Vermiste vrou bewusteloos op voetpad gevind

Kathleen Flanagan.

ʼn 34-jarige vrou van Port Elizabeth wat Dinsdag verdwyn het, is lewend maar in ʼn kritieke toestand gevind.

Kathleen Flanagan het Dinsdag spoorloos verdwyn nadat sy haar werkplek verlaat het. Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het ʼn vrywillige soekgeselskap Flanagan op ʼn voetpad op ʼn staproete in die Baakensvallei gevind.

“Sy is lewend gevind, maar is in ʼn kritieke toestand. Sy was bewusteloos toe sy gevind is en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.” Geen verdere besonderhede is in dié stadium bekend nie.

Flanagan het haar werkplek in Newtonpark Dinsdag tussen 14:00 en 15:00 verlaat. Sy is toe glo na haar woonstel in Walmer waar sy ander klere aangetrek het en toe weer daar weg is.

Flanagan het glo vir haar broer gesê om haar nie die volgende dag by die werk op te laai nie. Sy het haar selfoon tuis gelos. Flanagan het net sowat 10% sig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.