Vermiste visserman se liggaam gevind

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Die liggaam van ʼn 84-jarige visserman het Sondagoggend op die strand by Lambertsbaai in die Wes-Kaap uitgespoel.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die man was sedert Vrydag vermis nadat die boot waarop hy was omgeslaan het.

Lambinon sê twee ander mans wat saam met hom op die boot was, is deur ʼn ander vissersboot uit die water gered. “Hulle is na ʼn hospitaal geneem waar hulle vir ligte hipotermie behandel is,” het Lambinon gesê.

“Daar word vermoed dat die oorledene nie ʼn reddingsbaadjie aangehad het nie.” Lambinon het sy meegevoel met die oorledene se familie betuig. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.