Vermiste vrou dood aangetref

Ella Sophia Potgieter. Foto: Verskaf

Die liggaam van Ella Sophia Potgieter (43) is Dinsdag in Port Shepstone in KwaZulu-Natal opgespoor nadat sy op 13 November verdwyn het.

Volgens maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, is haar naakte en ontbinde liggaam omstreeks 15:00 in die bosse langs die Southport-strand opgespoor.

Potgieter is verlede Donderdag deur haar man as vermis aangemeld nadat sy nie vir ʼn afspraak opgedaag het nie. Hulle sou mekaar by die strand ontmoet het.

Die polisie het tydens hul ondersoek bepaal dat sy op die dag wat sy verdwyn het, saam met ʼn 23-jarige man saam op die strand gestap het.

Die man is kort daarna in hegtenis geneem op ʼn aanklag van poging tot moord in verband met ʼn voorval op 24 Oktober waartydens hy glo iemand tydens ʼn rusie by ʼn kroeg met ʼn skerp voorwerp gesteek het.

Die verdagte is Dinsdag oor Potgieter se verdwyning ondervra, waarna hy die polisie na die gebied geneem het waar haar liggaam opgespoor is.

Hy het ook gewys waar haar klere en ander items in die sand begrawe is.

ʼn Nadoodse ondersoek het bevestig sy is verwurg. Sy is vermoedelik ook verkrag voordat sy vermoor is.

Die man staan nou ook tereg op aanklagte van moord en verkragting, en gaan na verwagting Donderdag in die Port Shepstone-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Wanneer begin ons saamstaan en weier om taxes te betaal sodat iets gedoen word om ons mense te red? Ek is seker naief maar iets wil vir my se dat dit nie gaan eindig voor God intree nie.

Dave ·

Jy is een van daardie ‘slimmes’ wat voorstel dat opgehou word om ‘taxes’ te betaal maar die oomblik wanneer julle ingelig word dat die hoofstroom ‘taxes’ deur werknemers betaal word van wie die ‘taxes’ afgetrek word eer hulle hul loon ontvang, dan raak julle tjoepstil. Wanneer julle gevra word om te verduidelik hoe hulle te werk moet gaan om te voorkom dat ‘taxes’ van hul salarisse afgetrek word, dan hoor mens nie meer van julle. Toe…. verduidelik nou waarom jý wag op iemand anders om die voortou te neem en waarom jy nie die leisels neem en rigting aangee.

Dave ·

PJ in slegs twee sinne weerspreek jy jouself! Jy sê dat die boikot van ‘taxes’ die oplossing sal wees en in jou volgende sin stel jy dat dat slegs God se intrede dit kan regstel.

Sollie ·

Manne, laat ons nou nie baklei nie, feit is die arme vrou is vermoor en dit op ‘n baie grusame wyse. Hopelik sit hierdie vark BAIE lank.

Elizabeth ·

Wat is aan die gang met PJ en Dave – goeie genade die berig is oor ‘n vermoorde vrou! Stem saam met Sollie!

Hendrik ·

Een manier: Vat een dag onbetaalde verlof, gaan steeds werk toe. Dink net wat die belasting impak sal wees?

Dave ·

Die dag onbetaalde verlof gaan ‘cut your nose to spite your face’ wees want dit gaan die boikotter meer kos as vir die belastinggaarder. Verhoudingsgewyse gaan dit die belastingbetaler R1000 kos en Jan Taks se verlies gaan R250 wees.

Dave ·

PJ het (ook) gesê dat dit sal help om die ‘taxes’ te boikot.

Paula ·

Hou op baklei oor nonsens. Elsie is wreed geneem en haar arme twee kinders en man moet hiermee saamleef! Robert en Bianca, mag julle berusting vind. Ek is so jammer oor julle groot verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.