Vermoorde driejarige word begrawe

Courtney Pieters se begrafnis in Elsiesrivier (20 Mei 2017) Foto: Tamaryn Africa/ANA

Die driejarige Courtney Pieters word Saterdag in Elsiesrivier in Kaapstad ter ruste gelê. ʼn Plaaslike motorfietsklub, blaasorkes en ʼn kadetregiment woon ook die verrigtinge by.

Familielede het in Plutostraat bymekaar gekom toe Courtney se liggaam vir die stoet opgedaag het. Die lykswa is deur die motorfietsklub en blaasorkes vergesel.

Die stoet het van daar na die Adriaanse-gemeenskapsaal beweeg waar honderde mense gepak gesit het vir die diens.

ʼn Beampte van die Apostoliese kerk het die diens begin en gesê: “Ons weet almal vandag handel oor ʼn klein dogtertjie wat in twee weke in ons harte ingekruip het.”

Honderde inwoners het vroeër ook aan ʼn vredesoptog deelgeneem van die nabygeleë Hoërskool Elsiesrivier.

Courtney se verkragting en moord het die land geskud en pres. Jacob Zuma, polisieminister Fikile Mbalula en Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het die gesin die afgelope week besoek.

Zuma het ook die toneel in Epping besoek waar Courtney se liggaam verlede Saterdag gevind is, byna nege dae nadat sy verdwyn het.

ʼn 40-jarige man wat saam met die Pieters-gesin gewoon het, het Woensdag in die Goodwood-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en moord.

Zuma het vroeër vandeesweek in ʼn verklaring sy skok en weersin uitgespreek oor die moord en ander sake oor die land heen waar vroue en kinders gewelddadig geteiken is.

Courtney word by die Modderdamweg-begraafplaas in Belhar ter ruste gelê.

Lees alle vorige berigte oor Courtney Pieters op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Magda ·

Hoekom word daar nie ook so ‘n ophef gemaak as daar ‘n boer vermoor word nie. Moord is moord!

Se maar net ·

Regtig…..Hou net op asb…Ek is al so moeg vir die vingers wys en ophef stories…Hoekom maak die wit mense nie dan n ophef self en gaan groot op n boee se begrafnis…verskil die is n kleurling gemeenskap wat saam staan…En Lara ou Zuma kuier waar hy wil hy soek aandag en guns in die gebied…dis al anders was hy nie as Anc in die Da gebied….

snoefie ·

vra ek nou vandag met n knopin my keel…. moet n kindjie eers dood wees om in ons harte te kruip? nee mense! laat ons die tv’s meer gereeld afsit en buite kom. laat ons ons buurt kinders met omgee aankyk, nie met kritiek nie.

Ai ·

Vergeet die bohaai. Bohaai beteken niks as dit oor n week vergeet word en niks word gedoen om die moordenaars twee keer te laat dink voor hul Moor of Verkrag nie.

Die wet teen self beskerming moet verander word. Die wet moet baie swaarder straf he vir moord en verkragting. Die korrupte/onproduktiewe polisie en Hof Regters moet in die pad gesteek word. Doodstraf kan dan terug gebring word maar wet moet se jy mag net een keer appelleer en die saak moet binne n maande voor n ander Regter verskyn. As n tweede Regter jou ook skuldig bevind moet die vonnis binne 2 maande uitgedien word.

Dan eers sal ons die moord en verkragting syfer sien val.

Frederik ·

Volgens jou kommentaar sal regters dus verbied word om vonnisse van langer as 2 maande op te lê !!??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.