Vermoorde boer was in geskil oor grondbesetting gewikkel

Stefan Smit

“Ons kan nie voortgaan op hierdie pad van selfvernietiging nie.”

Só het Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, gesê na die moord Sondagaand op die wynboer Stefan Smit (62) van die Louiesenhof-wynlandgoed buite Stellenbosch.

Meyer het gesê die land se kosmandjie is onder geweldige druk weens aanvalle en dat landelike gemeenskappe om hulp smeek. “Dit kan nie so aangaan nie. Dit is tragies wat in landbou en landelike gebiede gebeur.”

Smit is omstreeks 18:50 doodgeskiet nadat vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het. Sy vrou en ʼn familievriend was ten tyde van die aanval ook in die huis maar het die aanval oorleef.

Smit was die afgelope tyd in die nuus nadat onwettige besetters op die plaas Watergang toegesak het en Smit en die ander eienaars van die plaas die Wes-Kaapse hooggeregshof genader het om ʼn uitsettingsbevel te kry.

Watergang, ʼn stuk grond wat in ʼn familietrust is en die Louiesenhof-wynlandgoed insluit, word al vanaf vroeg Augustus beset en ondanks die uitsettingsbevel wat toegestaan is, is daar voortgegaan om die grond langs die Kayamandi-woonbuurt te beset.

Smit het in Maart vanjaar in ʼn onderhoud met The New York Times gesê dat hy doodsdreigemente ontvang het na aanleiding van die hofaksie.

Agri Wes-Kaap het intussen sy skok oor die moord uitgespreek. “Agri Wes-Kaap versoek president Cyril Ramaphosa om sy uitsprake op Dinsdag 9 April by Beyerskloof in Stellenbosch te verduidelik toe hy gesê het wit landbouers het ʼn toekoms in die land en dat hy wil keer dat hulle die land verlaat.

“Agri Wes-Kaap wil ook by mnr. Ramaphosa weet hoe ʼn organisasie soos Agri Wes-Kaap produsente moet aanmoedig om in ʼn land te bly waar hulle en hulle plaaswerkers se lewe elke dag bedreig word.”

Die Stellenbosch-munisipaliteit het die sinnelose moord ten sterkste veroordeel en sy meegevoel met Smit se familie betuig

Lt. kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê hulle is op die spoor van vier verdagtes wat met persoonlike besittings op die vlug geslaan het.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisroof. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Stellenbosch-polisie te kontak by 021 809 9140 of 021 809 9142.

Die moord op Smit is die tweede plaasmoord in minder as ʼn maand in die Wes-Kaap. Tool Wessels is verlede maand dood nadat hy en sy vrou op hulle plaas, Kapteinsdrift, naby Bonnievale aangeval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Blaarman ·

Stefan Smit is ‘n held wat uit beginsel uit gronddrype teengestaan het.

Mag hy rus in vrede.

Attie ·

Daar is organisasies wat hul doel maak om moeilikheid te stook op plase in die Boland.

marous ·

Laat ons prontuit wees . Dit is die direkte gevolge van die uitlatings van die president van die land en sy gesante . Punt

Jakkie ·

… maar bekende wynmakers soos Beyers Truter en Jan Boland Coetzee skaar hul by die ANC en loop hand op die blaas met die prez en sy comrades. Wonder hoe hul voel oor ‘n mede-boer en buurman van hul omgewing se moord. Kort voor die verkiesing selfs ‘n dag gereël op Truter se plaas om die prez ‘n spreekbeurt te gee om die ANC op te hemel. Wat se Truter en Jan Boland nou. Kon een van hulle gewees het.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Jakkie jy slaan die spyker op die kop. Gaan hy Stefan se vrou en kinders in die oe kyk en simpatiseer met hulle? Gaan hy Ramaphosa bel en vra vir optrede teen plaas moordenaars?

Henk du Toit ·

Ten alle koste moet die Wes-Kaap gedestabiliseer word. Hoeveel moet dan nou nog sterf agv populistiese uitsprake?

Hetta ·

Ja, ons het nogal heelwat respek vir Truter gehad en toe hoor ons van die samekoms op sy plaas rn toe vál sy ster!!!!!!! Ek wonder of hy dink as hy hom by die ANC skaar hulle nie sy plaas sal af vat nie. Dan wil ek vir hom sê …… ha ha ha. Jy woon in lallaland.

Dirk Breytenbach ·

Hy sal dit vrywillig vir die grondbestters gee hulle hoef dit nie af te vat nie, hy is ‘n vredeliewende man.

Werner ·

As dit die geval is Dirk klink hy eerder soos n gatkruiper

Johan ·

Ek is nie ‘n’n profeet nie, maar ek is bevrees dat hierdie situasie ‘n patroon in die toekoms gaan word.

PJC ·

Hoekom ń oop plaasdeur as jy alreeds so baie probleme ondervind. Dit mask net nie sin nie. Dit is uiters tragies en ń mens wil huil oor mense se agtelosigheid. ń gesin is nou sonder ń pa, oupa en broodwinner.

Erick ·

Om te wil onderhandel en geskille in Westerse hofstels te wil beklink met dié mense, is soos om ‘n houtlepel na ‘n swaardgeveg te bring. Ons weet presies wat is die enigste taal wat hulle praat. Ongelukkig tot op hede is ons hande nog vasgebind en ons gees nog aan die treur. Net die Here kan ons aanskakel want Hy het ons afgeskakel. Jy kan mos nie ‘n Lewende God opsy skuif en nie ‘n reaksie verwag nie! Ek bid dat Hy ons nie heeltemal verwerp het nie…

Albert ·

Nee, hulle is anti-plaaseienaar en pro-besetters. Verwag dat boere vir onwettiges gratis dienste en huisvesting moet bied. Indien nie, word hul gedreig en voor die hof gesleep.

Donderstorm ·

Steeds word daar niks aan malema gedoen wat die mense op hits teen witmense en teen boere .Dit is alreeds n patroon kyk terug na al die moorde dan sien jy dit kom al n paar jaar aan .

HOBBO ·

Hierdie man se misdaad……….homself en sy gesin wettiglik beskerm teen misdadigers. Dis so jammer dat misdadigers kan moor, maar die gereg besluit doodstraf is onmenslik. Indirek keur hulle hierdeur dit wat misdadigers eintlik doen, soortvan goed. Eers moet iemand gevang word. Dan moet die bewyse teen die beskuldigde bo twyfel en sonder diskriminasie gelewer word. Dan moet daar n hofsaak kom………………..
So vind intimidasie plaas om wet en orde af te takel. Wanneer gaan dit stop????
S.A. word reeds as die sesde gevaarlikste land te wereld beskou……..gelyk aan Mexico! Nog steeds tree die owerhede op asof ons in n eerste wereld land is waar misdaad bitter min plaasvind. ????

Stefan Kruger ·

Gelukkig het die polisie rapporteer dat hulle op die spoor is van die vier verdagtes. Dit het hoogtyd geword dat die polisie weer ‘n skrikbewind begin voer onder misdadigers soos in die ou dae, en met die ou dae bedoel ek nou nie tydens apartheid nie. Ek bedoel die tyd toe die polisie gevrees was omdat hulle geen genade betoon het teenoor misdadigers nie. Dit was die tyd toe almal nog veilig was.

Manie van Worcester ·

Wag maar en kyk of hulle gevang raak en ooit in n hof kom, hoop dan vir n skuldigbevinding en treur oor die belaglike vonnis

James ·

Wanneer gryp die President in mrt al die plaas moorde. CR jy gese almal is deel van Suid Afrika. Ons betaal belasting vir veiligheid!!!

Siener van Melbourne ·

James daai regering gaan niks doen nie. Hulle het ‘n agenda. Hulle help nie eers hul eie mense nie

Siener van Melbourne ·

Die afgelope paar jaar het ek opgemerk dat die kommentare getuig van toenemende moedeloosheid. Ek is baie simpatiek teenoor die situasie in Suid-Afrika veral omdat baie van my familie boere is en ek self op ‘n plaas grootgeword het. Ongelukkig besef ek dat die regering ‘n agenda het en beslis nie iets gaan doen om die situasie te verbeter nie. Hoe gouer die realiteit insink hoe beter. DIE REGERING GAAN NIE HELP NIE. Hulle is nie die regering van ouds wat sal intree nie. Hulle stel net belang in hul eie gewin. My maggies, hulle sal nie eers hul eie mense help nie. So hard as wat dit klink om dit te hoor, julle is op jul eie. As die boere nie wil immigreer nie, kan ek dit verstaan, maar dan is julle op julle eie, besef dit. Die kaders is skurke, selfsugtig en moordlustig. Dis veg of vlug.

Loraine ·

As dit in ons vermoë was sou ons al lankal ge-imigreer het. Wie gaan oumense in rolstoele in ‘n ander land vat? Nee dit is nag vir ons mense in die land. Ons sit en wag ons beurt af om net nog ‘n nommer te word. Op jou graf en dalk op statistiek! :'(

Manie van Worcester ·

Jammer dat jy wat in Australie sit dit kan raaksien maar hier hou ons partytjie met die president en beloof hom steun seker met hoop ons sal tot laaste hou. Wonder of hulle die moed sal he om die vermoorde se vrou en familie in die oe te kyk en op sy begrafnis verskoning te vra dat hulle met die vyand konkel om hulself te probeer red. Die patroon sal aanhou tot die land daarteen opstaan want soos jy se, regering sal niks doen nie

Jason ·

Siener van Melbourne nogal hou og twak praat sit lekker cousey innie buiteland weggehardloop en vir ons preek beheer liewer die bomme en die massa skieters daar los ons uit God sal ons help!

Cherokee ·

Jy praat sin, Siener. Dit is soos jy sê. As ons nie EMIGREER (is die woord hoor, vir jou en Loraine) dan is ons op self aangewese. Dit is egter makliker gesê as gedaan.

Roxy ·

Siener ek stem saam met wat jy sê. In die walglike land sal moorde op boere nie stop nie. Ek sal graag wil padgee maar kan dit nie bekostig nie. Ek was ook al met n mes gedreig helder oordag op die strand. Ek kan net bid vir al die boere.

Dirk ·

Enige weerstand teen die ANC en teen die wil van die meerderheid sal geteiken word, wettig of onwettig. Indien jy opgewasse is teen die aanslag, bied weerstand. Indien jy nie opgewasse is teen die aanslag nie, moet dan nie weerstand bied nie.

Bekommerd ·

Interessant dat die persoon wat vir die Shoprite moord gearresteer is, ook in Watergang/Kayamandi omgewing vasgetrek is.

Potgieter ·

Dis skokkend.
Meer skokkend dat daar nie ‘n kommando reeds op die plaas is om die plaas van besetters te bevry nie…

dis Stefan se plaas.
Dit behoort aan hom en sy gesin waarvoor hy met sy bloed betaal het.
Gaan ons wragtag toekyk dat soos met Jobert daar niks van kom nie?Nes ons plase en ons besitsreg en ons bloed sal vloei as ons versuim om hierdie daad reg te stel.
Brand die plakkershutte af… waar is ons jongmanne?
Dis die ramp, die passiewe gesit en mor in pleks van te doen wat reg is… ek is ver van Stellenbosch en alleen kan ons dit nie doen nie. 100 Man kan ‘n verskil maak…

joe ·

Wanneer gaan julle goed gelowige mense wakker word. Dink julle nou een maal dat Ramaphoza regtig omgee wat van blankes word. Hy is net bekommerd oor hoe goed dit met SA sal gaan dat hy nog meer geld kan invorder vir homself. Alles gaan van ons gevat word. Ons word stadig een vir een uitgemoor sodat dit maar net lyk na kamtige misdaad, maar dit is `n plan om te verseker die wereld kom keer nie wat hier aangaan nie. Skrik asb wakker, as ons nie opstaan nie en onself verdedig nie, is ons bestaan hier waar ons alles opgebou het, baie vinniger verby as wat julle dit besef.

LIEZL ·

Joe, ongelukkig gaan ons altyd onkant gevang word. Die aanvallers het altyd ‘n stappie voor ons. Ons sit nie en wag dat iemand ons dalk gaan aanval nie. Maar ons moet sover kan ons sekuriteit opskerp en rondkyk. My gebed bly nogsteeds, bid vir die aanvallers, bid vir elke moordgedagte, dat dit sal verdwyn, dat die huidige moordenaars hulle knie sal buig en hulleself sal oorgee. Dat dit sal stop!!! Ons kan vir wonderwerke bid

Anoniem ·

Die moord is ongetwyfeld beplan en met voorbedagde rade gepleeg. Ongelukkig weet ons ook dat die regering absoluut geen wil het om enigsins iets aan plaasmoorde te doen nie. Ons is egter almal elke dag in die spervuur, maak nie saak waar jy woon nie. Daar word ‘n lae intensiteit volksmoord teen ons gepleeg wat as alledaagse insidente voorgehou word. Mense se breekpunt is naby.

Koos ·

Agri-SA: wat is ‘n landbouer? Dis ‘n boer, my magtag. So noem hom so!
Hierdie polities-korrekte snert moet einde kry. Deur die regte woord nie te gebruik nie, dra julle by daartoe om ‘n stigma te vestig

Kwapie Scheepers ·

Presies! Al die “polities korrekte ” kruipery sal niks help nie. AGRISA is in elk geval deel van die probleem. Hulle kruip by die regime en hoofdoel is om die boere (en Boere) te maan tot “kalmte”. Broederbonders en mantelswaaiers.

Tokkolos ·

Ek is kwaad en onverskillig
As iemand vir my die regte tools het en my daar by die plaas kan kry
Ek is in ????????????????????????????????????????????????????????????????????

Isabel ·

My enigste vraag is hoekom kan die plassmoorde nog nie verklaar word of benader word as haat aanvalle (‘hate crimes’) nie?

Anne ·

Dis genocide of volksmoord. Niemand wil dit erken nie. Net ons ou groepie op hierdie platforms . Ai tog. Mens raak so op en moedeloos hiermee.

Loraine ·

En ons sit nog steeds met GEEN oplossing om die plaasmoorde en ander moorde hok te slaan nie. Wanneer is dit nou genoeg? En wanneer is dit my of jou beurt? Of jy op ‘n plaas woon of nie. Jy is gemerk!

Judge Dredd ·

…….en die samewerkendes/versoenendes is spoorloos – het jul oogklappe al afgeval?

Al ·

Praat en praat en vra en niks gebeur nie. Dis 10jr gelede wat die kommandos toegemaak het.
Waar staan ons na soveel jare? Nog steeds met geen oplossing van die regering se kant af nie.
Ons boere se bloed is aan hul hande, want stilswye en niksdoen is ook ñ aksie.

PJ ·

Dan is daar nog mense wat sè plaas boere word nie geteiken nie dis maar nog net n midaad soos alle ander misdade hoekom kyk ons nie hoeveel plaas boere was vermoor en aangeval voor 1994 ?

Anne ·

Ja Pj die statistiek voor en na 94 behoort baie interessant te wees. Goeie punt wat jy maak.

Sê maar net ·

Vermoorde boer was in geskil oor grondbesetting gewikkel….en dis nou sommer die tendens….vermoor maar die boer. Het hy nie ‘n reg gehad nie, nee sy reg om te lewe en sy liefde uit te lewe is van hom ontneem. Hy mag nie sy mond oopmaak om sy regte te beskerm nie. Ek gaan my besittings beskerm, my grond waarvoor ek en my man hard gewerk het, my motor, my huis, my als vir wat? Sodat iemand anders kan besluit jy mag nie. Wie dink hierdie mense (of wat noem ons hulle?) is hulle? Wat het jy bereik? Gaan hulle nou vir jou grond gee omdat jy die moord gepleeg het? Wie belowe wat vir hierdie moordernaars? Daar moet tog iewers belonings wees? Hulle gaan nie verniet vermoor nie? Dis ‘n werk, skrik wakker mense en kom agter die organisasie. Haal die organisasie uit. Die wat gevang word, moet praat.

Siener van Melbourne ·

Manie van Worcester jy sal my familie ken. Hulle is wyn boere in Slang hoek omgewing. Vra die “boetie ” brigade of hulle dink, om hand op die blaas met CR te wees sy haat vir hulle gaan verminder? As hulle dit glo verdien hulle wat kom. Hulle kan nie bekostig om te heul met die duiwel nie. Groetnis

Connie ·

Elke keer as’n boer vermoor word dan juig Ramaphosa en Makema. Weet nie waar kom kos vandaan nie.

Patriot ·

Ek voel elke dag meer dat dit tyd is om te trek. Hierdie goed breek mens se spoed.

Arminius ·

Ek is woedend om elke week net te hoor hoe daar net nog n boer doodgemaak word!!, en dan ook baie harseer oor sy dood en sy geliefdes wat nou nagelaat word.
Sineloos..wanneer gaan dit eindig? More gaan almal voort…. asof niks gebeur het nie.

humor ·

Boland Coetzee en Truter het albei bruinringe om hul nekke. Vir hulle die beste manier om hul eiendom te beskerm.

Grysburger ·

Ek hoop van harte die New York Times berig dat mnr Smit toe vermoor is na die doodsdreigemente.

Hoe gouer die ANC die grondwet verander dat hulle kan vat soos hulle wil, hoe beter sal dit vir boere wees wat elke dag in vrees lewe.

Wanneer dit amptelike regeringsbeleid word behoort baie van die boere politieke asiel in ander lande te kry.

Dries du Toit ·

Ek se weer hierdie is niks anders as georkestreerde moorde op wit plaasboere. Daar sit politieke partye agter hierdie moorde

hier is n plan ·

Kom ons vorder fondse in soos die vrou wat fondse insamel vir die petrol joggie wat haar gehelp het met R100. Kyk net waar staan die bedrag nou. Met sulke fondse kan ons boereverenigings gebruik om mense te bemagtig met toeristing om veiligheid op te skerp. Ons moet hierdie spasie gebruik om oplossings te vind en vergeet dat die regering gaan intree. Kom ons doen dit self.

Ja Nee ·

Almal weet wat moet gebeur! Gaan praat met enige boer en hy sal vir jou goed vertel wat ons boere moet doen, wat die aanval op boere sal begin stuit. Jy kan dit net nie op MM se nie anders sal jou kommentaar nie geplaas word nie…. Maar ons weet diep hier binne ons..

NY ·

« A quarter of a century after the end of apartheid, white South Africans, who make up about eight percent of the population, still dominate the economy and own the country’s most productive land.« 

Deel van die artikel in die NY Times.

Indien ons enigsins dink daar sal empatie wees met die blanke boere: bogenoemde paragraaf sê als.

Renier ·

Skink ‘n doppie, sit agteroor en geniet die agteruitgang!

DeonC ·

Dis plig van alle belangegroepe daar dat die betrokke grond nooit in hande van besetters val nie. Besetters daar moet summier verwyder word.

Annie ·

Ek as jong Afrikaans sprekende dame glo dat daar mag in ons woorde is. Dat wat jy spreek lewe of dood is. Ek het tot die insig gekom dat daardie laaste woorde van ons ou volkslied wat ons so met trots gesing het dalk meer is as wat ons dalk dink. Ek mag dalk verkeerd wees of dalk nie

Liezl ·

Ek stem saam Annie, woorde dra krag. Bid teen die boosdoeners. Praat positief mense. Ons sal anderkant uitkom. Ons weet nog nie hoe nie, maar ons dien ‘n kragtige almagtige Vader.

PJC ·

Siener van Melbourne jy is in die kol. Die meeste van ons hier in SA waardeer dat julle daar ver die situasie dophou en kommentaar lewer. Twee van my kinders en hul gesinne is ook in Melbourne waaroor ek baie bly is. Mense wat negatiewe kommentaar lewer oor mense in die buiteland is maar net afgunstig omdat hulle nie ook daar kan wees en die rustigheid ervaar nie so ek hoop jy gaan aanhou om Maroela te lees en kommentaar te lewer.

Esdoorn blaar van Canada ·

Ons woon in Canada en sal seker nou as verraaiers gebrandmerk word deur diegene wat nie in die posisie is om vrede in ‘n ander land te kan ondervind nie. Ek probeer wel my bes om bewusmaking hier te skep insake die plasaanvalle en moord en misdaad in SA in die algemeen, maar ongelukkig is die artikels in maroela media in Afrikaans en word die teenoorgstelde uitgebeeld in die engelse koerante en bemoeilik dit dus die taak. Neem bv hierdie tragedie, in hierdie artikel is daar duidelik ‘n korrellasie, of ten minste ‘n aanname getref tussen die besetting en die moord, maar volgens News24 het die munisipaliteit reeds die grond gekoop en is die “nuwe bewoners” erg geskok oor die moord. Hoe verduidelik jy hierdie teenstrydighede vir iemand wat nog nooit in SA gewoon het en die onregverdigheid beleef het nie. En hoe verduidelik jy tragedie wat tans afspeel indien die SA regering en media die situasie aan die buiteland “romantiseer” en laat klink soos ‘n idilliese demokrasie?

Siener van Melbourne ·

PJC, dankie. Mense dink blykbaar dit was vir my maklik om hiernatoe te kom. Jy sien mos die antwoorde, ek het weg gehardloop en ek is snoesig hier. Ek is alleen hier met geen kind of kraai, maar tenminste is dit veiliger. As ek niks gevoel het vir Suid Afrikaners sou ek nie my tyd hier op MM gemors het nie. Groete

Michael Stellenbosch ·

Mense, mense, mense. Almal se kommentaar hier is niksseggend. Myne ingesluit. Ek het oorkant die plaas gewoon en gesien hoe daardie indringers ten spyte van n hofbevel net meer en meer word. Tyd vir praat en onderhandel is verby! Kan julle sien wat gebeur met die land? Die zulu’s kon ons nie stuit by slag van bloedrivier nie, die engelse kon ons nie stuit nie! Ons het nie wapens nodig om die aanslag af te weer nie! Ook nie woorde nie. Genoeg van ramaposa se “our people”. Skrik net om hemelsnaam wakker! Gee vir niemand meer werk nie of “tips” nie. Werk in jou eie tuin, stryk jou eie klere, was jou eie motor, geen oppasser vir jou kind nie, se n slag nee!

Fanie Kemp ·

Op U Almag vasvertrouend het ons Vadere gebou
Skenk ook ons die krag o Here om te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons Vadere, vir ons kinders erwe bly
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry
Soos ons Vadere vertrou het, leer ook ons vertrou o Heer
Met ons Land en met ons Nasie sal dit wel wees
GOD regeer!

Vintcent ·

Opportuniste wat saam met die president kuier….wat sê julle nou?? Als skyn ter wille van geld, terwyl jul eie uitgemoor word.

Margi Johnson ·

Esdoorn blaar van Canada. ‘South Africa Today’ berig veel meer as Maroela Media oor plaasmoorde en dis in Engels. Hoop dit sal help.

Adam ·

Hierdie is die mees kommerwekkende plaasmoord waarvan ek nog gehoor het. Natuurlik is alle plaasmoorde kommerwekend maar in hierdie geval is daar waarskynlik ‘n direkte verband tussen die beseetting en die moord. Die moord kan direk toegeskryf word aan die haat wat deur die ANC en EFF aangeblaas word en aan President Ramaphosa se rondvallery om aan almal te vertel wat hulle wil hoor. Na sy verkiesing het ek na hom as bang Cyril verwys terwyl talle mense eufories oor sy aanstelling was. Dit is verder baie duidelik dat die Wes-Kaap nou geteiken word.

Trojaanse Donkie ·

Iemand moet die pres inlig oor die stand van sake anders vertel hy weer erens in die wereld dat plaasmoorde ,n nuwe fliek is. Hoeveel het iemand se uitsprake nie hierdie moorde aangehits nie? Wonder maar net.

kris ·

anc wil nie hulle hande te erg met bloed besmeer nie, wil graag gewild bly onder buitelanders as redder uit die elende v apartheid, vandaar die ontkenning dat plaasmoorde probleem is. Agteraf doen eff, blf. anc se vuil (bloedige) werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.