Vermoorde ANC-leiers begrawe

Argieffoto

Argieffoto

Die begrafnisse van twee ANC-leiers wat vandeesweek vermoor is, is Sondag in Pietermaritzburg gehou.

Nathi Hlongwa, voorsitter van die ANC-tak in Edendale, Pietermaritzburg, is Woensdag doodgeskiet toe hy teruggekeer het van ʼn partyvergadering.

Simo Mncwabe, hoof finansiële beampte van die Mpofana-munisipaliteit, is Dinsdag doodgeskiet terwyl hy sy kinders na hul skool in Edendale geneem het. Mncwabe het Maandag as hoof finansiële beampte bedank nadat hy glo doodsdreigemente ontvang het.

Nomusa Dube-Ncube, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, het die moord op Mncwabe as ʼn “gruwelike misdaad” beskryf.

Verskeie ANC-lede het die moorde as “politieke sluipmoorde” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

christine ·

Ag wat nou rus maar sag. Iemand wil graag die werk he. Behoort sekerlik nie so moeilik te wees nie.

Liewe heksie ·

Shame wie het dit gereel Jan maak n plan was die valke al daar

BAASJAN ·

Lyk my die fokus het nou ver skuif. Genoeg onskuldige boere is vermoor.

Thuunda ·

Ons sal nog baie hiervan sien soos die verkiesing nader, asook, hierdie keer, daarna.

Ons het ‘n draaipunt in ons politiek bereik, en nie ‘n goeie een nie.

Griki ·

En die moorde op plaasboere en ander burgers is nie gruwelike misdade nie? Wel, dis die gevolg van die regering se onvermoë en onwilligheid om misdaad met kragdadigheid te pak en nou ly hulleself daaronder.

A Jordaan ·

mense asb di man het bedank vi sy veiligheid en het kids ghad toon asb net bietjie empatie is dit te veel gevra

DAAN ·

WORD DIE TAAKSPAN AAN GESTEL NOUDAT ANC LEIERS VERMOOR WORD ? DAAR IS AL BAIE INKATHA LEIERS VERMOOR EN NIKS IS DAARAAN GEDOEN NIE. KYK VERDER NA BOERE WAT VERMOOR WORD EN NIE VEEL WORD GEDOEN NIE.

Johann Marx ·

En die presedent is geskep: Die belastingbetaler voorsien nou R100 000.00 per begrafnis?

alida ·

Ons moet ook aanspraak maak op vergoeding vir elke plaasmoord R100 000.00 is nie te sleg nie Wat goed is vir die een is mos goed vir die ander ook of hoe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.