte aan die familie en vriende… Mag God julle vertroos en versterk in hierdie moeilike tyd wat voorle…. Shalom….

wacthing ·

ek wil net elke ouers se oor dit hoeveel keer ek gesien dat daar so baie meisie wat in strate loop van die skool af en waar ookal hul loop en niks ouers worry oor hul nie en vandag se tyd is nie meer veilig word wakker vir elke ouers wat eie kinders het wees versigtig duiwel vernietig die mooi goed en bid vir jul ouers dat hul oe oopmaak en beskerm soos goud amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.