Vermiste tieners: “Terug na die begin”

Kim Swart

Kim Swart

ʼn Private speurder het gesê hoewel die omstandighede rondom die twee tieners van Pretoria wat in April glo saam weggeloop het, as baie ongewoon voorkom, is daar tog tekens dat die twee lewe en hy versoek die publiek om steeds op die uitkyk te wees.

“Ons kan in die stadium nie sê wat ons alles weet nie. Wat ek wel kan sê is dat die twee se plan goed deurdink is,” het Andre Putter, die private speurder, Woensdag aan Maroela Media gesê. “Ons het Dinsdag inligting ontvang maar dit het ongelukkig op ʼn dooie punt uitgeloop, so ons is terug by die begin.”

Hy het gesê die twee tieners kan enige plek wees en mense moet die paartjie se foto’s so wyd as moontlik op sosiale media versprei met die hoop dat hulle opgespoor kan word.

Maroela Media het vroeër berig Kim Swarts (15) en Awian van Schalkwyk (17) word sedert 7 April vermis.

Awian van Schalkwyk

Awian van Schalkwyk

Volgens Putter het hy, die polisie, en die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom toespits daarop om vermiste persone op te spoor, aan die begin verskeie wenke ontvang oor waar die tieners hul mag bevind, maar al die leidrade het doodgeloop.

Van Schalkwyk se ouers het hom laas gesien toe hy op Sondag 7 April omstreeks 14:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Hy ry ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets met die registrasienommer VFV 299 GP. Hy was glo op pad om by Swarts in Amandasig te gaan kuier. Hy het donkerbruin oë, swart hare en ʼn brandmerk op sy bors.

Swart is ook op 7 April laas by haar huis in Amandasig gesien nadat Van Schalkwyk haar opgelaai het. Sy het glo ‘n swart valhelm met wit kolletjies daarop. Sy het groenblou oë en lang, donkerblonde hare.

Enigiemand wat die tieners herken of weet waar hulle hulself bevind word versoek om Putter dringend by 084 485 6448 te skakel, of die Pink Ladies by 072 214 7439.

Lees ook:
“Vermiste tieners laat geen spoor” – Privaatspeurder
Soektog duur voort na vermiste tieners
Nog steeds geen teken van vermiste tieners
Vermiste tieners steeds soek
Ma se boodskap aan vermiste tieners
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

Awian van Schalkwyk en  Kim Swarts.

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tess ·

Hoe is dit moontlik dat die twee kan oorleef sonder hulp? Besef hulle dan nie hul ouers se bekommernis, die hartseer wat hulle veroorsaak nie.

Marietjie ·

Hoe oorleef die kinders al vir so lank sonder hulle ouers se hulp? Mens kan nie net soos ‘n groot speld verdwyn nie en daar is tekens dat hulle lewe…

Dries ·

Hi Shannon. Ek is Awian se pa. Tog jammer dat jy ouers oordeel wat jy hoegenaamd nie ken nie. Ek kan jou verseker dat ons nie “verstard” is nie. Ons is lief vir ons kinders, ons huise is normaal en hulle verdwyning is vir ons self n raaisel.

Riana ·

Hello Dries, ons bid dat die kinders sommer spoedig gevind sal word, ek kan net dink dat julle plat geslaan is…. sterkte julle is in ons gebede!!

Kokerface ·

Jy is duidelik ‘n baie gemene en goddelose mens. Om in ‘n tyd soos dit so iets te sê. Wat as die kinder ontvoer is. Hoe moet die arme ouers voel. Hulle weet of hul kinders lewe of dood is nie. En jy sê: goed so. Laat hulle wonder. Die wiel draai, en jy gaan nog eendag daardie woorde sluk. Bitter, nare mens wat jy is.

MArlene ·

Hi Dries ek dink aan julle en ja Shannon miskien het jy ook groen koring op die land PASOP. Ek kyk gereeld in die eetplekke veral hier in KZN. Dries dis vreeslik want n mens weet nie watter gemors hulle dalk opgelaai het nie. Hier is siek mense in ons wereld. Maar ek kyk uit vir daai twee gesiggies

lereze ·

Hoe kan ons help om dit op facebook te kry meskien is da iemand wat dit kan sien met inligting laat weet my asb

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.