Vermiste toeris gevind

Die Cederberge. Foto: Google Earth

Die Cederberge. Foto: Google Earth

‘n Amerikaanse toeris wat Maandag in die Cederberge in die Wes-Kaap vermis geraak het, is Woensdagoggend gevind.

“Hy is sowat ‘n uur weg van waar hy Maandag laas gesien is opgespoor,” het Robert Daniels, woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, gesê.

Die man, wat Maandag as vermis aangegee is nadat hy nie na sy hotel teruggekeer het nie, is ongedeerd gevind.

Daniels het ‘n beroep op mense gedoen om nie alleen te gaan stap nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.