Vermiste tieners saam gevind

Foto: Facebook.

Stephan Erasmus (17) en Toni Siebert (17), die twee tieners van Pretoria wat sedert Donderdagoggend vermis was, is gevind.

Anel Erasmus, Stephan se ma, asook Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

“Ek is absoluut ekstaties! Daar is nie woorde om my dankbaarheid aan elke liewe een wat leidrade opgevolg, gedeel en gehelp soek het uit te spreek nie. Ek het self met Stephan gepraat, ek het sy stem gehoor,” het Erasmus aan Maroela Media gesê.

Rechner wou nie meer inligting bekendmaak oor waar die twee kinders opgespoor is nie. Sy het gesê die twee is tans in die sorg van Stephan se pa, Frans, en is ongedeerd. Sy het ook haar dank aan die ondersoekbeampte, ao. Nel, en almal wat help soek het, uitgespreek.

Maroela Media het vroeër berig Stephan en Toni is Donderdag omstreeks 06:40 die laaste keer deur Frans by die huis gesien. Hulle was egter teen 07:30 weg toe hy weer by die huis aangekom het. Die twee se beursies, bankkaarte en selfone is glo nog in die huis gevind. Al wat weg was, was ʼn Xbox en ʼn kamera van Toni, het Erasmus vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
al

Goeie nuus

Anoniem

Ag nee wat Pieter en Buks, stem nie saam nie. As hulle niks wil se oor wat die omstandighede is nie of waar hulle gevind is nie, is dit hulle persoonlike keuse en besluit. Wat het dit met julle te doen? Mens bid nie net vir iemand wat al hul persoonlike geheime aan jou openbaar nie….of help nie net op jou voorwaarde nie. As God voorwaardes aan ons gestel het, sou geen enkele gebed verhoor gewees het nie en geen enkele sonde vergewe nie. Mens kan mos maar bid, dit is om liefde en ondersteuning te wys wat onvoorwaardelik aan… Lees meer »

CK

Regtig…. hoop van harte enige van jou geliefdes raak nooit weg of besluit om weg te loop nie. Jy het mos GEEN idee wat die rede is nie, het jy. Genade mens.

Ek is dankbaar dat hulle gevind is en dat die families die probleme in daar is, kan uit sorter.

LS

Ek is bly hulle is gevind !
Dankie aan almal wat gehelp het.

Heila

Ek is baie bly hulle is veilig en ongedeerd. Ek kan myself nie voorstel deur watse spanning hul ouers moes gaan nie!