Vermiste vrou se lyk in vlak graf gevind

crime scene tape‘n Vrou wat vir langer as ‘n week vermis was, se liggaam is Sondag in ‘n vlak graf in die Sweetwaters-omgewing by Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal gevind.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê Phumzile Precious Mkhize (42) is op 6 Junie die laaste keer gesien toe sy haar werkplek in KwaMashu verlaat het. Naicker sê Mkhize en ‘n man is in haar motor daar weg.

“Haar familie het die Sondag [8 Junie] besef sy is vermis en die polisie gekontak.” Naicker sê Mkhize se motor is Maandag in Sweetwaters deur die polisie gevind waarna drie verdagtes in hegtenis geneem is. ‘n Vierde verdagte is ook kort hierna in hegtenis geneem.

Naicker sê na verdere ondersoek het die polisie vasgestel wie agter Mkhize se verdwyning sit waarna ‘n 26-jarige verdagte Saterdag in die Chesterville-omgewing in hegtenis geneem is. Naicker sê die polisie het Sondagoggend op Mkhize se liggaam afgekom in ‘n vlak graf in Sweetwaters.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.