Vermiste vissermanne veilig opgespoor

Foto: lambertsbayaccommodation.co.za

Foto: lambertsbayaccommodation.co.za via NSRI

Drie vissermanne van Lambertsbaai wat Donderdag verdwyn het, is Vrydagmiddag veilig opgespoor.

“Willem Oemeus, Vincent Latolla en ene Chris van Lambertsbaai is veilig aangetref naby Doringbaai,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Die NSRI Mykonos-vrywilligerspan is Donderdag om 18:20 ontbied na ʼn berig van vissermanne op ʼn oop vissersboot wat se enjin onklaar geraak het. “Die span het regdeur die nag gesoek, maar daar was geen teken van die mans nie,” het Lambinon gesê. “Die span van NSRI Melkbosstrand en ʼn vastevlerkvliegtuig van die Rooikruis het Vrydag ook by die soektog aangesluit.”

Hulle is Vrydag omstreeks 16:30 opgespoor, besig om te roei na Doringbaai. “Hulle is nie beseer nie en is met hul families herenig,” het Lambinon bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.