Vermiste vrou se lyk gevind

Xolisile Gchonco. Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn 30-jarige vrou wat sedert 2 Februarie vermis was, is Donderdag in ʼn vlak graf opgespoor.

Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die vrou se liggaam is in die Mpola-omgewing in Mariannhill, Pinetown, gevind.

“Die vrou is op 2 Februarie as vermis aangemeld en ʼn ondersoek is van stapel gestuur. Die Mariannhill-polisie het later ʼn saak van moord ondersoek wat tot die inhegtenisneming van ʼn 36-jarige verdagte gelei het,” het Mbhele gesê.

Die man sal van moord aangekla word en moet binnekort in die Pinetown-landdroshof verskyn.

Die vrou is intussen geïdentifiseer as Xolisile Gchonco. Sy is die laaste keer gesien toe sy haar woonplek in Mpola verlaat het. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stella ·

Dit sal haar geliefdes help om haar te groet en afsluiting te kry, maar dit bly nog ‘n geweldadige misdaad. Mag die skuldige boet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.