Vermoorde jong ma het onlangs verloof geraak

Kelly Bain en Christopher Bonus. Foto: Facebook

In ʼn foto wat in November 2017 geneem is lag ʼn stralende Kelly Bain (26) uitbundig kort nadat sy en haar kêrel, Christopher Bonus, verloof geraak het.

Bain is agt maande later helder oordag in haar huis vermoor. Sy is Woensdagmiddag in haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, oorval en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Haar een maand oue babadogtertjie was in die huis ten tyde van die voorval.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Bain se verloofring is vermoedelik tydens die aanval gesteel. “Ons het ook ʼn sak met twee skootrekenaars buite die perseel gekry,” het Rheeder gesê.

Teen vroeg Donderdagmiddag is niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig Bain is in haar huis in Brymore aangeval. In hierdie tyd het Bonus by die huis aangekom en die aanvaller gekonfronteer.

Die aanvaller het op die vlug geslaan en Bain is op die slaapkamervloer aangetref met steekwonde aan haar nek en arm. Sy het op die toneel gesterf.

Volgens Rheeder is die huishulp later in die badkamer aangetref waar sy glo deur die aanvaller toegesluit is. Sy en die babadogtertjie was ongedeerd.

Rheeder het bevestig daar was geen teken van gedwonge toegang tot die huis nie en die presiese gebeure vorm deel van die polisie se ondersoek.

ʼn Saak van moord en roof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Jip…en dis hoekom daar NIEMAND in my huis is nie. Dis partykeer bietjie meer deurmekaar en stowwerig as jou huis…………..maar by my sal niemand die deur vir iemand oopmaak, en in die badkamer gaan wag terwyl jy jou ding doen nie…..Hierdie land het GEEN toekoms meer nie…

Nie verbaas nie ·

Gemaskerde Sopbeen, ek stem 100 persent saam met jou. My plek ook nie altyd tops nie, maar baie veiliger!!!!!

Theresa B ·

So pragtige mamma. Hierdie goed maak my rooi sien!!!
HOEKOM!!!!!

Al ·

Dis baie hartseer, sterkte aan haar geliefdes. Dalk moet daar dieper gekyk na die huishulp, dat sy moontlik inligting oorgedra het na die rowers/moordenaars.

Morne ·

Welkom in wonderlike SA, waar die krimineel al die regte het en gewone landsburgers soos skape na die slagpale gelei word. Hoekom is die huishulp ongedeerd, ons weet hoekom…

jannie ·

Dis skokkend hoe al hierdie moorde so alledaags raak…….

Oud Rhodie ·

Neem maar solank die huishulp in vir ondervraging. Geen gedwonge toegang – natuurlik nie ! Deur is oopgemaak. Sterkte aan die geliefdes van die soveelste onnodige slagoffer.

ben ·

So ñ pragtige meisie. Ai!!!
Sterkte aan Christopher en Kelly se naasbestaandes.
Iets lyk nie reg hier nie.

ACJ ·

Ek stem iets lyk nie reg nie.Hulle moet maar tog die huishulp bietjie onder vra.(Badkamer toegesluit??)sommer net so????

Marie Potgieter ·

Christopher, Anthony en Karin, my diepste meegevoel.

Alret ·

Liewe Hemel, dis als so onnodig. Pragtige mamma wat weggeruk is van haar kind. Wat de hel gaan aan in hierdie land??!! Dis moord links en regs. Pure wetteloosheid. En ons president skitter in sy afwesigheid… Tipies.

Hier waar ek sit is ek WITWARM van woede!

Koos1 ·

Alret, ek gaan jou vraag probeer antwoord, terwyl my hart rou vir hierdie gesin.
1. Daar is geen respek meer in hierdie land nie. Respek vir lewe, wette, medemens ens. is in 1994 by die agterdeur uit.
2. Die handves vir mense regte, is eintlik “regte vir die krimineel en geen regte vir die gewone mense”.
3. Ons regering is totaal uit voeling met die gewone mense.
4. Ons kan nie ons regsisteem met mag afdwing nie.

Oom Jaco ·

Welkom in die utopia van al ’92 se “ja” stemmers…

Siek en sat ·

Eks sooooo siek en sat vir die wetteloosheid en misdadigers in hierdie land dat ek wil skree. Hierdie regering doen niks omtrent die ekonomie en werkskepping nie.

SO ·

Tyd dat die wetstoepassers op sulke tonele eerste hands gewys word dat almal se lewens saak maak en familielede het wat agter gelaat word deur moord en doodslag. Kap die misdadiger se hande af vir almal om te sien hy of sy is nie welkom in die normale lewe nie. Die doodstraf het gewerk en kan weer werk in Suid-Afrika. Die regering is net onwillig om dit terug te bring

Bee ·

Soos wat daar selektiewe geregtigheid toegepas word is dit dalk net waarvoor hulle wag. Doodstraf vir die boer wat sy land beskerm en nie “genoegsame bewyse” teen moordenaars nie?

Jaco ·

Wat n pragtige jong mens in die fleur van haar lewe, dis bitter bitter hartseer. Ek wil nie meer in hierdie Suid Afrika bly nie, ek wens ek kon trek na n beskaafde land.

Hartseer ·

Ek wil ook uit die Suid Afrika uit! Beter lewe vir my en my kinders en kleinkinders hê. Dit is net so duiwels moeilik om plek te kry en werk anderkant. Wens daar was iemand wat ons kon help!

Francois ·

Dis so SIEK wat aangaan in die land, regtig – beskrywende woorde is daar nie genoeg en sterk genoeg nie. Die is ook my laaste besoek aan Maroela Media, ek kan dit nie meer vat om oor al die sinnelose moorde en martelings op ons mense te lees nie. Ek begin al hoe meer gedagtes koester en planne maak op grootskaalse wraak teen die wat my mense so afmaai dag in en jaar uit. Die vonke spat om die kruitvat…dus voel ek dis veiliger… om eerder nie meer die daaglikse moorde en wreedhede te lees nie.

My innige simpatie aan die familie wat verskeur agterbly.

Mari-Louise ·

Voel presies dieselfde as jy Francois. Ek is elke dag skoon ontstel oor wat ek hier lees dat dit my heeltemal omkrap.

Mens sit skoon op moedverloor se vlakte want die Vader weet mens sien nie ‘n werkbare oplossing. Tree jy op, word jy, as WETSGEHOORSAME burger uitgemaak as die oortreder. Dis genoeg om enigeen rooi te laat sien. Dat sommige mense depressief raak kan ek óók verstaan…

Ek wens jou vrede en kalmte toe.

My innige simpatie en meegevoel aan die naasbestaandes. Mag hul berusting vind. Rus sag liewe meisiekind, jou moordenaar/s sal voor God verantwoording doen eendag.

Andre C ·

Die huishulp ongedeerd ?sy moet streng ondervra word en leunverklikkerstoetse

Ag nee asseblief nie nog ‘n moord nie!!! ·

Ek is jammer oor die ontydige en veskriklike verlies. My innige simpatie aan die familie en naasbestandes van die oorledene.

Ek het so pas gelees van ‘n moord en hier is klaar die volgende moord! Dit is te verstane dat mense begin woedend en buite beheer raak oor al die daaglikse moorde. Woede en hopeloosheid omdat dit soos ‘n grootskaalse uitdelging is!!

Johnna ·

Siek Siek wanneer gaan hierdie moorde gestop word.
Mnr die President jy versaak jou verantwoordelikheid wys dat jy omgee vir die mense van hierdie land en stel die doodstraf in.

Showahed ·

Hierdie townhouse complex is n kilometer van my… daar is geen mure of elektriese heinings om hierdie plek nie en toegang is maklik. Alhoewel die huishulp se opsluit in die badkamer verdag klink is die grootste probleem dat menige sogenaamde werksoekers elke dag in hordes op die aangrensende straat se sypaadjie vergader. Hille lê daar rond vir kwaadgeld die hele dag lank. Niemand verwerdig hulle om die goed te verjaag nie! Die mense daar reken selfs dat inbrake verdubbel het maar niemand poog om van die gemors ontslae te raak nie… so dit was net ;n kwessie van tyd…

noeks ·

Dalk het die huishulp genoeg tyd gehad om die baba te gryp en met haarself in die badkamer toegesluit, my huishulp sou dit definitief vir my gedoen het. Nie alle huishulpe is sleg nie!

Morne ·

Ek sou nie al my vertroue in n huishulp plaas nie,,,wees versigtig.

Asb ·

TRAGIES Sterkte aan betrokkenis
SA…. lewe sonder “hulp” in jou huis ASB
Privaat- beteken veiligheid!
Wasmasjien doen als pak net weg!
Doen als SELF hele gesin boonop huiswerk is nou mode ook verslankende oefening en terapeuties!

anonymous ·

einaardig hoe die huishulp binne die badkamer toe gesluit is met die sleutel aan die buite kant of lees ek verkeerd?

Wenner ·

Sy was soooo mooi, en die ou babatjie is soooo bitter klein! ?

Hartseer ·

aggenee man… baie sterkte vir die familie. Dit is nie lekker om te hoor nie.

Coba ·

Ek stem verseker saam met jou. Dis so pateties dat n mens se lewe geneem word vir goed wat nie eers die waarde is van die persoon se lewe nie. Mens kry NET EEN lewe, maar besittings is altyd bekombaar. So jonk?
Die mamma is beldskoon en nou moet ñ pragtige onskuldige dogtetjie Super klein en n pappa daar onder lei. Ek praat nie eers van die familie en vriende nie

lvh ·

Hierdie is baie tragies vir so n jong ma en om dan so aan haar einde te kom. En dan die baba! Ai my hart bloei.
Tog is daar iets wat nie klop nie! Laat ek dit “teveel toevallighede” noem

Ons het hulp nodig ·

As die doodstraf nie ingegestel kan word nie, hoekom dan nie lyfstraf nie? Of soos SO sê, kap hulle hande AF.. Die Bybel sê tog, as jets jou pla any dit AF.

Alex ·

Nog ‘n lewe sinneloos tot ‘n einde gedwing en vir wat!? Daar is geen woorde oor nie…

Riouna Martin ·

Solank n ander kultuur in bewind is sal die land nooit weer dieselfde wees nie. Dit is nie aanvaarbaar nie. Blankes word gemoor op strepe omdat ons nie dieselfde uitkyk oor die lewe het soos ander kultuur nie. ANC sal vir altyd die land regeer! Wat ek nie kan verstaan nie is selfs hul eie mense word doodgemaak maar hulle sal ANC stem.

Nog n Petra ·

Woorde ontbreek my in so n geval. Daai arme babatjie wat nou nog moederloos ook gelaat is!

Blommie ·

Al word die huishulp ondervra en in hegtenis geneem, gaan die ANC VROUe liga staak vir haar vryheid.

Ons land is flippen belaglig en soooo onnodig.

Baie sterkte aan almal, so jammer om te hoor en RIV.

Bernadette ·

Huishulp word ongedeurd toegesluit??….Staan die huis se deure wawyd oop en Mnr loop sommer net in?? Beslis nie…….ondervra maar die badkamer gevangene. Pragtige mamma…baie sterkte vir haar mense en babatjie…. Die land is so siek dis nie eers snaaks nie.

Chrissie ·

Dit maak my hartseer om die kinmentaar oor huishulpe te lees.
Tog is hul goed genoeg om mense se kosbaarste besittings op te pas en groit te maak?
Of beteken jul kinders nie soveel vir julle om hul in jul huishulp se sorg te laat nie?
Moet nooit veralgemeen.
Jy kry sleg en skelm in alle rasse

Amanda ·

Hoekom nou die huishulp die skuldige maak….ek ruik ook ‘n rot…maar nie die huishulp nie…polisie moet dieper kyk.

Wonderook ·

Almal beskuldig die huishulp, maar ek wonder ook hoe daag die ander betrokkene net betyds op om té laat te wees en sodat die rekenaars darem in die hitte van die oomblik agter gelaat word as enigste bewys van moontlike inbraak… so ja, wié het die huishulp toegesluit?

Kloekie ·

Lees ek reg? Haar verloofde was ook op toneel en het aanvaller gekonfronteer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.