Vermiste tienerseun dood gevind

Phillip Volschenk. Foto: Facebook

ʼn Tienerseun van Brackenfell in die Wes-Kaap se liggaam is Dinsdagmiddag, ʼn dag nadat hy vermis geraak het, gevind.

Phillip Volschenk (16) is Maandag by die treinstasie in Boulevardweg in Brackenfell vir die laaste keer lewend gesien. Hy is kort daarna as vermis aangemeld. Sy liggaam is ʼn dag later langs die treinspoor in Stikland gevind.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek. Hy wou nie verdere besonderhede rondom Volschenk se dood bekendmaak nie.

Sean McCleland, voorsitter van die Brackenfell-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het aan Maroela Media bevestig die GPF het met die soektog na Volschenk gehelp. Hy het verdere navrae na die polisie verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jaco ·

Seker eers beroof en toe uitgegooi uit die trein omdat hy wit is. Wit mense moet onmiddellik uiters uiters versigtig raak, anders kom hier ‘n genocide amper so erg as met die Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hou ten minste ALTYD pepersproei byderhand.

Hannelie ·

Ag Vader wat gaan in hierdie siek land aan? Baie sterkte aan sy ouers.

liza ·

Hoeveel jongmense gaan ons nog tot ruste le, dis seker een van die seerste einas op die aarde en dit is om jou kind te verloor, my hart gaan uit na die ouers …… Sterkte ek dink aan julle en sal julle opdra in my gebede, dit is al wat mens kan doen is om op God te vertrou en Hy sal julle deur dit dra, sterkte…..
RUS IN VREDE PRAGTIGE PHILLIP…….

Liza ·

Ai dis so wreed om jou kind so te verloor…..dan vra ek hoeveel jongmense moet ons nog verloor. ‘n ouer behoort eerste te gaan en nie sy of haar kinders nie, sterkte aan die familie en vriende….
RUS IN VREDE PHILLIP

Mymoena Scholtz ·

My enige mee ge voel aan die familie, ons kinders se lewe is kosbaar en dit is hartseer dat hulle so gru saam dood gemaak word!! May His beautiful soul R.I.P Mense ons moet saam staan! dit is nie oor wit mense soos ek lees van die ander persoon, dit gaan oor ons kinders wat nie veilig is in die land!! Genoeg is Genoeg ons moet saam staan asseblief!! My hart is baie seer want wie se kind is volgende!! Ouers ons moet saam staan!!

Mymoena Scholtz ·

Dit is hartseer om te lees oor aal die moorde op ons kinders! Ons gebede gaan uit vir die familie.

Fwtjie ·

Ons kan fw bedank, en alma wat ja gestem het. Dit is julle skuld.

CHRISTA ·

Fwtjie, waar was jy voor 1994? Wil jy vir my sê jy het NOOIT van ‘n moord gehoor voor 1994 nie? Jy is seker van Mars!!!

Piet ·

Hi Christa my skrywes van die “ja” en “nee” stem was nog altyd delete so ek glo nie dit sal nou anders wees nie. Wat ek wel kan se is dat mens nie nooit van ‘n moord gehoor het voor 1994 nie, maar wel bitter selde. Gaan jy nou daaroor wil srty?

Ada ·

FW en sy meeloper Roelf is seker DIE grootste verraaiers wat S A nog ooit gehad het. Met daardie titel moet hulle die res van hulle lewens loop en steeds sal dit nie verby wees nie want dit sal verewig ook in die Geskiednis boeke opgeskryf staan. Hulle sal nooit van dit kan ontsnap nie.
Weet nie wat maak die twee nog in ons land nie – want dit is nie hulle land nie – hulle het dit verkoop – met ons bloed. Hulle moet vertrek – ons soek hulle nie hier nie.
Hulle is bagasie.

Averal Brink ·

I would like to ask anyone who is a mother,why make it about race!!!Do you know how many parents lose their kids to these types of crimes on a daily basis,race has nothing to do with evil ,do you think that before 1994 our kids were not murderer,but no spoke about it!!!We as a nation need to forget about race and stand together to protect our children and not be divided by race,my condolences to the family,its heartbreaking.

Anna ·

Ongelukkig weet niemand wat sou gebeur het as ons almal “nee” gestem het nie, maar my
gesonde verstand sê vir my als sou ook glad nie so goed gegaan het nie, hierdie gemors het
dalk net gouer plaasgevind!

Louwboepens ·

Ek het nerens in die berig gesien dat die seun vermoor is of uit `n trein gegooi of enigsins aangerand is nie.Of het ek dit net nie raakgesien nie.Die meeste kommentators op hierdie forum span altyd die kar voor die perde in!

Marius ·

Philip was een van my seun se vriende….my innige simpatie aan die familie….RIP

Wikus ·

Almal spring dadelik op die moord wa. Daar is nêrens in die berig enige sprake van moord nie, daar is baie ander goed wat kon gebeur het met die kind. Wat ook al gebeur het, dit is ‘n tragedie en dit help nie om dadelik net vinger te wys nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.