Vermiste vrou se opgekapte lyk gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die erg geskende liggaam van ʼn 20-jarige vrou wat sedert die begin van die maand vermis was, is Sondag in ʼn vlak graf in KwaZulu-Natal gevind.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die vrou, Thandazile Mpunzi, is op 5 Augustus deur haar naasbestaandes as vermis aangemeld by die plaaslike polisiestasie in Emanguzi.

“Die polisie het sedert die saak aanhangig gemaak is, baie nou met die gemeenskap saamgewerk en Sondag inligting ontvang wat tot die inhegtenisneming van drie verdagtes gelei het,” het Zwane gesê.

“Die verdagtes, tussen 18 en 20 jaar, is deur die polisie ondervra waarna hulle die polisie gelei het na ʼn vlak graf in die omgewing waar hulle haar na bewering begrawe het nadat sy vermoor is.”

Volgens Zwane is Mpunzi se liggaam in stukke in die vlak graf aangetref. “Dit wil voorkom asof sy verwurg is, voordat haar liggaam in stukke gesny en begrawe is.”

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Die verdagtes staan tereg op aanklag van moord en moet binnekort in die Emanguzi-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

Soms wonder ek hoe kan mense iemand so ‘slag? ‘ Ek kan nie eens ñ klein bloedkol hanteer nie.

Annie ·

Amy, ek dink nie dit is “mense” wat sulke goed doen nie! Dit is net wreed en geweteloos!!! Om iemand so op te kap en te begrawe en aan te gaan met die lewe asof niks fout is nie!!! Hoe siek is ons “mense” net nie!

CHRISTA ·

Soos ek in my vorige kommentaar, wat Maroela nie wil plaas nie, gesê het, dis ons land se grootste talente: moord, verkragting en roof (gewapen of bedrog)!!

Susan ·

Ek het nie gedink ons het so baie physopate in ons land nie, want ‘n regdenkende / eerlike / saggeaarde liefdevolle persoon sal nie sulke dinge kan doen nie. Hulle moet definitief van die duiwel besete wees. Hulle straf gaan baie swaar wees, veral die wat sy hand aan ‘n kind se lewe lê – groter straf vir hom / haar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.