Vermiste UV-student het ‘gaan stap’

Patrick Jumba Lukwago-Mugerwa. Foto: Facebook

Patrick Jumba Lukwago-Mugerwa. Foto: Facebook

Patrick Jumba Lukwago-Mugerwa, die 21-jarige student van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat Saterdag spoorloos verdwyn het en Maandagoggend gevind is, beweer hy het gaan stap.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Lukwago-Mugerwa is Maandag om 07:10 gevind terwyl hy op pad was klas toe. Hy het gesê hy het bloot gaan stap en dat hy nie geweet het daar word na hom gesoek nie.

Lukwago-Mugerwa, ʼn HK-lid van Huis Abraham Fischer (Vishuis) en ʼn derdejaarstudent in BCom (Bemarking), is Saterdag omstreeks 05:00 gesien toe hy die koshuis verlaat het. Hy het glo sy selfoon, skootrekenaar en ID in sy kamer gelos en sy kamermaat se toegangskaart gebruik om die koshuis te verlaat.

Die UV het Sondag ʼn noodroep op die universiteit se Facebook-blad geplaas dat hy vermis word en ʼn soektog is van stapel gestuur.

Nkabi het gesê volgens Lukwago-Mugerwa het hy per abuis sy kamermaat se toegangskaart geneem. Daar is geen verduideliking gegee waar die student vir meer as 48 uur was nie.

Die UV-bestuur het in ’n verklaring gesê hulle is dankbaar dat Lukwago-Mugerwa veilig is en het die polisie en die universiteit se veiligheidsdienste bedank vir hul soektog na die student.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

EMK ·

Vir 48 uur “gaan stap”? Uiters onverantwoordelike optrede. Kyk nou die ongerief en bekommernis wat hy veroorsaak het. Hy kort iets – sal liefs nie sê wat nie!

Sollie ·

Ja nee kyk, die gesegde so toe soos ‘n “dinky toy” se “exhaust” kom by my op! Net gaan stap…sugggggg

Peet Schabort ·

Daar is mos ‘n liedjie geskryf van die ou in die langpad?

Sollie ·

Peet, haha ja! Die ou (ta) in die langpad… oeps, die gaan nie deurgaan nie.

Gerhard ·

Het Jonathan enige wit seuns blameer en geskors, of het hy hom hierde keer ingehou?

Peet Schabort ·

Gerhard, ek dink hy het maar liewer sy woorde gesluk voor die walvis hom wéér sluk.
Dit was mos Jona(than) of is ek alweer verdwaal?
Nou skielik gaan daar ook ‘n lig by my op en verstaan ek die naamsverandering van “Vishuis” na “Abraham Fischer”. Want sien dat “Vishuis=vis=walvis” en “Fischer= visserman=Jona(than)”.
Nou egter is dit dat die walvis vir Jona(than) gevang het.
Met Afrikaans in die gedrang by UV dink ek aan die idioom “Slim (walvis) het sy baas (Jona) gevang”.
Lees mooi dat dit “Baas Jona” is en NIE “Baas Jona(than) anders raak ook ek weg.
Ek mag nie spekuleer dan word ek gemodereer maar ek mag seker bespiegel of wonder wat gaan gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.