Vermiste vrou in Parys gevind

Rita Hawkins (Foto: SAPD)

ʼn 53-jarige vrou wat in Parys in die Vrystaat as vermis aangemeld is, is Saterdagoggend gevind.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het bevestig Rita Hawkins is omstreeks 08:00 deur ʼn verbyganger naby die Vaalrivier in Parys opgemerk. “Sy is na ʼn sentrum geneem vir mediese behandeling en waarneming en sal daarna met haar familie herenig word,” het hy gesê.

Makhele bedank almal wat die polisie met inligting bygestaan het nadat sy as vermis aangemeld is.

Maroela Media het vroeër berig Hawkins van Bellville in die Wes-Kaap het by familie in Parys gekuier voordat sy Woensdag as vermis aangemeld is. Sy is die oggend omstreeks 10:50 vir die laaste keer op die hoek van Grens- en Breëstraat in die dorp gesien toe sy kaalvoet in die rigting van die Vaalrivier gehardloop het. Na wat verneem word, is Hawkins verstandelik gestremd. Sy was kaalvoet en het ’n swart hemp en ’n swart broek met wit kolle aangehad ten tyde van haar verdwyning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.