Vermiste vrou se liggaam in lykshuis gevind

June Wittstock (Foto: Facebook)

Die soektog na ’n 30-jarige vrou van Pretoria het tragies geëindig toe haar liggaam in ’n lykshuis in Brits, Noordwes, opgespoor is.

June Wittstock se familie het haar verlede Vrydag as vermis aangemeld nadat sy die vorige aand by mense in Magalieskruin gekuier het.

Hulle het eers later vasgestel dat sy die aand ná die geselligheid op pad huis toe in ’n trompop botsing op die N4 oorlede is, aangesien die betrokke owerhede hulle nooit van die ongeluk in kennis gestel het nie.

Koos Gerber, ondersoekbeampte van die private ondersoeker Mike Bolhuis se span, sê Wittstock het naby die Brits-tolhek teen ’n vragmotor reg van voor gebots en is op die toneel dood verklaar.

Sy het haar selfoon die betrokke aand by die geselligheid vergeet.

Die owerhede op die toneel het nie haar naasbestaandes ná die ongeluk in kennis gestel van haar dood nie en sy is na die lykshuis in Brits geneem terwyl die wrak van haar motor ingesleep is.

Wittstock is toe Vrydag as vermis by die Garsfontein-polisiestasie in Pretoria aangemeld nadat haar familie haar nie in die hande kon kry nie. Haar motor se nasporingstelsel kon die motor in die omgewing van Brits plaas.

Dit was egter eers toe die insleepdienste die familie Saterdag bel rakende die motorwrak dat hulle van die ongeluk te wete gekom en hul geliefde in die lykshuis in Brits gevind het.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het die ongeluk aan Maroela Media bevestig.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Linda

So verskriklike skok en hartseer.

Annakapat

Uiters swak polisiewerk

Fedup

So sad to depart this world without your loved one’s knowing.
And as usual, pathetic metro and services for not doing their job.

MT

Wat ‘n absolute tragiese gebeurtenis.

Daar is niks meer mooi aan Suid-Afrika. Niks wat ons kan koester, of trots na kan wys, of lief he, of respekteer nie. Niks!

AJ

Baie hartseer. Innige meegevoel vir die familie…