Vermiste vrou (71) se liggaam uit see gehaal

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 71-jarige vrou van Shelly Beach in KwaZulu-Natal is Woensdagoggend deur bemanningslede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) uit die see gehaal.

Jeremiah Jackson, NSRI-stasiebevelvoerder in dié kusdorp, sê die vrou se familie het die NSRI glo vroeër Woensdagoggend genader nadat sy nie teruggekeer het huis toe ná sy langs die see gaan stap het nie.

Verskeie ondersoekspanne, onder andere lewensredders en ʼn soek-en-reddingspan van die polisie, is ontbied om die Shelly Beach-gebied te fynkam.

Volgens Jackson het ʼn NSRI-leerlinglid, wat vis gevang het in Umtentweni, ʼn liggaam sowat 70 m ver van die kuslyn and in die see sien dryf. Die man het glo in die water gespring en die liggaam na die strand gebring. Die liggaam is as dié van die vermiste vrou geïdentifiseer.

Jackson sê paramedici wat na die toneel ontbied is voor die man uitgeswem het om die vrou se liggaam na die strand te bring, het die vrou op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die NSRI het sy medelye met die familie van die oorledene betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Snaaks ·

Dis vir my so benede lagwekkend dat daar met elke hofsaak (Henri Van Breda byvoorbeeld) allerhande kommentaar gelewer word. Wanneer daar nuus is, dat daar ‘n bejaarde vrou se lyk gevind word, wie se geliefdes rasend van bekommernis is, nie ‘n enkele woord nie. Slegs sensaie kry aandag. Wat van die lid wat onmiddelik ingespring het om haar te red? Of ten minste ‘n poging aan te wend? Ek salueer u! Baie dankie dat u “closure” aan hierdie tragedie kon verskaf.

Theresa ·

Innige simpatie aan die familie en vriende van die senior dame. Stem saam met “Snaaks” – ons bewonder nog mense wat so heldhaftig optree! Publiseer gerus sy naam – hy is ‘n held.

madels ·

Sterkte met die familie, dit moet erg wees om te dink jou ouma of ma gaan stap net om later gekontak te word en te se sy is oolede.. dis verskriklik!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.