‘Vermiste’ vrou se lyk gekry

Gina Smith

Gina Smith

Gina Smith (42) wat vermis was nadat sy Maandag die laaste keer lewend gesien is, se liggaam is Woensdag gevind.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê Smith is Maandag omstreeks 13:00 die laaste keer in Port Alfred gesien. Sy het met ʼn swart Fiat Palio gery.

Volgens Govender het ʼn boer Woensdagmiddag die polisie in kennis gestel van ʼn voertuig wat in die Woesthill-gebied langs die Southwell-pad gevind is. Die motor is teen ʼn steil afgrond af.

Govender het gesê dit het etlike ure geduur voordat reddingswerkers die liggaam wat in die motor vasgekeer was, kon verwyder. Die liggaam is geïdentifiseer as dié van Smith. Volgens Govender is die presiese oorsaak van die ongeluk nog nie duidelik nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jaco ·

Dis hopelik darem nie nog ‘n sinnelose rasgebaseerde moord nie…

AL ·

Stem saam met jou. Ek kan nie glo hoe swak die wit Afrikanerstem is om gehoor te word nie. Die media speel n baie sterk rol hierin. Ons is onskuldige wetsgehoorsame burgers watvons belasting betaal en kos op die tafel sit vir die nasie, tog word ons geminag.

Denise ·

Sowaar AL ek stem volkome saam met jou!!! Sterkte aan Gina se familie!!!

Theresa B ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie AL. Maar ander sal dit NOOIT so sien nie. Hulle kyk net een rigting en sien wat hul wil sien en glo die snert wat vir hulle vertel word.

Bosbok ·

” Die motor is teen n steil afgrond af” Klink vir my eenvoudig net na n ongeluk en dit is vir my angswekkend om te dink sy kon dalk nog n hele paar uur gelewe het voor sy beswyk het aan haar beserings. Dit is duidelik dat daar nie baie verkeer op die stuk pad was nie en gevolglik niemand die ongeluk sien gebeur het nie of redding nie vroeër by haar uit kon kom nie.

Moulder ·

Glo dit is n ongelukkig! Ken daai pad baie goed! Baie gevaarlik, swak en skerp draaie! Veral in die nag! Baie ongelukke daar! R.I.V

Gideon ·

Kruisig my maar ek dink dit is een van twee oorsake!! Vermoor en toe daar afgestoot of sy was besig op haar selfoon!! RIV

Kiepie ·

Wie gee om wat jy dink in hierdie geval Gideon?
Sterkte aan die dame se geliefdes.

Piet ·

Sy is tien teen een van die pad afgedruk deur n bende of n taxi dead women cant talk

onbekend ·

Gideon & Piet julle kyk hopeloos te veel junk op TV daardie pad is baie gevaarlik glo dit was n dood gewone ongeluk. Moet die mens altyd in alles negatiewe tyd sien R.I.V

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.