Vermoorde Ermelo-boer se naam bekend; twee ondervra

crime-scene-tapeDie vermoorde 77-jarige boer van die plaas De Emigratie, sowat 40km buite Ermelo in Mpumalanga, se naam is bekend gemaak. Die boer se liggaam is Maandagoggend in die plaashuis ontdek.

Kapt. Carla Prinsloo, ʼn woordvoerder van die Ermelo-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die boer se naam is JR Buhrman. “Hy was ʼn bekende boer in die gemeenskap,” het sy gesê.

Maroela Media het Maandag berig Buhrman se plaaswerkers het ʼn familievriend ontbied nadat hulle onraad vermoed het toe Buhrman nie die oggend vir hulle die hek gaan oopmaak het nie. Die vriend het Buhrman se liggaam op die vloer van een van die plaashuis se slaapkamers aangetref. Hy het alleen gewoon.

Dit is nog nie bekend hoeveel aanvallers by die moord betrokke was nie.

Volgens kol. Leonard Hlathi, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, vermoed die polisie die boer het versmoor, aangesien daar plastiek oor sy gesig getrek was.

Prinsloo het gesê ʼn nadoodse ondersoek gaan Woensdag uitgevoer word om presies te bepaal waaraan hy dood is. Die aanvallers het ook drie vuurwapens uit Buhrman se huis gesteel. Dit is nog nie bekend of ander voorwerpe uit die huis vermis word nie.

Volgens Prinsloo ondersoek die polisie ʼn saak van moord. “Twee werkers van die omgewing is reeds deur die polisie ingeneem vir ondervraging, maar hulle is nog nie formeel aangekla nie,” het sy gesê.

Lees ook:
Plaasmoord: Bejaarde naby Ermelo vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

My hart bloei – geen 77-jarige kan ongedeerd uit so aanval ontsnap nie.

Mag reg en geregtigheid geskied en die moordenaars aan die pen ry.

Kys de Wet ·

Nog ‘n steen in die wraakplan van Nelson Mandela. Sy pleidooi dat die doodstraf afgeskaf moet word was fyn beplan en gee die geweldenaars, verkragters, moordenaars ‘n vrypas om hul gruwel dade uit te voer en dan, in plaas van doodstraf, net enkele jare (soms slegs maande) in die tronk te sit. Vele kere het ons al gehoor die moordenaars was uit op parool, of het slegs ‘n deel van die vonnis uitgedien.

Annemarie ·

Die doodstraf moet net terug kom!!!!!! Ai my hart tog so seer om te hoor en te lees van al die moorede,

Collin Swart ·

Ek is baie jammer om te hoor van JR se moord. Slegs die doodstraf kan ‘n noemenswaardige verskil aan die moorde maak.

Johan Brits ·

Ope vraag:- is daar n wet wat verhoed om veroolde moordenaars wat op parool vrygelaat is se name en waar hul, hul bevind bekend te maak ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.