Vermiste vrou dood aangetref

Karabo Mokoena (Foto: ANA)

ʼn 22-jarige vrou wat op 28 April as vermis aangemeld is, se liggaam is Donderdag in ʼn vlak graf oos van Johannesburg gevind.

Die vrou, intussen geïdentifiseer as Karabo Mokoena, is vermoedelik deur haar kêrel vermoor.

Volgens Mokoena se familie het haar ekskêrel intussen skuld aan die moord beken, voor hy die familie na die toneel gevat het waar hy haar wou begrawe.

Mokoena se liggaam was verkool.

Haar oom, Thapelo, het aan EWN gesê die familie is erg getraumatiseer deur die dood van hul “lieflingdogter”. “Ons is ʼn baie naby familie. Dit is vir ons veral baie erg, omdat haar liggaam onherkenbaar verbrand is.”

Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê ʼn man is tans in aanhouding in verband met dié moord.

ʼn Foto van die 22-jarige is vroeër wyd op sosiale media versprei in die hoop dat sy dalk ongedeerd opgespoor mag word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kaspert ·

Hierdie misdaad MOET STOP. Ons moet die regering dwing met belasting om misdadigers hard vas te vat nou!

Will i am ·

Ek wil net weet of die gemeenskap nou die selfde gaan doen in die kêrel se omgewing as in Coligny

al ·

Is ñ goeie vraag. Ons moet die Noordwes Premier Supra Something vra of hy ook so gaan opstaan en praat voor 1000 begrafnisgangers oor hierdie jong meisie se dood.

snoefie ·

ai kaspert. jy moet asb seminaars hou om Suid Afrikaners op te voed oor hoe ons as salaristrekkers kan weg kom sonder om belasting te betaal. oor hoe ons by woollies kan koop sonder om BTW te betaal. oor hoe ons petrol kan gooi en nie belasting betaal nie.

al ·

Hierdie is weereens ñ tragiese verhaal soos die Pienaar meisie van Paarl wie boonop swanger was en deur haar kêrel vermoor. Ñ Jong meisie is van haar toekoms ontneem. Haar familie is in rou.
My hart breek vir al die families.
Ek hoop in albei gevalle kry die moordenaars die swaarste strawwe.

Scalla ·

Premier Mamparra moet sy toespraak reg kry vir die begrafnis. Wonder wie gaan blameer word en watter drankwinkel gaan geteiken word.

Blits ·

Supra sal nie daar op die begrafnis wees nie omdat sy nie deur n wit man vermoor is nie maar deur n swart man

Susan ·

Wanneer Gaan die regeteing meer daadwerklik optree teen hierdie gemors. Ek word nie fisiek mishandel nie maar Ek en my kinders Gaan daagliks deur emosionele mishandling en uitbuiting. En as jy iets sê Dan lieg jy of neem jy my kwalik…. moeg vir mishandling….

al ·

Susan – daar moet tog ondersteuningstelsels wees waartoe jy en jou gesin kan draai?
Soms kry jy gewetenlose mans wie Mnr. Perfek in die openbaar is, maar Mnr. Monster by die huis.

Jou keuse ·

Eers moet jy besef dis ‘n keuse om te bly of te gly. Tweedens is dit oukei dat jy dit vir jouself kies, maar jou arme kinders is onskuldig. Hoe lank gaan jy hulle nog deur soveel hel sit, tot hulle onherstelbare skade opgedoen het?

Help ·

Susan, ek wens ek was naby jou, ek sou jou beslis help, ek het n paar bemagtigingstrategiee, want dit is waar n stap in die regte rigting begin en dan die uitskuif, jy moet regtig uitkyk vir iemand wat kan help, jy kan enige iets doen as jy wil en glo. Moenie verder toelaat dat hierdie monster jul lewens wegneem nie.

Astounded ·

She was absolutely BEAUTIFUL. Such a pity that a lovely young life is wasted. I feel so sorry for her family.

Cherokee ·

That’s what I immediately thought. Not that beauty really makes a difference, but she is remarkably beautiful.
But then she trusted a monster. And he devoured her.

Ken2 ·

It is no more sad than the killing of any other South African.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.