Vermoor oor geld vir enkele sigaret

sigarette

(Foto: pixabay)

Die Vrystaatse polisie is op soek na twee mans wat glo meer lig kan werp op die moord op ʼn man weens die geld vir ʼn enkele sigaret.

Matlale Mokoena (30) was Dinsdag by sy huis in Bethlehem toe twee vriende, ene Mohlaudi en ene Lele, daar opgedaag het.

Mohlaudi het glo vroeër vir Mokoena geld gegee om ʼn sigaret te gaan koop, maar dié het dit na bewering nie gedoen nie.  ʼn Argument oor die sigaretgeld het daarna glo ontstaan.

Brig. Motantsi Mahkele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê Mokoena se familie het hom later met ʼn steekwond aan die keel aangetref. Hulle het dadelik ʼn ambulans ontbied, maar Mokoena is op die toneel dood verklaar.

Lele en Mohlaudi het intussen spoorloos verdwyn.

Die verkoop van sigarette is sedert die inwerkingstelling van die staat van algehele afsondering opgeskort.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om kapt. Screamer Tshabalala by 082 453 0794 of 058 307 5804 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Boortor ·

Hierdie is net die begin van nog n probleem. Mense gaan begin moor vir drank en sigarette. Hef die verbod op dit op! Dit het niks met die virus te doen nie. Die wat wil rook en drink sal dit net onwettig bekom wat nog n ander probleem skep. Hoeveel probleme wil die regering rgtig he? Of is hulle reg daarvoor ook?

AC ·

Staaf my punt van vroeëre berig. Regering is besig om die normale mense in kriminele te verander !

Brakkies ·

Stem nie saam nie…. normale mense pleeg nie sommer net moord nie… ek het ook al gesukkel maar nog nooit die neiging gekry om moord te pleeg nie.

Genis ·

Hierdie gaan nog prblematies raak, kos, water, sigarette, drank… ek sal natuurlik wat wil gee vir Nando’s …

Piet parys ·

So maw als wat gepaard gaan met drank en sigarette is nou die regering se skuld . Dink julle is bietjie verward . So as iemand vermoor word virenige ander kleinigheid is dit dan reg ook in julle oë.

katerinadiekat ·

Nee, dit is NOOIT reg om iemand te vermoor nie, behalwe as jy dit doen om jou of jou familie se lewens te beskerm. MAAR as die regering nie so spiteful en sadisties was om sigaret aankope te verbied nie – SONDER ENIGE GOEIE REDE – dan het hierdie man heel moontlik nog gelewe. Die feit van die saak is dat sigarette brutaal verslawend is.

Kyk hoeveel moorde word in Amerika gepleeg deur Meth addicts. Is dit slim om verslaaf te raak aan iets? Gewis nie.
Maar mense raak wel verslaaf aan allerlei dinge.

It is what it is.

En baie verslaafdes sal enigiets doen vir wat hulle nodig het.

Ek rook. Ek het genoeg sigarette tot die lockdown verby is.
As ek nie gehad het nie, sou EK moord gepleeg het om sigarette te bekom? Nee.

Maar daar IS diegene wat sal.

Almarie ·

Dis ons patetiese regering se skuld…hoe kan jy mense se stresweerders wegvat??!!

JC Venter ·

Confusion over cigarette sales during the Covid-19 lockdown should end on Saturday. Hierdie lees ek vroeer vandag.

President Cyril Ramaphosa has called an urgent meeting of the President’s Co-ordinating Council to clarify regulations.

This follows an announcement by Western Cape premier Alan Winde that cigarettes could be sold to customers who also bought essential items such as food.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.