Vermiste vrou se lyk in vlak graf gevind

Foto: SAPD

ʼn 23-jarige vrou van Limpopo wat sedert 29 April vanjaar vermis was, se liggaam is Woensdag in ʼn vlak graf buite Lephalale gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Florah Moatshe, ʼn inwoner van die Mahlasedi-nedersetting, het verdwyn nadat sy en haar voormalige kêrel ʼn rusie gehad het. Sy is kort daarna as vermis by die polisie aangemeld.

Volgens Ngoepe is Moatshe se 31-jarige ekskêrel in Mei in Tomburk in hegtenis geneem op aanklagte van ontvoering en aanranding nadat hy met haar verdwyning verbind is. “Ander bewyse het ons gister tot by ʼn vlak graf tussen bosse gelei waar die oorledene se liggaam begrawe is. Gevolglik is ʼn bykomende aanklag van moord ook teen die verdagte aanhangig gemaak,” het Ngoepe gesê.

Hy wou nie bewerings bevestig dat die verdagte die graf langs die Phalala-rivier aan die polisie uitgewys het nie. Hy kon ook nie onmiddellik die oorsaak van Moatshe se dood bevestig nie.

Die verdagte sal binnekort in die Lephalale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

broos ·

hy sal ook net 10 jaar kry….uit na 5 jaar op parool….gou genoeg dat hy sy volgende girlfriend ook kan vermoor

Natasha ·

Dis verskriklik al di moorde, ongeag ras. Almal praat maar di reg wat di mag het om iets te doen is te sag met di wat wel gevang word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.