Vermiste vierjarige gevind ná wegkruipertjie

Gareth Pahl (paramedikus), die dogtertjie se pa, dr. Wells en Cilliers Naude (paramedikus) Foto: Netcare 911

Gareth Pahl (paramedikus), die dogtertjie se pa, dr. Wells en Cilliers Naude (paramedikus) Foto: Netcare 911

ʼn Vierjarige meisie is veilig gevind nadat sy tydens ʼn wegkruipertjie-speletjie in haar ouerhuis in Garsfontein, Pretoria, verdwyn het.

“Die meisie het Maandagmiddag verdwyn en sy was ʼn paar uur lank soek tot Cilliers Naude, ʼn paramedikus, haar onder ʼn tafel in haar ouers se huis gevind het,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die meisie speel gewoonlik wegkruipertjie saam met haar pa, dr. Wells, wanneer hy van die werk af terugkeer, maar sy het die keer só goed weggekruip, dat niemand haar kon vind nie. Haar ouers het aanvanklik gedink sy is ontvoer, en het alarm gemaak.

Meer as 50 persone, insluitend polisiebeamptes, veiligheidspersoneel en plaaslike inwoners het twee ure lank na die jong meisie gesoek.

“Eers toe die tafeldoek beweeg, het Naude ondersoek ingestel na wat moontlik onder die tafel kan wees. Hy het ʼn paar stoele weggeskuif en haar gevind,” het Mathe bygevoeg.

Naude en sy kollega, Gareth Pahl, het die kind ondersoek en bevestig sy is ongedeerd. Haar ma is vir skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Santjie

Ai jinne, sy het seker aan die slaap geraak. Ek het ‘n vierjarige, dol daaroor om weg te kruip maar kon dit nog nooit langer as ‘n paar minute reg kry nie. Bly sy is veilig.

Ilse

Genade wil jy nou meer! My dogtertjie dit in klere winkel met my gedoen maar sy is geraps toe ek haar kry.

Andre

Dis verskriklik oulik eintlik, maar ek haal my hoed af vir die ouers. Duidelik is daar ‘n baie goeie familie band. Kan net dink ek sal net so groot skrik as dit my dogtertjie was…

Dina

My kind en niggie en Neef het wegkruipertjie gespeel en Neef maak nie n geluid as hy wegkruip nie. Ander 2 het al lankal opgehou speel toe kruip hy nog weg. Toe daar gevra word waar hy is se die 2 hulle het gesien n kar laai hom op. Nodeloos om te se ons was van ons trollies af het op en af gejaag en gesoek ,gelukkig n baie Klein dorpie en almal ken mekaar . Weer deur die huis begin soek en hom agter n bank gekry . Toe daar gevra is hoekom antwoord hy ons nie nie ,… Lees meer »

Piet Pompies

Bravo vir ouers wat hul kinders se belange eerste stel…