Vermiste vyfjarige se liggaam gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man en ʼn tiener het in die hof verskyn in verband met die ontvoering en moord van ʼn vyfjarige seun wat in Sandfontein in Noordwes verdwyn het.

“Bornfast Sihlangu (31) en ʼn 17-jarige minderjarige het Vrydag in die landdroshof in Brits verskyn,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. Die kind se ontbinde liggaam is Vrydag gevind.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die kind se hande en voete met ʼn tou vasgebind is en sy privaat dele word vermis,” het Mokgwabone bygevoeg. Die twee is onderskeidelik Woensdag en Donderdag in hegtenis geneem nadat die kind Dinsdag van die Wawiel informele nedersetting in Sandfontein naby Brits verdwyn het.

“Hulle bly in aanhouding tot hul aansoek om borgtog op 16 Januarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Julle kan die moetie moorde maar pleeg, Zuma sé ons in terug in 1652.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.