Vermiste tieners steeds soek

Awian van Schalkwyk en  Kim Swarts.

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts.

Die twee tieners van Pretoria wat vermoedelik saam weggeloop het, word steeds vermis, en leidrade raak min.

Kim Swart (15) en Aiwan van Schalkwyk (17) word sedert 7 April vermis. Volgens Dessie Rechner, ‘n stigter en direkteur van Pink Ladies, werk dié organisasie nou saam met die polisie in ‘n poging om die twee op te spoor. Hoewel alle leidrade opgevolg word, raak inligting oor waar die twee hulle moontlik bevind, al minder.

Rechner het die publiek gevra om advertensies met inligting oor die twee tieners wat deur Pink Ladies versprei word, op sosiale media te versprei, met die hoop dat iemand hulle sal herken. Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor mense wat die twee se gesinne ondersteun.Pink Ladies is ‘n organisasie wat hulle toespits op die opspoor van vermiste persone.

Van Schalkwyk se ouers het hom laas gesien toe hy Sondag omstreeks 13:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Hy ry ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets. Hy het donkerbruin oë, swart hare en ʼn brandmerk op sy bors. Mense wat hom sien, kan die Lyttelton-polisie by 012 644 8600 skakel.

Swart het groenblou oë en lang, donkerblonde hare. Mense wat haar herken, kan die Pretoria Noord-polisiestasie by 012 353 5609 skakel.

Lees ook:
Ma se boodskap aan vermiste tieners
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ria Maritz

Dankie vir die inligting, ek het nogal gewonder of daar enige nuus is in verband met die twee kinders.

Mens kan net hoop en bid hulle is steeds in lewe en ongedeerd.

Jasper

Margate, Plettenbergbaai of Jefferiesbaai.
Ek hoop hulle word veilig gevind.

mari-lize centurion

Celtisridge shopping centre… En vanoggend op ruimte weg… Ek kan amper met versekerheid se dis die twee… Het polisie stasie gebel… Albei het rugsakke

sylvia

ag toe nou julle 2 word nou groot asb jul ouers is rasend van bekommernis dink julle nie hulle het genoeg gestres en geworry nie. GAAN TERUG HUIS TOE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

yolandi

Shame, baie sterkte aan die ouers! My dogter 16 – het ook in desember weggeloop na haar vriend (17) se huis toe. Ek is nie verbaas dat Awian se pa self leidrade opvolg en nie ons SAPS nie..hulle is so “useless” en gebruik die wette as verskoning om hul werk te doen en die howe het my ook gefaal, selfs die departement van sosiale ontwikkeling (bleh) beteken niks!! Tot op hede, is my dogter by die mense – siende die seun se ouers(eienaar van ‘n bekende naskool en kleuterskool in Riviera) nou vir hulle albei blyplek gee en my verhouding… Lees meer »