“Vermiste tieners laat geen spoor” – Privaatspeurder

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Andre Putter, ʼn private speurder wat gehuur is om te help soek na twee tieners van Pretoria wat vermoedelik saam weggeloop het, beskou die saak as buitengewoon. Kim Swarts (15) en Awian van Schalkwyk (17) word sedert 7 April vermis.

“Die tieners laat glad nie ʼn spoor nie,” het Putter Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Hul ouers is dood van bekommernis en ons vrees vir hul veiligheid.”

Volgens Putter het hy, die polisie, en die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom toespits daarop om vermiste persone op te spoor, verskeie wenke ontvang oor waar die tieners hul mag bevind, maar al die leidrade het doodgeloop. “Die leidrade is ook besig om op te droog, so ons versoek enigiemand wat ons met die ondersoek kan help, om met ons te skakel.”

Putter het gesê hulle het leidrade ontvang dat die tieners in Namibië is, maar dat dit onmoontlik is, aangesien nie een van die twee ʼn paspoort het nie. “Ons het ook wenke ontvang dat hulle in Jeffreysbaai, Bloemfontein, Rustenburg, Pretoria, Ermelo en aan KwaZulu-Natal se suidkus gesien is, maar die wenke het nog nie enigiets opgelewer nie,” het hy gesê.

Putter het gesê sedert die paartjie vermis geraak het, is hul selfone nog nie weer aangeskakel nie en daar is geen beweging op Van Schalkwyk se bankrekening nie. Swarts het nie ʼn bankrekening nie.

“Awian se motorfietsnommerplaat word ook glad nie by enige tolhek geregistreer nie. Hulle is baie stil en het glad nie kontak met enige van hul vriende gemaak nie. Hulle toon ook glad nie enige aktiwiteit op sosiale media nie. Dit is asof hulle spoorloos verdwyn het,” het hy bygevoeg.

Putter en die Pink Ladies het versoek dat die publiek foto’s van die tieners sal versprei in die hoop dat iemand hulle moontlik sal herken.

Van Schalkwyk se ouers het hom laas gesien toe hy op Sondag 7 April omstreeks 14:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Hy ry ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets met die registrasienommer VFV 299 GP. Hy was glo op pad om by Swarts in Amandasig te gaan kuier. Hy het donkerbruin oë, swart hare en ʼn brandmerk op sy bors.

Swart is ook op 7 April laas by haar huis in Amandasig gesien nadat Van Schalkwyk haar opgelaai het. Sy het glo ‘n swart valhelm met wit kolletjies daarop. Sy het groenblou oë en lang, donkerblonde hare.

Enigiemand wat die tieners herken of weet waar hulle hulself bevind word versoek om dringend Putter by 084 485 6448 te skakel, of die Pink Ladies by 072 214 7439.

Lees ook:
Soektog duur voort na vermiste tieners
Nog steeds geen teken van vermiste tieners
Vermiste tieners steeds soek
Ma se boodskap aan vermiste tieners
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

Awian van Schalkwyk en  Kim Swarts.

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ESTELLE ·

as ‘n mens honger is gaan jy kos soek! kyk bietjie by die sentrums vir haweloses! in rooihuiskraal is “moeggesukkel” en in eldoraign is “kuriake bediening”, ongelukkig weet ek net van die twee, maar glo daar is baie

Nonette Janse van Rensburg ·

Ek en my man sowel as 2 meisiekinders is doodseker dat ons haar sondag in bloemfontein gesien het. By Robot in Nelson Mandela drive by UFS se ingang. Sy was goed versorg met n bordjie wat se gelukkige moedersdag.
Ons was oppad terug na bethlehem. Ek het nogal sondag gedink ek wonder of dit sy is. En toe ek nou die foto sien het ek my familie geroep en hul is seker dis sy

Marlene ·

Nonette, ek hoop julle het dit aangemeld by die polisiestasie en ek hoop Maroela sal ook aandag skenk daaraan.

Pat ·

In meeste gevalle waar geen aktiwiteit te bespeur is nie klink dit my daar is meer aan hierdie storie as net n jong paartjie wat weggeloop het……ek dink n mens moet begin dink aan kriminele verbondenheid hier

Lekker Kekkel Lydenburg ·

Dalk moet die ouers en polisie oorweeg om die plaaslike tydskrifte en koerante te betrek by die soektog. Ek glo dit sal meer blootstelling bied en die kanse dat iemand hulle dan sal herken is soveel beter…. Shame ek hoop die kids is veilig en dat niks met hulle gebeur het nie. Ek bid ook vir verstekking vir die arme ouers. Dit moet pure hel wees om nie te weet waar jou kind is en of hy / sy ok is nie. Ek hoop dat, as die kinders bloot weggeloop het, hulle binnekort sal besef watter vreeslike uitwerking dit op hulle gesinne het en dat hulle tot hulle sinne sal kom en indien hulle dan nie wili terugkeur nie, darem ten minste net sal laat weet dat hulle veilig is………

estelle ·

Hopenlik het hulle niks oorgekom nie! hulle is uiters selfsugtig om dit aan hulle ouers te doen! laat met dink dalk speel dwelms hier ‘n rol!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.