Vermiste Vrystaatse man se liggaam gekry

(Argieffoto)

Die liggaam van Andries Venter (56) van Welkom is Saterdag naby die Phumlani-begraafplaas in Thabong in die Vrystaat gevind nadat hy vroeër geskiet, gekaap en die aanvaller met Venter steeds in die bakkie weggejaag het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn ooggetuie het gesien hoe ʼn man, gewapen met ʼn vuurwapen, op Venter losbrand. Nog ʼn voertuig was glo by die voorval betrokke.

Venter was Vrydag omstreeks 06:40 in ʼn wit Mitsubishi Colt-bakkie op pad om plaaswerkers in Thabong op te laai en het in Erdeelweg digby Thabong stilgehou toe hy gekaap is, het Makhele gesê.

ʼn Groot soektog is ná die kaping na Venter van stapel gestuur. ʼn Verbyganger het Vrydag omstreeks 09:30 die liggaam van ʼn man naby die begraafplaas opgemerk en die polisie ontbied.

Volgens Makhele het Venter se familie sy liggaam uitgeken.

Sy het gesê Venter het ʼn skietwond aan die kop, asook kopbeserings gehad. Die bakkie waarin hy gery het, is steeds soek.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om sers. Klaas Mofukunyane van die Thabong-speurdiens te bel by 060 3198 680.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

johanf ·

Nee wat, Jan Publiek sal maar ook hul wettige vuurwapen moet dra, die wat nog het, ek gaan, ongemaklik, maar wil darem bietjie weerstand bied, of ten minste een saam my neem…….
Baie tragies, my simpstie met die agtergeblewendis.

Hexadane ·

Ek dra my pistool waar ook al ek gaan. Deesdae is dit net so gevaarlik om vinnig winkels toe te gaan, Die beste is maar mens moet op jou hoede wees en weet wat om jou aangaan. Dit is n pyn maar ek voel veiliger in n mate.

Kokerboom ·

Vang asb die vuilgoed. Hoe lank gaan ons nog die anargie verdra??

Anel ·

Die uiteinde gaan wees dat our people maar self miet plan maak om by die werk te kom. Ons mense is te giedhartig en dan betaal ons met ons lewens. Maar ons word ook uit gekryt vir alles wat sleg is as ons nie vir hulle werk gee nie. Sterkte aan die familie

Persheks Adri ·

Mense ons is nêrens veilig nie! Dra julle wapens en wees paraat ten alle tye.

Innige simpatie aan die familie en vriende in die moeilike tyd!

christo ·

In die wonderlike SA mag ons dit nie sien as swart-op-wit geweld nie want dis mos net BLM.

Karlahari ·

Kan daar nie meer inligting oor die bakkie gegee word nie?
Enkel kajuit / dubbel kajuit?
3 liter? 2.8Td?

twaalfboor ·

Swart bande, rooi briekligte, leer sitplekke, twee hoofligte, stuurwiel ens. Rerig karlahari? Maak daai inligtig saak vir hierdie beriggewing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.