‘Vermiste’ Welkom-vrou in hegtenis geneem

Caren Bezuidenhout

Caren Bezuidenhout (34) van Welkom in die Vrystaat, wat op 12 November deur haar man as vermis aangemeld is, is in hegtenis geneem, het die Vrystaatse polisie bevestig.

Kapt. Stephen Thakeng het gesê die vrou het Donderdag, 22 November teruggekeer huis toe en is daarna aangekla van meineed, diefstal en bedrog.

Maroela Media het vroeër berig haar man, Danie Bezuidenhout, haar op 12 November as vermis aangemeld. Sy het omstreeks 06:55 gery om haar kind by die skool te gaan aflaai, en het nie weer teruggekeer huis toe nie. ʼn Opsporingsmaatskappy het laat weet hul rooi Toyota-bakkie is by die Harmony-vulstasie op Virginia, sowat 15 km van Welkom af.

Danie het haar tevergeefs probeer kontak en die saak by die polisie aangemeld. “ʼn Span ondersoekbeamptes, onder leiding van kapt. Yolanda Hulme van Welkom-speurdienste, het ondersoek ingestel om die vermiste vrou op te spoor.”

Volgens Thakeng het Bezuidenhout haar ouers onlangs gekontak en hulle laat weet sy is in Port Elizabeth. Sy het aangevoer sy het ʼn saak van ontvoering en verkragting by die Walmer-polisiestasie in Port Elizabeth aanhangig gemaak. “Sy het aangevoer sy is deur vier gewapende mans ontvoer en saam met ʼn 17-jarige meisie in ʼn Quantum-kombi in gedwing en verkrag.”

Danie het na Port Elizabeth gery om haar te gaan haal en is met hul terugkoms in die Vrystaat saam met haar na Welkom-polisiestasie. “Sy is in hegtenis geneem op aanklag van meineed toe daar bevind is dat sy ʼn vervalste saak in Port Elizabeth aanhangig gemaak het. ʼn Lasbrief vir haar inhegtenisneming is ook uitgereik in verband met ʼn saak van bedrog en diefstal in Swartruggens in Noordwes,” het Thakeng bygevoeg.

Bezuidenhout sal op 26 November in die Welkom-landdroshof verskyn.

“Ons wil ʼn duidelike boodskap uitstuur dat die aanmeld van valse sake nie geduld sal word nie omdat dit lei tot verkwistende uitgawes van staatshulpbronne en tyd wat eerder aangewend kon word vir persone wat in nood verkeer. Ons sal seker maak dat die persone wat hiervoor verantwoordelik is, vervolg word.”

Genl.maj. Lerato Molale, bevelvoerder van Welkom, het kapt. Hulme en haar span bedank vir hul toewyding op hierdie saak.

Sosialemediagebruikers het ná berigte van Bezuidenhout se verdwyning wilde aantygings teen die egpaar gemaak. “Mense, sy’t gelieg dat haar man dood is omdat sy iemand vir wie sy geld moes betaal, aan ’n lyntjie gehou het,” het een gebruiker beweer. “As jy my vra, het die man nie [eens] geweet hy’s suppose [sic] om dood te wees nie.”

Lees alle vorige berigte oor Caren Bezuidenhout op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

KL ·

So @francois, om n valse klag te maak van ontvoering en verkragting is okay met jou.

Planke ·

Die administrasie van ons land vat meer geld. Mens weet nooit wat haar ware omstandighede nie

Koos de Meyer. ·

Ek wonder partykeer of so ‘n persoon regtig by hulle volle positiewe is.

Michelle ·

Enige een kan ‘n spelfout maak dit is Walmer Port Elizabeth die vrou kan maar toegesluit word. Daar is mense daar buite wat regtig ontvoer, aangeval of vermoor word en dan het hul die polisie se hulp nodig. Sy het almal wat na haar help soek het se tyd gemors. Wat ook al haar probleem is sy kon vir hulp gaan vra het.

Abe ·

Dis duidelik dat daar nie genoeg inligting bekend is in die saak nie. ‘Vra asb. MM om vir ons die saak uit te pluis en logies weer te gee.

Onnie ·

In n land wat soveel misdaad het, sal mense nog wraggies wolf skree?

Karien ·

Ek sê nie wat sy gedoen het is reg nie, maar as sy net met haar man oop kaarte gespeel het en vir hom gesê het sy gaan die pad vat want sy dink hulle soek haar vir diefstal en bedrog, dan het haar man geweet waar sy was, en sou hy haar nie as vermis aan gegee het nie en sou die polisie en al wat leef en beef nie na haar gesoek het nie. Nou het sy net n kan wurms oopgemaak en nou het sy nog n ekstra klag teen haar en almal weet nou hoe sy lyk en wat sy gedoen het. Kry haar man, kind en ouers jammer. Wonder of so persoon ooit aan die ander om hulle dink (mense wat vir hulle lief is en omgee) as hulle sulke dade pleeg of dink hulle nie aan die gevolge van tronkstraf en hoe hul geliefdes se harte breek nie.

Kobus ·

Gewoonlik wanneer n mens in finansiele moeilikheid is, maak jy benoude spronge en gewoonlik is jou besluite dan verkeerd. n Domino effek. Beste raad is om rustig te wees en raad te vra by mense wat jou dalk kan help.

Marisa ·

Dankie MM dat julle die storie volg. In die vorige berig was daar duidelik n slang in die gras en nou begin sy kop wys. Laat ons asb weet wat verder gebeur, ek dink steeds die man is nie so onskuldig nie…
Soveel mense wat werklik in gevaar is, nou mors die vrou polisie se tyd.
As hulle ooit iets gedien het, na Bolhuis die week wonder ek of hulle ooit meer as n verklaring van haar geneem het.

Ai ja jai ·

Mense wat die staat se hulpbronne mors moet aangekla word? HA HA HA HA. Soos die spul SAP lede wat gaan afshow by n matriek afskeid met n onlusbeheer voertuig en die een wat gou land om kfc te koop. En die een wat dronk by n klagte opdaag. En vele ander. Hoeveel v hulle is gearresteer soos hierdie vrou? En dan wys die OG se nuutste ouditverslag miljarde rande se bedrog en vermorste en ongemagtigde uitgawes. STAATS hulprbonne wat vermors is – hoeveel v die amptenare is gearresteer? Huh?

Daan Erasmus ·

Ai. Ai ai. Mense wat so veralgemeen. Baie van my vriende is SAPD lede. Van my familie is SAPD lede. Jy is besig om goeie hardwerkende eerlike mense beledig. Trek asb ‘n Darwin op jouself. En as jy nood het los dit self op. Daar is orals skelms, selfs onder Predikante. En in die beroep wat jy beoefen. Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi.

chris ·

Alida, die tyd wat gemors word soos jy se en ook die verkwiste uitgawes is wanner daar by m’c donalds gestop word en ook onder koelte bome deur die SAPD.

KK ·

@Aijaijia, sys nie gearresteer vir tydmors nie HA HA HA sy is gearresteer dat sy gelieg en vals verklarings afgele het, eks bly jy dink dis so n groot grap dat die vrou lieg oor dat sy verkrag en ontvoer is, die mense wie dit rerig meer gebeur word nou net minder en minder geglo. Maar solank jy jou lag ingekry het, is dit seker okay.

Lizelda ·

Sies!!!!! Om so lelik te jok en dit nogal n ma. Hoeveel tyd i gmors om die skelm op te spoor oor sy kwansyns ontvoer is. Nee hoop haar man los haar en kry volle toesig oor ie kind. Sys n verleentheid vir haar gesin… Sies.

Neels ·

Toe vang slim sy baas. Die meerderheid se komentaar was daar is n slamg in die grad en ruik n rot. Daar is net te veel mense wat deesdae misbruik maak van die wetteloosheid en swak vervolgings stelsel in die land. Reg en geregtigheid sal altyd seevier al is dit oor n lang tydperk. Een mag dink hy kom daarmee weg maar op n dag haal sy streke hom in swak vervolging stelsel of nie.

Annelize ·

Ja, ek was van die eerstes om te se ek ruik rot. Net nie gedink die rot is sommer syself nie.

Pvt ·

Saam wie is sy weg?
Wou seker laaste vakansie hou voor nuwe tuiste…

AmY ·

Om te dink mense was bekommerd oor haar en het gebid vir haar dat sy veilig gevind word. Sy moet maar vat wat na haar kant toe kom.

Lollie ·

In hierdie nuwe SA hoor mens telkemale van sulke gruwelike stories. Vermiste mense wat spoorloos verdwyn of waar hulle later hulle liggame kry. Baie mense kyk uit vir daardie persoon en daar word gebid vir hom en die res van sy gesin. Onskuldige eggenoot en kinders wat deur hel gaan. Mense wonder waar gaan al die misdaad end want ń onskuldige vrou is alweer ontvoer?
Sy moet beslis aan die pen ry. Maak van haar ń voorbeeld dat die dinge kan stop. Ek is nie gepla oor die SAP se betrokkenheid nie. Ek dink aan al die mense wat emosioneel betrokke raak by geweld, misdaad ens. Waarom moes sy so tewerk gaan? Haar lewe is ń leuen want haar man weet nie eers van alles nie.

christa ·

gee haar ‘n dekselse goeie straf. Seker ‘n lekker tydjie gehad sonder manlief. Op die ou end moet manlief weer opdok vir haar rondneukery. Dan word mans altyd as sondebok uit gekryt

Cor ·

Nog so jonk en klaar gevang in die geld god se strukke. Jy het n naam gehad wat jy nou blykbaar weggegooi het en nooit maar nooit weer skoon sal kry nie. Ek kry die kindertjies so jammer want spot gaan hulle gespot word deur boelies. So dink aan hulle en vat jou straf wat ook al na jou kant toe kom., moet asb nie verskonings soek nie en iemand blameer nie

Rob ·

Daan , ons praat nie van jou familie en vriende wat die minderheid is nie.

Poot ·

@Rob
Ag asseblief Rob. Die oomblik toe jy veralgemeen het, het jy ELKE polisie beampte betrek. Of hulle nou eerbaar is of nie.
Daan ek deel in jou woede.

thelsa ·

Dat wellus ook nou die oorhand moet kry oor gesonde oordeelsvermoë

Bernadette ·

Wats fout met mense. Daar’s soveel sleg in hierdie land…..hoekom nou nog maak of sulke slegte dinge met jou gebeur het……dis iets waaraan ek persoonlik nie eers wil dink nie. Moenie sulke dinge uitspreek nie…..dit mag dalk werklik met jou of iemand waarvoor jy lief is gebeur.

Geskok ·

Wow, om oor so iets te jok!!! Skokkend regtig. Mag dit nooit met haar of enige van haar geliefdes regtig gebeur nie.
Sy het geen benul waardeur mense gaan wat so iets regtig meer gebeur het

LD ·

Ek self dink die man is kop in een mis met sy vrou se dinge! Hoekom het hy net die bakkie gevat by die garage en gery met hom sonder dat die polisie uitkom om vinger afdrukke ens te vat? Hulle het die ding saam beplan vir een of ander rede en nie mooi gedink hoe wat moet gebeur nie…. die arme kind/ers wat onskuldig is gaan nou ook hel kry en hulle het nie eers gevra daarvoor nie!

Kobus V ·

Nie almal in die wildbedryf is skelms nie maar al die skelms is in die wildbedryf!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.