Vermiste vierjarige gevind ná wegkruipertjie

Gareth Pahl (paramedikus), die dogtertjie se pa, dr. Wells en Cilliers Naude (paramedikus) Foto: Netcare 911

Gareth Pahl (paramedikus), die dogtertjie se pa, dr. Wells en Cilliers Naude (paramedikus) Foto: Netcare 911

ʼn Vierjarige meisie is veilig gevind nadat sy tydens ʼn wegkruipertjie-speletjie in haar ouerhuis in Garsfontein, Pretoria, verdwyn het.

“Die meisie het Maandagmiddag verdwyn en sy was ʼn paar uur lank soek tot Cilliers Naude, ʼn paramedikus, haar onder ʼn tafel in haar ouers se huis gevind het,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die meisie speel gewoonlik wegkruipertjie saam met haar pa, dr. Wells, wanneer hy van die werk af terugkeer, maar sy het die keer só goed weggekruip, dat niemand haar kon vind nie. Haar ouers het aanvanklik gedink sy is ontvoer, en het alarm gemaak.

Meer as 50 persone, insluitend polisiebeamptes, veiligheidspersoneel en plaaslike inwoners het twee ure lank na die jong meisie gesoek.

“Eers toe die tafeldoek beweeg, het Naude ondersoek ingestel na wat moontlik onder die tafel kan wees. Hy het ʼn paar stoele weggeskuif en haar gevind,” het Mathe bygevoeg.

Naude en sy kollega, Gareth Pahl, het die kind ondersoek en bevestig sy is ongedeerd. Haar ma is vir skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Santjie ·

Ai jinne, sy het seker aan die slaap geraak. Ek het ‘n vierjarige, dol daaroor om weg te kruip maar kon dit nog nooit langer as ‘n paar minute reg kry nie. Bly sy is veilig.

Ilse ·

Genade wil jy nou meer! My dogtertjie dit in klere winkel met my gedoen maar sy is geraps toe ek haar kry.

A ·

Ilse, selfde gedoen toe myne wegkruip in die klere winkel. Mense het my skeef gekyk, maar hulle het geen idee waaraan ‘n ouer dink wanneer jou kind weg is nie.

Andre ·

Dis verskriklik oulik eintlik, maar ek haal my hoed af vir die ouers. Duidelik is daar ‘n baie goeie familie band. Kan net dink ek sal net so groot skrik as dit my dogtertjie was…

Dina ·

My kind en niggie en Neef het wegkruipertjie gespeel en Neef maak nie n geluid as hy wegkruip nie. Ander 2 het al lankal opgehou speel toe kruip hy nog weg. Toe daar gevra word waar hy is se die 2 hulle het gesien n kar laai hom op. Nodeloos om te se ons was van ons trollies af het op en af gejaag en gesoek ,gelukkig n baie Klein dorpie en almal ken mekaar . Weer deur die huis begin soek en hom agter n bank gekry . Toe daar gevra is hoekom antwoord hy ons nie nie , is die antwoord in trane maar ouma hulle het my nog nie geblok nie.

Piet Pompies ·

Bravo vir ouers wat hul kinders se belange eerste stel…

Willem ·

Tenspyte van die trauma is dit goed om tesien dat kinders nog kan speel soos ons in ons kinner dae gespeel het

n ·

ek het dit probeer to ek nog klein was, 12 jaar oud. op die plaas, het ek vir my ma weggekruip. toe ek twee ure later by die huis kom, het ek ‘n pak slae gekry wat ek nooit sou vergeet nie.

m ·

Ons leef in so siek samelewing jy skrik jy panic onmiddelik as jy nie jou kind gou genoeg kry nie.

ai ·

My dogtertjie het ook een aand so in die kas aan die slaap geraak… Ek wou van my kop af raak

Anoniem ·

Die meisietjie is ‘n meester in die spel van wegkruipertjie!

Karma ·

Kyk hier, was dié klein merrie myne het ek haar eers papgedruk en opgesoen van verligting om haar te kry en dán haar boude vuurwarm gewiks! So ‘n klein boggher!!!!!! 50 Mense het na haar gesoek – insluitende polisiebeamptes, gemeenskapslede en paramedici. Dink nou net: dalk was daar ander nood-insidente en hier is dié mense almal op soek na die kind …..

HOORIE ·

Nee , ek sou haar gat geslaan het , sy moes tog hoor hoe hulle roep en soek…sy is mos nie doof nie…….
maar nou ja sy is veilig glo nie hulle gaan vining weer wegkruipertjie in daai huis speel nie…

charlene ·

So bietjie goeie nuus op die nugter maag is altyd lekker. Ek is so bly sy is veilig gevind, die verskriklikste goed gaan deur mense se kop as jy kind weg is en nog meer as jou dogtertjie weg is. Net dankbaar sy was nie eintlik weg nie maar net baie goed in wegkruipertjie.

Johann Marx ·

Ek het verlede jaar ‘n gebou gekoop en in ‘n ingeboude kas ‘n geraamte ontdek. Na baie navorsing en ondersoek blyk dit te wees dat hy in 1958 die Olimpiese Wegkruipertjie kampioen was!!

Boesman ·

50 Mense se tyd gemors vir ‘n paar ure!!!!……………….hoe de hel kyk jy nie onder tafels en beddens voor jy die hele wêreld opkommandeer om te help soek nie !!

Haar agterent kort ‘n goeie pakslae !!

Angelique ·

Ai jong, dis vir ‘n ouer vreeslik erg, die werld daar buite is so gevaarlik… Shame, kan my indink wat die ouers duer gegaan het. My kinders speel ook nog wegkruiperkie, maar ek “cheat”, ons pitbull doen die soek werk, sy steek net haar neusie in die lug en daar gaan ons opsoek na kinders en kry hulle altyd vinnig. Ons pit mooi geleer saam speel, eindelik baie oulik…

Johan ·

Wats groen en sit in die kas? Antw: 1923 se wegkruipertjie-kampejoen

Ouma ·

Ons kleinkind van 17 maande speel net so wegkruipertjie. So klein wat hy is bly hy tjoepstil en roer nie. Ons kan roep en roep. So dis moontlik dat so iets kan gebeur. 50 mense se soek is niks in vergelyking met n kind se veiligheid nie. Ten minste is daar alarm gemaak.

Ben ·

Mors van tyd, geld en mannekrag. Twee paramedici ondersoek die kind. Pa is ‘n geleerde. Vind die misbruik van polisie, paramedici, bure en ander mense vreemd!

Marinda ·

My dogter (toe 5jr) oud het jare gelede tussen neus en ore verdwyn toe ons ‘n oplugkonsert van André Schwarts bygewoon het. Ons het dood van angs, dadelik begin soek tussen die groot skare mense wat daar was. Maar dit was soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek. Na ure se gesoek en gesmeek met die man by die mikrofoon, het hy my uiteindelik toegelaat om haar te roep oor die mikrofoon en te verduidelik sy moet na die groot tent met die baie liggies toe gaan. Ons het haar toe daar gekry saam met baie ander verlore kinderstjies! As gevolg van hierdie nagmerrie, kon ek vir lank nie na André luister nie! Dit was vir my ‘n vreeslike ondervinding. Vandag is dit soveel erger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.