Vermoorde advokaat se vrou aangekla

Mientel en Leon Nortier (Foto: Leon Nortier/Facebook)

Die vrou van die gesoute Kaapse advokaat Leon Nortier wat oor die naweek in die egpaar se huis doodgeskiet is, word nou van sy moord aangekla. Sy is vandeesweek vir sielkundige waarneming gestuur.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Mientel Nortier (60) is vandeesweek ingevolge die Wet op Geestesgesondheid na die Somerset-hospitaal verwys sodat daar na haar mediese behoeftes omgesien kan word. Dit is nie seker presies wat dit behels nie.

Sy sal na verwagting weer Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Mientel staan volgens Ntabazalila tereg op die moord van haar man.

Adv. Leon Nortier (Foto: Leon Nortier/Facebook)

Mientel is verlede Vrydag in hegtenis geneem kort nadat haar man in hul huis in Table View doodgeskiet is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 59-jarige Leon is omstreeks 20:55 in die huis in Heronweg doodgeskiet.

Omstandighede rakende die skietvoorval is in dié stadium nog onduidelik.

Leon, oorspronklik van Despatch in die Oos-Kaap, het langer as twee dekades as advokaat gepraktiseer. Hy het ook vroeër as staatsaanklaer gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kokerboom ·

Ek kon nog nooit verstaan dat mense tot sulke wrede dade oorgaan! Hoekom nie maar net wegstap. Nous beide lewens daarmee heen!!

sopbeen ·

Moontlik verwerping of sielkundige mishandeling. Wie weet…… net sy sal weet???

modiglianigirl ·

Stadig nou Gysbert. Moenie vure aansteek met ‘n leë blaas nie.

Toy ·

Jy moet werklik dink ek iemand haat om so ver te gaan of dit is geld.

Elinette ·

Wel, as dit vir geld was, het sy haar hand – letterlik – oorspeel. “The bloodied hand” sal hier van toepassing wees, as dit so was.

Mariaan ·

Snaaks dat mense altyd dink daar is iets fout met HAAR…dis werklik uitsonderlik dat n vrou sommer net so so iets sal doen…hierdie is dalk jare se manupilasie..vernedering…sielkundige afbreking…dan snap so vrou net! Die feit dat sy vir mediese hulp moes…hier is n lang storie agter…los hom net…is wat mense se…maar as jy net NIKS meer van jouself dink as hy met klaar is nie…is daar geen uitweg! Sou ek verkeerd wees…jammer maar vrouens doen nie net sulke goed sommer vir niks nie

pompies ·

Mariaan ek kan nie saam stem nie, vroue is gevaarlik dit is gewoolnlik vroue wat van hulle mans ontslae raak op duistere maniere. Daar is nou die saak teen die vrou van die hotel eienaar in die Noord Kaap en daar is nog vele ander ook. Dit kom onder alle mense vroue en mans voor en partykeer kinders ook.

Scroobs ·

Dalk selfverdediging?? Wees versigtig om sommer ‘n oordeel te vel.

Delene ·

Mans wat in Howe werk kan met tye geneig wees, om hulle huishoudings en verhoudings dienooreenkomstig te wil bestuur. Ken ‘n dame wat gereeld vir haar eggenoot gesê het: ” Jy is nie nou in die Hof nie, jy is by die huis…

Kathleen ·

Sy moes net tot tien of dalk twintig getel het voor sy die sneller getrek het , ai

Blomme ·

Wat tussen ander mense se mure aangaan bly duister vd buitewêreld. Baie paartjies gee voor hulle is dol verlief en gelukkig en as daai deur agter hulle toegaan en die wêreld bly buite… Is dit ń heel ander prentjie. So bes om maar nie te spekuleer wat daar gebeur het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.