Vermiste tieners saam gevind

Foto: Facebook.

Stephan Erasmus (17) en Toni Siebert (17), die twee tieners van Pretoria wat sedert Donderdagoggend vermis was, is gevind.

Anel Erasmus, Stephan se ma, asook Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

“Ek is absoluut ekstaties! Daar is nie woorde om my dankbaarheid aan elke liewe een wat leidrade opgevolg, gedeel en gehelp soek het uit te spreek nie. Ek het self met Stephan gepraat, ek het sy stem gehoor,” het Erasmus aan Maroela Media gesê.

Rechner wou nie meer inligting bekendmaak oor waar die twee kinders opgespoor is nie. Sy het gesê die twee is tans in die sorg van Stephan se pa, Frans, en is ongedeerd. Sy het ook haar dank aan die ondersoekbeampte, ao. Nel, en almal wat help soek het, uitgespreek.

Maroela Media het vroeër berig Stephan en Toni is Donderdag omstreeks 06:40 die laaste keer deur Frans by die huis gesien. Hulle was egter teen 07:30 weg toe hy weer by die huis aangekom het. Die twee se beursies, bankkaarte en selfone is glo nog in die huis gevind. Al wat weg was, was ʼn Xbox en ʼn kamera van Toni, het Erasmus vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Ag nee wat Pieter en Buks, stem nie saam nie. As hulle niks wil se oor wat die omstandighede is nie of waar hulle gevind is nie, is dit hulle persoonlike keuse en besluit. Wat het dit met julle te doen?
Mens bid nie net vir iemand wat al hul persoonlike geheime aan jou openbaar nie….of help nie net op jou voorwaarde nie. As God voorwaardes aan ons gestel het, sou geen enkele gebed verhoor gewees het nie en geen enkele sonde vergewe nie.
Mens kan mos maar bid, dit is om liefde en ondersteuning te wys wat onvoorwaardelik aan gebied word. Wees genadig….bid maar weer as daar so desperate versoek deurkom……jy weet nie wanneer jy ander se gebede nodig het nie.

CK ·

Regtig…. hoop van harte enige van jou geliefdes raak nooit weg of besluit om weg te loop nie. Jy het mos GEEN idee wat die rede is nie, het jy. Genade mens.

Ek is dankbaar dat hulle gevind is en dat die families die probleme in daar is, kan uit sorter.

Heila ·

Ek is baie bly hulle is veilig en ongedeerd. Ek kan myself nie voorstel deur watse spanning hul ouers moes gaan nie!

Hannelie ·

Ek is baie bly dat hul gevind en ongedeerd is. Sterkte aan die families.

Rina Kotze ·

Dankie vir die goeie nuus!

Hoop hul sorteer hul probleme uit.

Ouers, wees asb sensitief en luister?

Jongmense, hoor wat jul ouers sê en neem wyse besluite!

Leeutjie ·

Ek kan nie anders as om vies te wees vir kinders wat ouers deur so ‘n moeilike tyd sit! As hulle maar net weet wat in ‘n ouer se kop aangaan as hulle net verdwyn…. Eendag as julle self kinders het sal julle weet hoe dit voel as so iets met jou gebeur!

Susara ·

Ek is baie dankbaar die twee is ongedeerd terug en op ‘n veilige plek. Die rede/s is ‘n privaat saak. Dankie aan almal wat gehelp soek het asook die wat gebid het, ook die twee wat (ek glo) kop gehou het, moontlik die ‘Still small Voice’ gehoor gegee het en is inderdaad ongedeerd! Dankie. Kinders, julle is kosbaar, al besef julle dit nie. Soos Leeutjie se, wanneer julle eendag kinders het, sal julle weet. Ek se wanneer jy Ouma/Oupa is besef jy eintlik die diepe kosbaarheid van familie, maar veral van kinders, eie of nie. Jy weet, my seun het nog nie heeltemal sy dwelm gewoonte onder die knie nie, wanneer hy terugval (dit is net soos weg wees) dan voel dit vir my my hart en binnegoed word uitgeruk.., sonder genade. Sterkte julle twee, en moet nou weer so ‘n dom ding doen nie. Liefde,

Ook vies ·

Ek raak ook vies vir die kinders, laat weet ten minste iemand en sê jy is veilig, bel. Leer om te kommunikeer oor die waaroor jul ongelukkig is, as jy nie kan in die huis daaroor praat, gaan weg, maar los die boodskap op ‘n brief/whattsapp dat mense nie onnodig soek geld en tyd en stres mors nie

susan ·

So privaat haal dit dan af van sosiale media asb
En praat self met hulle nie dmv hierdie medium nie. Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.