Vermiste vrou dalk vir moetie vermoor

Alta Maree

Die polisie in Mpumalanga vermoed die menslike oorskot wat in ʼn veld buite Clewer naby Witbank gevind is, is dié van ʼn vrou wat sedert Februarie vermis word.

Alta Maree (64) is op 25 Februarie die laaste keer gesien. Volgens Dina Hennings, een van Maree se susters, het ʼn buurman onraad by Maree se huis in Clewer vermoed toe sy nie meer daar opgemerk is nie.

“Die huis is geplunder. Alles is deurmekaar. Hulle het matte uitgeruk. Ek weet nie waarna hulle gesoek het nie,” het Hennings aan Maroela Media gese. Daar blyk nie gedwonge toegang tot die huis te wees nie wat Hennings laat vermoed dat haar suster dalk die deur vir iemand oopgemaak het.

Volgens Hennings is die oorskot sowat 15 km van haar suster se huis af gevind. “Dit was ʼn brutale moord. Ons wag nou op die uitslae van DNS-toetse en kan [tot dan] eintlik niks doen nie. Die liggaam is onherkenbaar uitmekaargesny.”

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het bevestig liggaamsdele is op 13 Maart in ʼn veld langs die R555 buite Clewer gevind. Hoewel verskeie liggaamsdele vermis word, is die oorskot wat gevind is volgens Hlathi vir DNS-toetse gestuur om die oorledene se identiteit te bevestig.

Drie verdagtes is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is egter Vrydag in aanhouding dood. Volgens Hlathi het die verdagte in die aanhoudingselle inmekaargesak. Hy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van sy dood te bepaal. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is van die voorval in kennis gestel en stel ondersoek in.

Die ander twee verdagtes het reeds vlugtig in die hof verskyn en sal na verwagting Dinsdag weer verskyn. Volgens Hlathi is een van die verdagtes glo ʼn sangoma en word daar vermoed die oorledene is vir moetie vermoor.

Nicolene Maree, Alta se ander suster, sê daar is tans baie bespiegeling, maar dat hulle eintlik nog in die duister is. “Ons het nog geen bewyse dat dit werklik my suster is nie. Maar geen mens verdien om op só ʼn manier dood te gaan nie. Ek kan nie dink dat iemand so wreed en barbaars kan wees nie.”

Maree is egter vol lof vir die polisiebeamptes wat haar suster se verdwyning ondersoek. “Hulle slaap nie en breek hulle rûe om ons te probeer help.” Maree meen egter dit is onaanvaarbaar dat so iets enigsins gebeur. “Wie gaan keer dat dit met nog ʼn familie gebeur? Dit is goed wat nie moet gebeur nie. Wat gaan hulle doen?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MAGGIE ·

Baie sterkte aan die familie. Dit is vreeslik om iemand onder sulke omstandighede te verloor. Eintlik weet ek nie wat om te se nie?? Hoop dat dit nie sy is nie en dat sy wel gevind sal word of hoop dat DNS sal bewys dit is sy sodat julle afsluiting kan kry? Ek dink beide gevalle is ewe erg vir die wat agter bly want ‘n mens wil tog weet wat gbeur het.

Baie sterkte!!

sussie ·

Maar gelukkig is daar NIKS om voor te vrees as jy WIT is in SA Nie, en daarom het die AUSSIE regering ‘n u draai gemaak en gese hulle wil asb NIE die wittes bevoordeel of help nie .. EK IS SO JAMMER oor julle verlies .. ons gee om alhoewel die regering en al die grootbek oorsese lande wat al die jare teen apartheid geskreeu het NIE ‘n DUIT OMGEE Nie . mag julle berustig in God vind.

Thelma Willemse ·

Baie sterkte aan familie. Vroeer jare was sy n springbok in spiesgooi en glo hulle kan haar vereer daarvoor.

Lee ·

Ai dis verskriklik. Baie baie sterkte aan die familie in hierdie moeilike hartseer tyd. xx

Deklerki ·

Deklerk en die naiewes het mos belowe ons sal veilig wees, dat daar nie barbaarse dinge sal gebeur soos die, volksm00rd en eiendomgryp nie

Piet ·

Op Carte Blanche is die storie gedek van drie mense wat n man, wat gaan draf het, se bene wou afsny. Waarom dink mense word so iets gedoen? Elke maal wat ek dit noem word my insette nie geplaas nie, ek dink wel dat dit belangrik is dat die lesers sien wat aangaan. Hierdie misdaad (om ledemate af te sny) ruk nou hande uit in Zimbabwe. God alleen kan jou beskerm teen hierdie duiwelse praktykek, as jy Sy Naam aanroep. Dit sal egter baie help om die probleem te beveg as die media dit noem by die naam en behoorlik daaroor berig.

Piet ·

Hoe is dit moontlik dat sangomas wat menslike oorskot verlang vir muti (en dit dan ook kry) nie deur die owerhede uitgesnuffel en aangekeer word nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.