Vermiste vrou se liggaam op rugbyveld gevind

rugbypale

Argieffoto.

’n Jong vrou van Carolina in Mpumalanga se liggaam is die naweek op ’n rugbyveld op die dorp aangetref nadat sy die dag vantevore as vermis aangemeld is.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, sê Sinethemba Princess Nkosi (19) is Vrydag as vermis aangemeld nadat sy by ’n vriend in Hendrina gaan kuier het en nie weer teruggekeer het huis toe nie.

Nkosi se familie het bekommerd geraak toe sy na verskeie pogings om haar in die hande te kry, steeds nie haar selfoon geantwoord het nie en het haar by die plaaslike polisie as vermis aangemeld.

Hoewel die polisie ’n soektog na Nkosi van stapel gestuur het, was dit ’n lid van die publiek wat Saterdag op haar liggaam op die rugbyveld afgekom en die polisie en nooddienste ontbied het.

Die presiese omstandighede van haar dood is nie in dié stadium duidelik nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en is op die spoor van verdagtes.

Hlathi het ’n beroep op die publiek gedoen om enige inligting rakende Nkosi se vriend van Hendrina by ao. Thulani Sibeko by 082 303 9940 aan te meld. Die polisie glo dat die vriend moontlik sal kan help met hul ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Phillip ·

Ek verstsaan nie so mooi nie sy is op die rugby veld gekry geen melding gemaak van steek of skiet nie maar is moord onder soek . By ons word ons in die hius dood gemaak .. Maar word vir roof ondersoek maak dit sin vir julle

Soez ·

Sy is gesteek met n skerp voorwerp…dalk n mes of iets en is ook verkrag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.