Vermiste vliegtuig moontlik neergestort

Die Cessna 550 Citation II het Donderdag by die George-lughawe opgestyg en minute later van die radar verdwyn. Daar is drie mense aan boord. (Foto: Burgerlugvaartowerheid)

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het bevestig dat ’n vliegtuig Donderdagoggend verdwyn het minute nadat dit by die George-lughawe opgestyg het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die polisie het net voor 14:00 inligting ontvang van moontlike wrakstukke wat in die omgewing van Mosselbaai en Grootbrak gevind is. “Die owerhede is op die toneel, maar dit is al inligting wat ons in dié stadium het,” sê Pojie.

Luidens ’n verklaring het die vliegtuig teen 10:40 met twee mans en ’n vrou aan boord opgestyg om navigasiehulpmiddels na te gaan. Dié vliegtuig, ʼn Cessna 550 Citation II, word vir lugvaartinspeksies gebruik.

Kabelo Ledwaba, BLO-woordvoerder, sê die owerheid het tien minute nadat die vliegtuig opgestyg het kontak met die vliegtuig verloor.

’n Soektog na die vliegtuig is kort daarna van stapel gestuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hb ·

Ook maar n onsensitiewe aanmerking op hiri stadium. RIP . Sterkte aan die oorlenes se families. Ek het vandag rondgebel om te uit te vind of my vriend daarop was maar hy was nie. Hoop jy slaap lekker vanaand L

Jessica ·

Reminds me year’s ago a family member of mine was in the plane called the Helderberg shortly after take off it also just vanished crashed into the sea in Mauritius 1987 killing all 159 passengers, never find no one ever again or the plane, very sad that was my uncle in this plane

tikkel tokkel ·

Jessica, die Boeing 747 Combi is inderdaad gevind en was na aan SY eindbestemming. My very best friend, also a pilot was the son of Captain Dawie Uys who was the pilot in command of this Boeing 747. Mysterious circumstances to this day. The wreck was recovered and is still in Hanger 17 at OR Tambo. No one will ever tell the truth about this…previous also corrupt government..read the Margo report that you can google and get some background

ASSEBLIEF ·

Ou Tikkel Tokkel jy klink soos ‘n REGTE Bloemfonteiner…inderdaad

Linda ·

Gert….dis nie vir my nodig om voorbeelde te gee nie, kyk na ons land, kyk na die nuus en kyk na ons ekonomie asb !!! Dis hoogtyd vir n nuwe, beter party om in bewind te kom. Ons land se mense huil en ween !!!

Cobus ·

Ek wonder maar net waarom drie mense met n Citation 11 rondgevlieg word en wat dit die belastingbetaler kos?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.