Vermiste tieners: Kim en Awian veilig gevind

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Kim Swarts (15) en Awian van Schalkwyk (17), die twee tieners wat sedert 7 April vermis was, is veilig gevind.

Andre Putter, ‘n private speurder, het laat Maandagaand aan Maroela Media bevestig dat die twee vroeër die dag in Johannesburg gevind is. Putter sê Kim en Awian is ongedeerd en veilig terug by hulle ouerhuise.

Volgens Putter het ‘n vriend van Kim en Awian deurlopend inligting aan hom verskaf en het hy die twee in ‘n woonstel in Johannesburg gevind. Putter sê die twee het sedert hulle verdwyning daar gebly en is hulle nie na ander provinsies soos aanvanklik vermoed is nie.

Putter sê Kim en Awian het oorleef van geld wat hulle saamgeneem het toe hulle weggeloop het. “Ons vermoed ook hulle het gunste en gawes van vreemdelinge af ontvang. Albei is gesond en in ‘n goeie toestand.”

Volgens Putter het Kim en Awian se ouers hulle versoek om mekaar voorlopig nie meer te sien nie. “Die ouers sal nou maar op hul eie maniere die situasie hanteer. Dit is in die stadium nog nie duidelik wie se plan dit was om weg te loop en wat hulle daarmee wou bereik nie.”

Putter het almal bedank wat met die soektog na Kim en Awian gehelp het.

Awian se ouers het hom laas gesien toe hy op Sondag 7 April omstreeks 14:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Kim is ook op 7 April laas by haar huis in Amandasig gesien nadat Awian haar opgelaai het.

Lees ook:
Vermiste tieners: “Terug na die begin”
“Vermiste tieners laat geen spoor” – Privaatspeurder
Soektog duur voort na vermiste tieners
Nog steeds geen teken van vermiste tieners
Vermiste tieners steeds soek
Ma se boodskap aan vermiste tieners
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Maggie ·

Los di kinders dat hul mekaar sien! Dis julle blerrie ouers se eie skuld hul het juis weg gehardloop om saam te wees! Nou wil julle we die selfde fout maak! Hul is lief vir mekaar! Sien dit raak!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Benita ·

Kalwerliefde Maggie, niks meer, niks minder. Hulle hoort op skoolbanke, besig om te studeer.

Nadine ·

Weet jy Benita, dis wat ons ouers ook gesê het toe ons in Gr9 verlief geraak het en hulle gevoel het ons is te erg oor mekaar, en weet jy wat, 09 Augustus trou ons, na 7 jaar. Moet nie so maklik besluit nie hoor.

Noreen Robinson ·

Ek hoop hulle het elkeen ‘n goeie pakslae gekry, vir al die hel wat hulle hulle ouers deur gesit het. Hulle ouers moet die verhouding tussen hulle nou verbreek ook.

DieBoerInBoertjie ·

En wat moet met die ouers gebeur vir die hel wat hulle die kinders besorg het? Huh?

Lanie ·

En nou gaan die ouers heeltyd wonder wanneer loop hulle weer weg!! Bly vir die ouers en familie se part hulle is veilig terug. En in die tieners se selfsug het hulle nie vir ‘n oomblik gedink wat hulle verdwyning aan hulle ouers doen nie !

Sprietjie ·

Dankie aan die privaat speurder. Ek glo die ouers is verheug en gevul met blydskap.

Aan die twee kinders, ek hoop regtig julle het ‘n les geleer deur jul onverantwoordelike optrede. Wees verseker dat jul ouers deur diep waters gegaan het. Moet dit nooit weer aan hulle doen nie, dit was selfsugtig.

Maak vrede, eendag is julle self ouers, dan sal julle werklik verstaan.

Konsentreer op jul skoolloopbaan, studeer en maak ‘n sukses van julle lewens. Julle kan !

Babs ·

As die ouers nie vir die kinders “preek” nie dan is hulle nie die naam “ouers” werd nie. As hulle werklik lief is vir hulle kinders sal hulle optree. Dit is kinders – 15en 17. Hulle moes op die skoolbanke gesit het en gedoen het wat enige kind wat iewers in die lewe wil kom, sou doen. Indien jy kinders het, sou jy toelaat dat hulle jou deur al die trauma sit? Nie elke dag weet of hulle nog lewe? Sê eerder dankie aan almal wat gebid het vir die kinders se veilige tuiskoms.

Nick ·

Ek lees die huidige kommentaar van die artikel en dit blyk my na kommentaar van ouers. Jul harte gaan uit na hul ouers en dit is jul reg. Ek self kan dink dat hul ouers ‘n moeilike tyd agter die blad gehad het/wat nog voorle.

Sit julself vir ‘n paar sekondes in voete van die twee, Ek vind dit moeilik om te glo dat gelukkige tieners net sal verdwyn. Ja die kinders het pad gevat, maar ek voel die ouers dra ook skuld. Ek hoop daar kan vrede gevind word in die huise van die mense wat hierdeur aangeraak was.

Goed gedaan dat die twee tieners vir so lank kon oorleef. Goed gedaan aan die ouers wat nie opgegee het nie. Goed gedaan aan die ondersoek van die private speurder.

Anna ·

Ek stem Nick, maar ek dink nie die feit dat die ouers die 2 uitmekaar hou gaan ‘n positiewe uit einde he nie! Dis heel moontlik deel van die rede hoekom hul in die 1ste plek weg geloop het! Ek weet dis moeilik en ek het kan dink hoe die ouers voel. Probeer eerder saam werk, as teen mekaar werk! Self n ma van n tiener

Andre Putter ·

Dankie aan almal wat leidrade verskaf het en ook ander wat die ouers bemoedig het en vir hulle en die kinders gebid het. Hier is niks geheimsinnig of agterdogtig aan hierdie saak nie. Ek het die ouers leer ken tydens my ondersoek. Hulle is dood normale mense soos ek en jy. Ek was ook betrokke by die ontlading van die kinders. Dit is maar die gevolg van tiener idealisme wat te ver gevoer was. Ek glo almal het iets geleer uit die saak en glo die dit sal goed gaan met die ouers en kinders vorentoe. Dankie ook aan Maroela Media vir hulle hulp in hierdie saak.

Anzelle ·

Mnr Putter ek weet nie hoe om dankie te se vir wat u gedoen het vir die families nie. Ek self is n huisvriend van een vd families en weet hoe moeilik dit was om elke dag en nag te wonder waar die kinders is en is hul versorg en okay. daar het baie mense saam gewerk om die twee kinders op te spoor. al wat ek vra is vir die mense, Moet NIEMAND veroordeel nie want nie ek of jy sal weet wat die oorsaak was of wie se skuld dit was nie. wees net bly dat daar soveel mense saam gestaan het om die twee te vind en daarvoor se ek uit die diepte van my hart baie baie dankie.

Ekke ·

My simpatie aan die ouers. En ook aan die kinders. Ons almal weet kinders is selfsugtig, maar elke ouer moet onthou – jyself was ook jonk. Kan jy nog onthou hoe emosioneel jy was op 15/16? Kan jy nog onthou hoe klein dinge vir jou soos berge gelyk het, en hoe dit soms gevoel het niemand verstaan nie? Hoe jy enigiets sou doen om by jou geliefde te wees, veral omdat jou ouers nie julle verhouding goedkeur nie? En nee, ek praat nie die kinders se aksies goed nie, inteendeel! Ekself het op 15 weggeloop van die huis af. Dankie tog die polisie het my na 2 weke gekry. Dankie tog ek was nie swanger nie. My Pa het oornag oud geword, hy het geraas en gepreek en mettertyd het hy my vergewe, en ek het aangegaan met my lewe, minus die “boyfriendjie”. Ek het my “grondige redes” gehad daardie tyd om weg te loop, of altans, ek het gedink daar is geen ander uitweg nie. Ek het geglo die wêreld is teen my, en dat niemand anders verstaan waardeur ons gaan nie. Ek sou self myself doodmaak ter wille van my kêrel. Dom, Maar, as ek nou terugkyk daarop, besef ek, ek was ‘n naïewe, stupid meisiekind. En die ironie van als? Oor ‘n paar jaar van nou af onthou hulle mekaar tien-teen-een nie eers meer so lekker nie….. Ouers, praat met julle kids, kids, praaaaaat met Ma en/of Pa of Ouma/Oupa, daar’s altyd ‘n middeweg. En as julle nie met mekaar kan praat nie, kry ‘n berader of die dominee of ‘n onderwyser betrokke. Kommunikasie is bitter belangrik. Sterkte aan almal betrokke, gelukkig gaan hierdie ook mettertyd verby en gaan die lewe aan. :)

Self 'n ouer ·

Dit gaan hulle net meer opstandig maak as hulle verbied word om mekaar te sien. Laat hulle dit onder toesig doen aan die begin, en albei se ouers moet mekaar nou beter leer ken. As die ouers saam kuier kan hulle sodoende geleenthede skep dat die kinders mekaar kan sien. Die rede dat ou mense vir knie vervangings gaan is omdat hulle hulle knieë deur gebid het vir ons toe ons daai ouderdom was, ons moet dieselfde vir ons kinders doen! Hoop net nie die dogter is swanger nie…

AmY ·

Ek sal hulle hok tot hulle 21 is as hulle my kinders was.

Ek was ook in ongelukkige huislike omstandighede, maar wegloop was nooit eens ‘n opsie gewees by my nie. In die 80’s toe ek op Hoërskool was, was daar nie dinge soos beraders en ‘kinderregte’ gewees nie.

My hoogtepunte was die CSV waar daar vir ons almal gebid is, Dan het ons ons koppe opgelig en weer aangegaan.

Swak huislike omstandighede (as dit die geval hier was) is GEEN VERSKONING om weg te loop nie.

En o ja: Kêrels op skool was so uit soos koekies in ‘n weeshuis.

As jy jou ouers se egskeiding, en die ander vrou in jou pa se lewe moes verwerk, het jy nie eens aan dinge soos kêrels gedink nie.

Daleen ·

AmY, puik gestel en ek stem heeltemal met jou saam en jy het ‘n heel mens anderkant uitgekom.

Zuné ·

Om hulle uit mekaar te hou , gaan dinge vererger. En , het julle al gewonder HOEKOM hulle weg wou loop – hoekom hulle nie by die huis wou wees nie . Pakslae gaan niks reg maak , beantwoord eers al die vrae . Dan kyk & besluit julle saam oor ‘n straf.

Roxzann ·

Hulle is mos nou mooi groot hul moet nou self weet wat reg is en wat verkeerd is. dit sal tyd vat dat hulle hul voute gaan agter kom maar gaan baie geduld vat van die ouers. wat okal hulle rede was vir dit ons hoop maar dit gebeur nie weer nie ouers moet maar net by staan julle het julle beste gedoen om hulle te ly maar kan ook nie vir hulle besluit nie al is hulle 16-18 dis die tyd wanneer jy jou self probeer vind en deurmekaar is oor lewe. en plus kinders doen altyd die teen oorgestelde van wat ouers se. maar eks bly hulle is veilig :)

estelle ·

@Maggie is jy self 15jr oud? Hoe sou ‘n 15 en 17 jarige langer na hulle self kon omsien! na watter strooihalms sou hulle moes gryp vir “survival” in Jhb? Verkoop jouself, verkoop dwelms? Huis huis speel is vir grootmense!

@Amy stem 100% saam met jou, baie wyse kop op jou skouers! Ons sou as kinders nie op ons sitvlak kon sit, sou so iets gebeur het nie!

lexi ·

Dit is omdat ouers nie meer hulle kinders mag disiplineer nie dat kinders dink hulle is groot mense vandat hulle voetjies die grond vat as hulle op die toilet sit. My twee seuns sal nie so iets waag nie ek glo nog aan lyfstraf en hulle boudjies kry nog gereeld n herhindering wie baas is en wie klaas is. As my kinders liefde kos beddens klere en n goeie skool onderig kry wie se ek kan hulle nie maniere en respek leer soos wat ek dit gekry het nie. Kinders van vandag word verkeerd groot gemaak…..

Noreen Robinson ·

Mooi so ek stem saam. Ons is ook so groot gemaak en het niks oorgekom nie.

AmYa ·

Dankie Daleen en Estelle. Ja, ons het ons mooi gedra as kinders,

Estelle, ja dis waar wat jy sê. Ons het nog pakgekry, al was ons al in die hoërskool.

Daleen, ja, ek het ‘n ander (en beter) mens anderkant uitgekom.

AmY ·

O ja, ek wou nog bylas: Hulle het die hele tyd in ‘n woonstel ‘weggekruip’, en dus kon hulle die nuus volg en sien hoe daar na hulle gesoek word.

Ek mag verkeerd wees, maar ek kry die indruk altwee is bedorwe brokkies wat moontlik alles gekry het wat hulle ogies gesien het en kon doen wat hulle wil.

Toe dinge nie loop soos hulle wou hê nie, toe loop hule weg om ‘n punt te bewys.

AmY ·

Ek las gou nog iets by: As hulle, as tieners nou eens met hul omstandighede kan ‘deal’ nie, wat gaan in die ‘grootmenswêreld’ met hulle gebeur?

Gaan hulle elke klein probleempie die pad vat? Hulle werke bedank? Of maar werkloos bly? Gaan hulle huwelik(e) dit hou?

Hulle gaan swaar kry in die grootmenswêreld.

marietjie ·

Ek wil net graag weet in wie se woonstel het hulle gebly, en hoekom het die persoon nie hulle ouers in kennis gestel nie

Klara ·

… dan lees ek nou in ons NAMIB TIMES (Walvis Bay,Namibia) dat die stout tieners nog nie gekry is nie. Bly vir die ouers, dat hulle kinders terug is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.