ʼn 22-jarige vrou wat op 28 April as vermis aangemeld is, se liggaam is Donderdag in ʼn vlak graf oos van Johannesburg gevind.
Die vrou, intussen geïdentifiseer as Karabo Mokoena, is vermoedelik deur haar kêrel vermoor.
Volgens Mokoena se familie het haar ekskêrel intussen skuld aan die moord beken, voor hy die familie na die toneel gevat het waar hy haar wou begrawe.
Mokoena se liggaam was verkool.
Haar oom, Thapelo, het aan EWN gesê die familie is erg getraumatiseer deur die dood van hul “lieflingdogter”. “Ons is ʼn baie naby familie. Dit is vir ons veral baie erg, omdat haar liggaam onherkenbaar verbrand is.”
Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê ʼn man is tans in aanhouding in verband met dié moord.
ʼn Foto van die 22-jarige is vroeër wyd op sosiale media versprei in die hoop dat sy dalk ongedeerd opgespoor mag word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Hierdie misdaad MOET STOP. Ons moet die regering dwing met belasting om misdadigers hard vas te vat nou!
Ek wil net weet of die gemeenskap nou die selfde gaan doen in die kêrel se omgewing as in Coligny
ai kaspert. jy moet asb seminaars hou om Suid Afrikaners op te voed oor hoe ons as salaristrekkers kan weg kom sonder om belasting te betaal. oor hoe ons by woollies kan koop sonder om BTW te betaal. oor hoe ons petrol kan gooi en nie belasting betaal nie.
Hierdie is weereens ñ tragiese verhaal soos die Pienaar meisie van Paarl wie boonop swanger was en deur haar kêrel vermoor. Ñ Jong meisie is van haar toekoms ontneem. Haar familie is in rou.
My hart breek vir al die families.
Ek hoop in albei gevalle kry die moordenaars die swaarste strawwe.
Premier Mamparra moet sy toespraak reg kry vir die begrafnis. Wonder wie gaan blameer word en watter drankwinkel gaan geteiken word.