Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd

malaysia airlinesSoekspanne is in ʼn stryd teen tyd gewikkel om die vlugopnemers van die vermiste Malysia Airlines vliegtuig te vind, presies vier weke nadat die vliegtuig verdwyn het.

Soekspanne van verskeie lande is steeds hoopvol dat die vlugopnemers gevind kan word voor hulle batterye pap raak en daar nie langer ʼn sein uitgestuur word nie. Bakens in die vlugopnemers stuur seine uit sodat dit makliker gevind kan word maar die batterye hou net sowat ʼn maand. Die vliegtuig met 239 mense aan boord het op 8 Maart spoorloos verdwyn.

Die area van die soektog is ʼn 217 000 vierkante kilometer-sone in die suidelike Indiese Oseaan sowat 1 700 km noordwes van Perth, Australië. Nagenoeg 13 millitêre vliegtuie en sowat 11 skepe is by die soektog betrokke. Twee van die skepe is met gevorderde tegnologie toegerus om die seine wat van die vlugopnemers gestuur word op te tel. Die toerusting kan seine so diep as 6 100 meter op tel. Dit kan egter net gebeur indien die skepe naby genoeg aan die vlugopnemers kom en word verder bemoeilik deur die feit dat die toerusting teen een tot vyf knoop deur die water getrek moet word om die seine op te tel.

Ondersoekers hoop dat die vlugopnemers lig sal werp oor hoekom vlug MH370 van sy vlugroete van Kulala Lumpur na Beijing, afgewyk het

Lees ook:
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.