Vermiste UV-student gevind

Patrick Jumba Lukwago-Mugerwa. Foto: Facebook

Patrick Jumba Lukwago-Mugerwa. Foto: Facebook

’n 21-jarige student van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat Saterdag spoorloos verdwyn het, is Maandagoggend gevind.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Patrick Jumba Lukwago-Mugerwa (21) het Maandagoggend op die UV-kampus opgedaag. Hy is ʼn HK-lid van Huis Abraham Fischer (Vishuis).

Volgens Nkabi is dit in hierdie stadium onduidelik waar Lukwago-Mugerwa was en of hy bewus is dat die owerheid na hom gesoek het. Die ondersoekspan ondervra hom en meer inligting sal later bekendgemaak word.

Die UV het Sondag ʼn noodroep op die universiteit se Facebook-blad geplaas dat Lukwago-Mugerwa, ʼn derdejaarstudent in BCom (Bemarking), Saterdag omstreeks 05:00 die koshuis verlaat het en sedertdien vermis word. ʼn Beskrywing van die student is ingesluit en die publiek is gevra om die universiteit in kennis te stel indien iemand weet waar hy hom bevind.

Talle gebruikers het kommentaar gelewer en hul hoop uitgespreek dat Lukwago-Mugerwa veilig gevind sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louis ·

Nou wat het hulle laat besluit dat hy vermis word ?
Hy is Saterdag 5h00 uit die koshuis en Maandag is hy terug op die kampus !!
Vestaan regtig nie die bohaai nie !!

scalla ·

Hy het seker n verdwyn pil gedrink en terug gekeer toe dit uitgewerk is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.