Vermiste tieners steeds soek

Awian van Schalkwyk en  Kim Swarts.

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts.

Die twee tieners van Pretoria wat vermoedelik saam weggeloop het, word steeds vermis, en leidrade raak min.

Kim Swart (15) en Aiwan van Schalkwyk (17) word sedert 7 April vermis. Volgens Dessie Rechner, ‘n stigter en direkteur van Pink Ladies, werk dié organisasie nou saam met die polisie in ‘n poging om die twee op te spoor. Hoewel alle leidrade opgevolg word, raak inligting oor waar die twee hulle moontlik bevind, al minder.

Rechner het die publiek gevra om advertensies met inligting oor die twee tieners wat deur Pink Ladies versprei word, op sosiale media te versprei, met die hoop dat iemand hulle sal herken. Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor mense wat die twee se gesinne ondersteun.Pink Ladies is ‘n organisasie wat hulle toespits op die opspoor van vermiste persone.

Van Schalkwyk se ouers het hom laas gesien toe hy Sondag omstreeks 13:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Hy ry ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets. Hy het donkerbruin oë, swart hare en ʼn brandmerk op sy bors. Mense wat hom sien, kan die Lyttelton-polisie by 012 644 8600 skakel.

Swart het groenblou oë en lang, donkerblonde hare. Mense wat haar herken, kan die Pretoria Noord-polisiestasie by 012 353 5609 skakel.

Lees ook:
Ma se boodskap aan vermiste tieners
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ria Maritz ·

Dankie vir die inligting, ek het nogal gewonder of daar enige nuus is in verband met die twee kinders.

Mens kan net hoop en bid hulle is steeds in lewe en ongedeerd.

Jasper ·

Margate, Plettenbergbaai of Jefferiesbaai.
Ek hoop hulle word veilig gevind.

mari-lize centurion ·

Celtisridge shopping centre… En vanoggend op ruimte weg… Ek kan amper met versekerheid se dis die twee… Het polisie stasie gebel… Albei het rugsakke

Dries ·

Mari-lize,
Kontak my asb dringend. Ek is Awian se pa. Ons volg self alle leidrade op deur professionele hulp. Wil graag met jou gesels. O82 925 93O6.

anon ·

Ja ne hul stres hul ouers uit ek onthou as kind het my sus ok weg geloop was 3 dae weg glo by n pel toe my pa haar in di hande kry het sy n pakslae gekry wat ek gedink het dis n groot grap so sit ek en dink my dogter 12 as sy so iets moet doen dan trek ek self haar gat velle kom aan jul 2 gaan. Huis toe en tien teen een het iemand wat hul n dak oor hul koppe gee wat hul help

sylvia ·

ag toe nou julle 2 word nou groot asb jul ouers is rasend van bekommernis dink julle nie hulle het genoeg gestres en geworry nie. GAAN TERUG HUIS TOE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

yolandi ·

Shame, baie sterkte aan die ouers! My dogter 16 – het ook in desember weggeloop na haar vriend (17) se huis toe. Ek is nie verbaas dat Awian se pa self leidrade opvolg en nie ons SAPS nie..hulle is so “useless” en gebruik die wette as verskoning om hul werk te doen en die howe het my ook gefaal, selfs die departement van sosiale ontwikkeling (bleh) beteken niks!! Tot op hede, is my dogter by die mense – siende die seun se ouers(eienaar van ‘n bekende naskool en kleuterskool in Riviera) nou vir hulle albei blyplek gee en my verhouding met my dogter vernietig net oor ek nie die seun se emosionele manupilasie duld nie. Ek hoop jul kinders word gou gevind…Mag God julle regtig krag gee in die donker vallei!

Stephanie van Schalkwyk ·

Ek is Stephanie, ma van Awian… ons het nog geen nuus van Awian en Kim nie… dis vandag 19 dae al gewees… hou aan uitkyk vir hulle asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.